Dis pragtig en regtig baie goed uitgevoer in alle opsigte. Die komposisie is ook baie goed. My Afrikaans vir 'n dandelion is 'n saadbol - reg of verkeerd!
Baie geluk met 'n skitterende en unieke foto JJ. Die dandelions is al soveel afgeneem, daarom is dit moeilik om met iets oorspronklik vorendag te kom. Maar jy het dit pragtig reggekry. Sjoe, hierdie foto is sag en kunstig en iets anders.
Hierdie is nog steeds deel van my reeks foto's waar ek doelbewus bietjie probeer het om uit my gemaksone van makrofotografie te kom en sommer net die dag ontspan het met 'n paar algemene foto's.
Josef Steyn Jy kan gerus voortgaan om buite jou gemaksone af te neem. Hierdie foto is uitstekend. Besonder skerp en met uitstekende hantering van die wit.
2 hours ago
JJ Ek lees nou die opskrif, en verstaan hoekom ek nie makro's sien nie.
Ek hou van die foto Johan, en die voël verstoon goed.
Dis altyd lekker om iets ander af te neem as waaraan mens gewoond is. Goed gedoen!!
Josef Steyn Ek hou baie hiervan JJ. Mooi detail op die jassie gekry. Johan, jy is reg: die Afrikaans vir Gooseberry is Appeliefie.
2 hours ago
Johan Ayres Ek het ook een afgeneem, maar nadat ek hierdie foto van jou gesien het sal ek nie waag om my poging te plaas nie, dit verseker ek jou. Geluk met 'n skitterende makrofoto. Hier het jy my geleer hoe om hierdie Goose Berry (dit is mos Appelliefie dink…
Ek moes BAIE foto's skiet teen die vinnigste tempo wat my kamera kon hanteer. Slegs 'n klein persentasie is bruikbaar want die sluiter moet net op die regte tyd oopgaan en dit is nie moontlik om die oomblik te kies nie. Hierdie foto het intense…
Hierdie bruggie is deur die huidige boer se Pa gebou - sonder sement!Ons gaan vandag weer na die Pilanesberg wildtuin vir 'n week en gevolglik sal ek óf afwesig wees óf skaars wees hier op Fotoskool.
Een van die grootste uitdagings was voldoende velddiepte, veral omdat 'n sluiterspoed van 1/2500 en vinniger benodig was. Ek het in skerp direkte sonlig gewerk. Vir hierdie foto het ek f13, 1/2500 en ISO 6400 gebruik. Vooraf handfokus. Aanvanklik…
Comments