Die rooi vlieër-skieër.

Met ‘n vorige plasing van ‘n soortgelyke  vlieër-skieër foto (die term Hennie se mooi voorstel), is die opmerking gemaak dat die toue die oog uit die foto trek. Dit is ‘n heeltemal geregverdigde opmerking. My interpretasie van die foto se ‘waarde’ al dan nie gaan nou verder en werk as volg: die toue trek wel die oog uit die foto maar die titel van die foto in samewerking met die houding en aksie van die skieër stimuleer my verbeelding om die vlieër, wat ‘n belangrike rol speel, te visualiseer. Ek sien dus dat die toue konteks aan die foto verskaf. As my kop deur hierdie proses gegaan het verdiskonteer ek dus die moontlike negatiewe effek van die toue en in der waarheid verdwyn die toue uit my gesigsveld en konsentreer ek net op die essensie van die foto nl. die watersproei, gespande spiere en konsentrasie van die skieër wat impliseer dat ‘n groot krag op die persoon uitgeoefen word. Kommentaar welkom..

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Josef die toue pla my glad nie, want die helder oranje, skerp fokus en skuinskyk na jou, hou my oog vasgevang op die skieër. Die sluiterspoed gee 'n treffende effek van die water-spatsel. Veels geluk!
  • Weereens 'n pragtige aksiefoto en weereens speel die rooi 'n belangrike rol in die sukses van die foto, saam met baie ander elemente natuurlik. Die toue pla my nie hier nie en het my ook nie in die vorige foto's gepla nie. Om eerlik te wees, jy kan nie die foto anders neem nie, die toue is 'n wesenlike deel van die foto. Vir my is dit glad nie steurend nie.
  • 'n Pragtige aksiefoto! Die rooi hemp dra baie by tot die trefkrag. Ook mooi eenvoud met skerp fokus. Mooi!
  • Jy het die aksie pragtig vasgevang met skerp fokus op die man en die sproei. Die toue is wel ń integrale deel van die proses, maar kompeteer glad nie met die aksie nie. Baie mooi en goed gedoen Josef !
  • Josef, die feit dat jy hier meer konsentreer op die skieër en die wateraksie van die ski plank maak indruk. Wat die foto met die vlieër betref, ek voel nie dat die toue my oog uit die foto trek nie. Die wind in die vlieër, gekoppel met toue aan die skieër is wat juis die aksie veroorsaak en sien ek dit dus as 'n eenheid.
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Magda van der Merwe posted photos
3 hours ago
Vida van Schalkwyk posted a photo
3 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Hierdie blommetjie is so groot soos my duimnael. (Miskien kan julle help, ek wil 'n perspektieffoto hier in die kommentaarboksie laai, maar wanneer ek op die "image icon" klik en die perspektieffoto laai, vervang die perspektieffoto my hooffoto en…
5 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
Ook in die Drakensberg
11 hours ago
Tersia Weitsz posted a photo
Foto heelwat gecrop. Besoek aan Houtbaai met net Canon Powershot A3100 IS maar kon nie die foto los nie!  Sou graag eerder die  600D in my hand wou hê, maar ...............
14 hours ago
  • Magda van der Merwe Tersia dis n pragtig foto
    3 hours ago
  • Hennie Cronjé Pragtig! Die wit kontrasteer baie goed teenoor die donker agtergrond en vorm dus 'n sterk fokuspunt. Mooi skerp ook. Baie mooi!
    11 hours ago
Gerrie Lambrechts posted a photo
14 hours ago
  • Gerrie Lambrechts Dankie Tersia en Hennie.
    7 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig met hope atmosfeer. mooi skerp ook met goeie beligting. Die voël vorm 'n baie goeie en sterk fokuspunt. Baie mooi - dis uitstekend gedoen!
    11 hours ago
  • Tersia Weitsz Ek hou van die silhoeete van voel en takkies met mooi agtergrond
    14 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Ek neem al my foto's met 'n Canon 100mm makrolens.
yesterday
  • Hennie Cronjé Dis pragtig! Baie skerp met pragtige kleure en 'n goeie agtergrond. Baie goed gedoen!
    11 hours ago
  • Tersia Weitsz Die detail is ongelooflik
    14 hours ago
Vida van Schalkwyk posted a photo
Die drie-benige Orca van PetroSA ontstel sommiges omdat hul voel dit belemmer Mosselbaai se asemrowende see-uitsigte. Ander het gewoond geraak aan die reusagtige metaal-monster wat saans flikkerliggies soos 'n kersboom vertoon ... dit word nie tans…
yesterday
  • Hennie Cronjé Statig en pragtig! Baie goed gefotografeer, maar daar is 'n sensor stofkolletjie net regs van die toring. Verder baie mooi.
