Een van die grootste uitdagings was voldoende velddiepte, veral omdat 'n sluiterspoed van 1/2500 en vinniger benodig was. Ek het in skerp direkte sonlig gewerk. Vir hierdie foto het ek f13, 1/2500 en ISO 6400 gebruik. Vooraf handfokus. Aanvanklik…
Josef Steyn Die rooi voorkop lyk baie goed. oor die algemeen 'n foto wat lekker is om na te kyk.
11 hours ago
Hennie Cronjé Dis 'n bleshoender. Nie 'n maklike voël om te fotografeer nie, weens die kombinasie van pikswart en spierwit. Dit skep 'n "dynamic range" groter was wat die kamera se sensor kan hanteer. Jy was reg met die "hiperkritiek" by my laaste foto, maar nou…
Hennie Cronjé Uitstekend gedoen - baie geluk! Wat my veral opval is dat hier baie min noise is. Die komposisie is ook baie goed. Die balans tussen die rotse links onder en die kern van die sirkulerende sterre regs bo is baie goed gedoen. Mooi!
Hennie Cronjé Hierdie foto wil ek noem die "wonder van fotografie". Dit bring detail na vore wat ons nooit met ons oog sien nie. Verder, meeste mense sou nie eers gedink het om so 'n foto te neem nie, maar jy het dit skitterend gedoen. Baie geluk met 'n pragtige…
Johan Ayres 'n Skitterende foto met hope atmosfeer. Jy het die toneel pragtig oorgedra, selfs nog beter as die oorspronklike toneel. Die herfsblare kontrasteer pragtig teen die mistigheid. Die foto het goeie diepte ook. (Met jou moet ek hiperkrities wees anders…
yesterday
Josef Steyn Baie 'moody'. Ryk aan atmosfeer. Mistigheid gee altyd iets besonders.
Ek kan nie meer onthou wat my opstelling was nie. Ek het min moed gehad toe ek die foto (sien volgende foto) begin bewerk het. Soos ek voortgegaan het, het al hoe meer kleur na vore gekom. Ek het elke moontlike aksie in Lightroom wat kleur kan…
Hennie Cronjé Die effek wat jy gekry het, is ongelooflik! Werklik 'n pragtige foto. Om my vraag in die vorige foto te beantwoord: hier is dit duidelik die kombinasie van die kleursel en die effek van lig. Baie mooi!
Johan Ayres Selfs hierdie onverwerkte weergawe is uitstekend.
yesterday
Hennie Cronjé Selfs sonder verwerking is dit 'n pragtige en baie goeie foto. Die fynproewer sal kyk na die rooi randjie aan die linkerkant van die spatsel. Is dit die kombinasie van die kleursel en die lig, of is dit chromatiese abberasie? Ek is nie seker nie,…
Hennie Cronjé Dis pragtig! Die komposisie is goed, die kleure mooi ryk en die beligting in die kol. Baie mooi! Jy is reg oor laatmiddag. Mens moet vroegoggend byvoeg - hierdie twee is die fotograaf se kos!
Ek verbreed sommer bietjie my horison en kom bietjie uit my gekaksone van makro fotografie uit. Ek en my vriend Charl het die oggend in Marievale voël reservaat deurgebring en ek het doelbewus nie my makrolens gebruik nie. Ek wou sommer net die dag…
Josef Steyn Topklas Johan met die wit uitstekend hanteer.
yesterday
Hennie Cronjé Dis pragtig! In alle opsigte is hierdie foto baie goed uitgevoer met mooi ryk kleure. Die ogie vorm 'n goeie fokuspunt. Die weerkaatsing is ook baie mooi. Baie goed gedoen!
Josef Steyn Goed gedoen so teen die lig. Moeilike beligtingstoestande.
yesterday
Hennie Cronjé Pragtig! Jy het hulle goed gevang met die een wat gaap. Ook mooi hoog geplaas en mooi skerp. Indien hierdie foto in RAW geneem is, kan mens die land en luiperds ligter maak met die Shadow slider, wat baie sal help om die luiperds sterker te laat…
Comments