Spookspinnie Swart

Hier is persies dielfde foto, maar met die swart lap agter.

Ek hoor graag wat julle dink?

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Ek lewer hier kommentaar op beide foto's. Hierdie foto is in my opinie die beter een om twee redes. Die swart agterrond verskaf sterker kontras wat trefkrag verhoog. Die tweede rede is die oë: die wit oë in die ander foto lyk onnatuurlik. Albei foto's is uitstekend uitgevoer in alle opsigte. Die kopstuk wat so bo die lyf uitsteek, is vreemd. Was die spinnekop lewend?
  • Sjoe, dit is beide uitstekende foto's JJ. Interessant dat die spinnekop se oë in hierdie foto swart vertoon, maar in die ander foto wit. Ek wonder of dit met die weerkaatsing van die papier te doen het? Daar is min te kies tussen die foto's, maar indien ek 'n keuse moet maak sal ek gaan vir hierdie een.
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Tina le Grange posted a photo
So min wat ek voëltjies afneem;  hierdie een ook in ons tuin.  Die besige agtergrond is nie vir my goed verwerk nie, maar die beste wat ek kon doen.   Nikon CoolPix P900;  1/400  sek  Fokale lengte 428.4mm  f/8.0  ISO:200
46 minutes ago
Ingrid Louw posted a photo
9 hours ago
  • Hennie Cronjé Wonderlik - een van jou heel beste foto's!!! Die oog wat so duidelik wys as fokuspunt, maar hierdie foto spesiaal. Tegnies is die foto perfek uitgevoer met 'n goeie komposisie en pragtige kleure. Baie geluk hiermee!
    2 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
Hierdie riviertjie stroom af met die vallei wat ek gister vertoon het. In al die jare wat ons daar gekom het, was hy nog nooit droog nie. Pragtige skoon water wat mens kan drink.
10 hours ago
  • Magda van der Merwe Hennie dis n pragtige foto. Baie dankie vir jou kommentaar op my rosie.
    7 hours ago
Sandra is now a member of Fotoskool
14 hours ago
JOHAN DE BEER posted a photo
Natuurtoneel met Waterbokke en veereiers in die Krokodilrivierbedding
22 hours ago
  • Magda van der Merwe Dis n pragtige toneel
    7 hours ago
  • Hennie Cronjé Die paradys! Om waterbokke so by die water met die groenigheid te sien, is net te pragtig. Ook baie goed gefotografeer in alle opsigte met pragtige kleure. Mooi!
    10 hours ago
Magda van der Merwe posted a photo
Die verwerking het vir my gewerkLewer asseblief kommentaar. Ek het die glowing edges filter gebruik.
23 hours ago
  • Hennie Cronjé 'n Low key kunswerk wat pragtig vertoon. Die glowing edges werk goed en rond die rose mooi af. Baie goed gedoen - jy kan baie tevrede hiermee voel.
    10 hours ago
Pine posted a photo
Dankie vir die kommentare op my fotos
23 hours ago
  • Magda van der Merwe Puik foto Pine
    7 hours ago
  • Hennie Cronjé Die arend is besonder goed gefotografeer met skerp fokus en mooi kleure. Miskien net bietjie min asemruimte rondom, maar dis steeds 'n pragfoto. Mooi!
    10 hours ago
HERMAN posted a photo
100mm,f5.6,iso 400,1/250 sek,flits
23 hours ago
  • Hennie Cronjé Hierdie is 'n baie ongewone foto van 'n spinnekop, maar baie treffend en suksesvol. Die klein velddiepte aksentueer dit gesig met die detail daarin. Dis die deel van 'n spinnekop waarvoor ons bang is en dit dra by daartoe dat elke kyker met…
    10 hours ago
  • Pine Sjoe Herman dit is uitstekend en superskerp! Die relatiewe groot lensopening ( f5.6 ) het n baie smal velddiepte tot gevolg, maar die gedeelte in-fokus is uiters skerp. Jou foto is ook n puik demonstrasie van n baie smal velddiepte.
    23 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Dieselfde blommetjie as drie dae gelede se foto met die wit en swart bokeh. (So groot soos my pinkienael.) Hierdie foto is in helder sonlig geneem met lae intensiteit flits en f/16. Die rede waarom die agtergrond natuurlik swart uitkom selfs in…
yesterday
  • Hennie Cronjé Pragtig - fotografie op sy beste! 'n Klein blommetjie wat tot eer van 'n groot Skepper pragtig vertoon. Baie mooi en besonder goed uitgevoer!
    10 hours ago