    11 hours ago
  • Tersia Weitsz Baie goed gedoen met die Orca, oor die wit olifant sal ons maar nie praat nie!
    14 hours ago
Tersia Weitsz posted a photo
Geparkeer tussen ander voertuie, jammer dat dit nie 'skoon' is om die kar nie en ek gaan ook nie eers probeer nie, so sien dit maar as 'n wys foto.  Dankie vir kyk en kommentaar op stert van die Cobra
yesterday
  • Josef Steyn 'n Mooi enetjie. Sou graag sy petrol wou plat trap!!
    17 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis jammer van die ander karre, want hierdie is só 'n mooi karretjie. Dankie hiervoor.
    yesterday
Gerrie Lambrechts posted a photo
yesterday
  • Hennie Cronjé Ek hou van die liggies daar. Dit gee bietjie karakter en wys die werklikheid. Dis 'n baie mooi foto wat goed uitgevoer is. Mooi!
    yesterday
  • Tersia Weitsz Gerrie, ek hou daarvan dat die liggies wys, mooi foto!
    yesterday
Josef Steyn posted a photo
Om hierdie foto in Photoshop te maak of m.b.v. meervoudige beligting is baie maklik. Om dit in-kamera met een druk van die knoppie te doen is 'n perd van 'n ander kleur, veral omdat dit blind en in spieëlbeeld gedoen word. Die kamera is 5 keer…
yesterday
  • Johan Ayres Baie geluk met 'n skitterende foto en tegniek.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Ek salueer jou! Dis werklik uitstekend gedoen! Baie geluk hiermee - dis pragtig!
    yesterday
  • Tersia Weitsz Ek sal dit nie eers probeer nie Josef, jou driehoek en spasieering het puik uitgewerk!
    yesterday
Ingrid Louw posted a photo
Kroonkiewiet
yesterday
  • Hennie Cronjé Net te pragtig - Ma en kind. Baie goed gefotografeer met mooi skerp fokus en goeie beligting. Mooi!
    yesterday
  • Tersia Weitsz Tog te pragtig Ingrid
    yesterday
  • Josef Steyn 'n Besondere toneel Ingrid. Lekker skerp op die kiewiet.
    yesterday
Ingrid Louw posted a photo
Hierdie outjie kan jy nie van naby en in 'n spesifieke posisie vang nie. Maar is dit nie dierbaar nie.
yesterday
  • Hennie Cronjé Uitstekend gedoen! Dis nie maklik om naby genoeg aan hulle te kom nie omdat die ouers die kleintjies beskerm. Baie geod gedoen!
    yesterday
  • Tersia Weitsz Langbeen, blinkoog en regop, pragtig Ingrid
    yesterday
  • Josef Steyn Die outjie steel sommer 'n mens se hart. Uitstekend.
    yesterday
Hennie Cronjé posted a photo
'n Spinnekop wat ek baie na aan die spinnerak op die ander foto afgeneem het.
yesterday
  • Vida van Schalkwyk uitstekende foto, hennie!!
    13 hours ago
  • Johan Ayres Hierdie tipe foto is bedrieglik moeilik om te neem. Die beligting op die spinnekop is uitsonderlik. 'n Perfekte agtergrond en 'n pragtige bokeh. Hierdie is een van die beste spinnekop- en webfoto's wat ek nog gesien het.
    yesterday
  • Tersia Weitsz Kleure en bokeh lieflik, en natuurlik spinnie self superskerp
    yesterday
  • Josef Steyn Pragtig en baie skerp Hennie. Uitstekende bokeh in die agtergrond.
    yesterday
Hennie Cronjé posted a photo
Hierdie spinnerak met sy horisontale lyne is iets wat ek seker nog nooit teegekom het nie. Ook in die Drakensberg. 
yesterday
Johan Ayres posted a photo
Thursday
  • Tersia Weitsz Ons bye meester! Puik
    yesterday
  • Josef Steyn Die titel pas baie mooi by die uitstekende foto en maak dit nog beter.
    yesterday
  • Ingrid Louw Uitstekend. Fokus is baie goed. Wonder watter lens jy gebruik het.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Dis 'n besige mannetjie hierdie. Baie mooi en ook baie goed gefotografeer. Die detail is pragtig.
    yesterday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html