'n Seetoneel

Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Pragtige kleurvolle seetoneel met skerp fokus en ook goeie diepte. Baie mooi Josef.
  • Josef, 'n weer-kyk-foto; ek verkyk mu aan die voorgrond se goeie beligting, skerp fokus en met die brandertjie wat spat, in die agtergrond.
  • Ek kry ook "rustigheid" as ek hierna kyk Josef. Moeilik om t eglo dat die branders soms woes en rof kan raak
  • Pragtige foto Josef.
  • Hennie het alles mooi saamgevat, ek kan niks meer byvoeg nie.
  • Die see is mooi skoon daar by julle Josef. Mooi foto
  • Rustig - dit is wat ek hierdie foto sou noem. Hier is 'n mooi voor-, middel- en agtergrond. Die kleure is ook pragtig. Goed gedoen!
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Josef Steyn posted a photo
Ek moes taamlik aggressief crop om hierdie een te kry. Ek was nogal verbaas oor die afwesigheid van artifakte. Sien eers tekens daarvan by baie groot vergroting.
1 hour ago
  • HERMAN Lyk of hy dit geniet
    47 minutes ago
Hennie Cronjé posted a photo
Die oggendson het die blaartjies so mooi gevang dat mens net eenvoudig 'n foto daarvan moes maak. Hiermee sluit ek die reeksie van die tuin af. Môre begin ek met iets heel anders.
3 hours ago
  • Josef Steyn Besonder skerp en treffend Hennie. Ek sien uit na die volgende reeks.
    1 hour ago
  • HERMAN Mooi foto
    3 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Steeds binne die Aronskelk. Dieselfde bytjie wat gister geloer het, het toe 'n hele klompie wit stuifmeel versamel. (Hennie, jy vra hoe ek dit regkry. Daar is geen geheime truuks aan nie. Ook geen spesiale redigeringstegnieke nie, behalwe die…
13 hours ago
  • Josef Steyn Hennie het die foto goed opgesom. Ek kan nie verbeter daarop nie. Uitstekende foto.
    1 hour ago
  • HERMAN Pragtige foto,mooi detail
    3 hours ago
  • Hennie Cronjé 'n Wonderlike foto! Aan die een kant openbaar dit iets in die natuur wat ons nie so met ons oë kan sien nie. Aan die ander kant openbaar it uiterste vaardigheid met die kamera en sy lens, met goeie beligting. Die sterk geel diagonale lyn gee hierdie…
    3 hours ago
JJ posted a photo
'n Meer lewendige blommetjie van dieselfde plant.Die blomme hang eintlik - ek het hier die foto omgedraai.
13 hours ago
  • Josef Steyn Uitstekend JJ.
    1 hour ago
  • HERMAN Baie mooi foto met mooi kleure en lig
    3 hours ago
  • Hennie Cronjé Hierdie foto hou mens se aandag vas. Dis pragtig! Mooi eenvoud, kleure en goeie kontras teenoor die agtergrond. Die lig en beligtig is ook baie mooi. Baie goed gedoen!
    3 hours ago
  • Johan Ayres Die omdraai was beslis 'n baie goeie besluit. Die sagte lig op die blom val mooi en laat dit pragtig uitstaan teen die donker agtergrond.
    12 hours ago
JJ posted a photo
Hier weer 'n naby foto van die klein dieretuin.  Van die diertjie is egter al weg.
13 hours ago
  • Josef Steyn Interessante foto JJ. Goed gedoen.
    1 hour ago
  • Hennie Cronjé Pragtig! Die kleure is baie mooi versadig en die detail baie interessant. Ook 'n goeie komposisie en agtergrond. Mooi!
    3 hours ago
  • Johan Ayres Weereens baie mooi kleure en baie goeie kontras teen die swart agtergrond.
    12 hours ago
Pine posted a photo
15 hours ago
  • Josef Steyn Heel gawe foto Pine.
    1 hour ago
  • Hennie Cronjé Pragtig! Die agtergrond raak bietjie lewendig, maar verder is dit 'n baie mooi foto.
    3 hours ago
  • Johan Ayres Baie mooi, pragtige kleure. Die klein bietjie rooi van die snawel doen baie vir die sukses van hierdie mooi foto.
    12 hours ago
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Wat is ‘n weerkaatsing as ek dit nie kan vas lê in ‘n foto nie???????? Ek dink dis die abstrakte rippel wat my hier die meeste getrek het. Vir die volgende paar plasings gaan dit…
19 hours ago
  • Josef Steyn Ek stem saam. Pragtige abstrakte foto.
    1 hour ago
  • Hennie Cronjé Dis 'n pragtige abstrakte kunswerk met 'n mooi kunstige afwerking ook. Baie suksesvol! Mooi!
    16 hours ago
Huey Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Seeplant 5 is dalk ‘n Oester dalk een of ander Anemoon. Dalk kan een van die klasmaats met die ID help?Canon 60SX HS PowershotBrandpuntafstand : 201.32 mmTyd 1/320 secf/6.3ISO 320Auto Mode
19 hours ago
  • Josef Steyn Baie oulik Huey. Jy tref met jou reeks.
    1 hour ago
  • Johan Ayres Pragtig, innoverend met al die fotografie reëls in plek.
    12 hours ago
  • Hennie Cronjé Ek ken dit nie, maar dis baie interessant. Dit lyk so half oesteragtig. Op sy rand lyk dit asof hy kan oop- en toemaak. Baie dankie hiervoor.