  • Pine Uitstekend geneem, verwerk en aangebied Johan! Die fokus is superskerp wat tot gevolg het dat die detail puik is.Die kleure is ook pragtig en die agtergrond met jou verduideliking het my aan die dink. Ek het ook na jou vorige foto hiervan met die…
    23 hours ago
  • HERMAN Pragtige detail ,fokus en kleure
    23 hours ago
Ingrid Louw posted a photo
yesterday
  • Pine Baie oulike opskrif vir die foto en n goeie foto geneem so in vlug Ingrid. Dit wit is effens oorbelig en die detail van die swart is bietjie min. Dit is n baie moeilike foto om in hierdie omstandighede te neem
    23 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig en sierlik! Daar's bietjie van 'n halo onder die kop en bek, maar verder is die foto baie goed uitgevoer. Die voël is ook goed geplaas in die foto. Baie mooi!
    yesterday
Hennie Cronjé posted a photo
Agter, waar die bome is, sien julle Pip Nieuwhoudt se plaas, Kromrivier. Ons was tuis in die Andrags (familie) se huisie in die middel van die foto, effe na links waar mens 'n stukkie van 'n wit paadjie net links van die huisie sien. Die veld in die…
yesterday
  • Johan Ayres 'n Pragtige natuurtoneel met goed versadigde kleure. Die foto het baie goeie diepte met 'n voor middel en agtergrond. Die horison is baie goed hoog geplaas aangesien die helder blou lug geen detail bevat nie en in elk geval nie sou bydra tot die…
    yesterday
JJ posted a photo
Vreemde mot...
yesterday
  • Pine Puik geneem met baie goeie detail JJ. Ek dink dit is die mot met die laaaaaaaang oprol tongetjie.
    23 hours ago
  • Johan Ayres Ongelooflike makro detail JJ.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Nie 'n model vir 'n advertensie van iets nie, maar dis 'n foto wat baie goed uitgevoer is met skerp fokus en goeie beligting. Dis interessante setail wat jy hier vertoon. Baie mooi!
    yesterday
Pine posted a photo
Dieselfde verkleurmannetjie, maar met die telefoto lens geneem. n Lensopening van F5.6 en n fokus lengte van 400mm. Hy het net hierna sy tong uitgeskiet vir n gogga, maar ek was te stadig daarvoor.
yesterday
  • Johan Ayres Uitstekend. Baie geluk met 'n skitterende foto Pine. Die prominente oog is die ster van hierdie suksesvolle foto.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Uitstekend gedoen! Dit is 'n unieke foto van 'n verkleurmannetjie, weens die vergroting en hoek waaruit jy die foto geneem het. Baie mooi blur ook van die agtergrond. Baie geluk hiermee - dis pragtig!
    yesterday
Sarel posted a photo
Tuesday
  • Pine Baie mooi foto Sarel. Met n paar verstelling soos reeds aanbeveel sal jou foto nog meer verbeter.
    23 hours ago
  • Johan Ayres 'n Baie mooi foto Sarel. Hennie het reeds volledig kommentaar gelewer. Die wit kuiken teen die donkerder agtergrond is maar uit die staanspoor moeilik om suksesvol af te neem, maar jy het goed gedoen.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Ek het nou net met jou oor eenvoud gepraat in jou ander foto en hier het jy dit! Saam met eenvoud is hier kontras - die ligte kuiken teen die donkerder agtergrond. Saam maak hierdie twee indruk en daarom is dit 'n pragtige en suksesvolle foto. Klein…
    Tuesday
Sarel posted a photo
Tuesday
  • Pine Baie mooi skerp geneem Sarel en ek stem saam met Hennie se leersame kommentaar.
    23 hours ago
  • Johan Ayres 'n Helder en kleurvolle foto, die blomme lyk soos vlamme. Verder alles reeds gesê.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Ek kan sien waarom hierdie vetplant se blomme jou aandag getrek het. Dis die mooi kleure, veral met die trubeligting wat hulle soos liggies laat skyn. Die foto is goed uitgevoer met skerp fokus, goeie beligting en realistiese kleure. Wat komposisie…
    Tuesday
Ingrid Louw posted a photo
Tuesday
  • Pine Pragtig Ingrid!
    23 hours ago
  • Hennie Cronjé Ook pragtig, net soos jou vorige een.In alle opsigte is hierdie foto baie goed uitgevoer en heerlik om na te kyk. Baie mooi!
    Tuesday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html