Hier weer 'n donker agtergrond agv die flash se verstellings.
Ek dink beslis ook, soos Johan tereg opmerk, dat mens kan verval in die patroon dat al jou foto's dieselfde vertoon. Ek dink juis die uitdaging is daarin om die grense te toets, te skuif indien nodig, of sommer net te ignoreer.
Ek probeer waak teen net nog 'n foto...
My vraag is altyd hoekom plaas ek die foto? 'n Tegniek, en nuwe vaardigheid, iets wat 'n storie vertel? Maar die vraag is ook hoe sien die skolers die foto? Hier bv: Hoekom 'n groen blaar? Wat probeer die fotograaf nou eintlik sê?
Dalk nie 'n gesprek vir 'n Maandag aand nie ;;))
Comments
Ek hou van die blaar se agterkant met skerp aartjies
Altyd vir my goed om by julle te leer.