Pragtig! Jy het hierdie foto werklik uitstekend uitgevoer. Die lig, beligting, kleure en komposisie is almal topklas. Maar jy het ook emosie ingekry, wat baie belangrik is. Hierdie blom praat met mens. Baie geluk hiermee!
Jy is reg, dit is 'n baie fotogeniese blom. Maar bedrieglik moeilik om 'n goeie foto van te neem. Jy het 'n fantastiese foto gekry. Ek moet jou gelukwens met jou hantering van die rooi, wat maklik oorbelig. Jy kan meer as tevrede wees met 'n pragtige foto.
Daar is gereeld kunsuitstallings van plaaslike kunstenaars in Stilbaai en met so 'n uitstalling het ek die skilderye 'gezoom'. Dit was uiteraard uit die hand gedoen. Hierdie een is by f18,en ISO 125 gedoen en dit het 'n sluiterspoed van 1 sek.…
Josef Steyn Jou interessante invalshoek trek aandag Ingrid. Die fokus is ook skerp regdeur. Goed gedoen.
2 hours ago
Hennie Cronjé Die hoek waaruit jy die foto geneem het, maak die foto baie interessant. Dis omdat ons normaalweg nie so na 'n blom kyk nie. Die foto is tegnies baie goed uitgevoer, met 'n goeie agtergrond wat goeie kontras verskaf. Baie mooi!
Josef Steyn 'n Mooi prentjie Ingrid. Tog voel ek die fokus op die sentrum kon bietjie beter. Dit lyk of die fokuspunt op die een blaar agter geland het. Jy sal sien die agterste een se geelgroen sentrum is ook mooi skerp. Dit is egter baie moeilik om vir so 'n…
2 hours ago
Hennie Cronjé Pragtig! Die lig val baie mooi op die blomme. Verder is die foto ook baie goed uitgevoer betreffende fokus, beligting en kleure, asook agtergrond. Baie mooi!
As gevolg van die agtergrond het hierdie foto nie die sterk kontras van die vorige foto's nie, maar ek hou van haar parmantige houding. (Vir interessantheid, dit is beslis vroulike bidsprinkaan. En op die foto kan gesien word dat sy hoog swanger is.…
Josef Steyn Die outjie het jou besig gehou!! Mooi foto.
2 hours ago
Hennie Cronjé Parmantig is sy beslis! Dit lyk amper asof sy vir jou tong uitsteek. Baie goed gefotografeer. Ek hoop jy sal die bevalling kan fotografeer....
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Ek dink vele van die Skolers ken hierdie “Punt van Afrika” kaart………………Canon 7D MK II : Canon 18-200 mm lensBrandpuntafstand : 18 mmTyd 1/1600 sekf/8ISO 800Exp Bias : 0 StopAV Mode
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Vandag is ook een van KNP se mooie geveerdesCanon 50SX HS PowershotBrandpuntafstand : 80.30 mmTyd 1/125 sekf/5.6ISO 160Auto Mode
Hennie Cronjé Hierdie een is beter as gister s'n. Beter eenvoud en die sterk diagonale lyn is goeie ontwerp. Moois skerp ook met goeie beligting. Mooi!
Hierdie is die saad van 'n rooierige gras in die berg. Ai, ek wens ek het 'n goeie kennis van grasse gehad. Hulle was só mooi daar in die Drakensberge.
Comments