    16 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
yesterday
  • Johan Ayres 'n Orgidee is 'n pragtige blom en maak 'n pragtige foto soos wat jy hier gemaak het. Maar hierdie blomme is ook bedrieglik moeilik om af te neem. Hier het jy 'n baie mooi en delikate foto gemaak met baie mooi kleure en pragtige eenvoud. Ek het ook…
    12 hours ago
  • Elna Geringer Jinne.............dit mag maar net mooi wees
    19 hours ago
  • Josef Steyn Een van my gunsteling soort blomme om af te neem. Hierdie een is pragtig.
    21 hours ago
Josef Steyn posted a photo
Vir meeste van my branderplankfoto's, soos vir hierdie een, het ek op sluiterspoedvoorkeur en auto-ISO gewerk met 1/1600 sek. gekies as sluiterspoed. Die kamera het vir hierdie een f9 en ISO 1000 gekies. Let op hoe skerper hierdier foto is vergeleke…
yesterday
  • Johan Ayres Nog 'n pragtige aksiefoto.
    13 hours ago
  • Elna Geringer hierdie omie is beslis nie bang nie en jy het die aksie perfek gekry Josef
    19 hours ago
  • Hennie Cronjé Ja, hierdie foto is mooi skerp en dit maak 'n duidelike verskil van gister s'n. Die lig val baie mooi en die aksie en komposisie is uitstekend. Baie mooi - 'n pragfoto!
    yesterday
HERMAN posted a photo
Kon hom darem 'n 2de keer ook in fokus kry.Verstellings dieselfde as vorige foto.
yesterday
  • Johan Ayres Baie geluk met hierdie skitterende foto. Die fokus op die valk is superskerp en staan baie mooi uit teenoor die geblurde agtergrond.
    13 hours ago
  • Elna Geringer Baie goed gedoen Herman. Dis 'n kuns om hulle super skerp in vlug te kry
    19 hours ago
  • Hennie Cronjé Hierdie foto is pragtig en werklik uitstekend uitgevoer. Baie mooi skerp met goeie beligting. Baie geluk hiermee!
    yesterday
  • Josef Steyn Uitstekend skerp Herman.
    yesterday
  • Pine Pragtige komposisie met mooi lig en goeie fokus Herman
    yesterday
Johan Ayres posted a photo
Bytjie binne in 'n Aronskelk.
yesterday
  • Elna Geringer Ek het gewonder wanneer gaan daar iets met vlerke by die kwekery opdaag?? BGG Johan
    18 hours ago
  • Hennie Cronjé Dit lyk asof jy in die blom ingeklim het om hierdie foto te neem! Hoe dit ookal gedoen is, dis uitstekend gedoen. 'n Pragtige foto met besonder mooi detail. Baie geluk hiermee - pragtig!
    yesterday
  • HERMAN Mooi foto en detail
    yesterday
  • Pine Die loer het wel vir jou ń baie mooi foto gegee Johan!
    yesterday
Pine posted a photo
yesterday
  • Johan Ayres 'n Eerbiedige houding. Die rooi snawel dra sy deel by tot die sukses van hierdie pragtige foto. Die kakelaar staan baie mooi uit teenoor die agtergrond.
    13 hours ago
  • Elna Geringer Ek gaan nie eers kla oor die stert wat weg is nie want die res van die foto is net eenvoudig WOW!!!!!!!!!! BGG Pine
    18 hours ago
  • Hennie Cronjé 'n Pragtige foto! Dis baie goed uitgevoer in alle opsigte. Die kleure is regtig mooi. Goed gedoen!
    yesterday
  • Josef Steyn Baie mooi Pine. Daardie snawel en pote doen hul ding.
    yesterday
Tina le Grange posted a photo
Nikon CoolPix P900  1/800 sek  Fokale lengte 39.3mm  f/4.5   ISO:125   Plant is baie hoog en ek het uit die hand die foto geneem.  Ek waardeer jul kommentaar by my Agapanthus volg hul 'skaduwee'.
yesterday
  • Elna Geringer Slim gedink Tina. Wanneer jy so teen die lug neem, stel jou kamera op "spot metering" Jy sal verbaas wees oor die verskil wat dit aan die foto maak. Onthou net om terug te stel na "Matrix" toe
    18 hours ago
  • Hennie Cronjé 'n Eenvoudige onderwerp, wat 'n mooi foto maak. Ek hou van die palmblare links bo wat eintlik leidende lyne vorm na die hoofonderwerp. Die lig val ook baie mooi op lg. Mooi gesien en goed uitgevoer!
    yesterday
  • Josef Steyn Mooi Tina, ek hou van die ontwerp.
    yesterday
Ingrid Louw posted a photo
yesterday
  • Josef Steyn 'n Klomp goeie lesse van Hennie. Driepoot, f22-f29, handfokus en jy was daar.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Jou idee was goed, maar die fokus is nie skerp nie. Dit hinder. Omdat die velddiepte by makro so klein raak, kan mens ook van bietjie verder afneem (wat die velddiepte vergroot) en dan op die rekenaar crop. Met makro, wanneer mens sterk vergroot,…
    yesterday
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Sommige dae is die lagoon vol water en gee die huise wat daar langs gebou is baie mooi weerkaatsings. Ander tye is die mond oop en met laagwater is daar net hier en daar so effe van…
yesterday
  • Pine Puik geneem Elna. Pragtig skerp met baie goeie diepte
    yesterday
  • Josef Steyn Stem saam. uitstekend gedoen.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Dis 'n pragtige helder foto wat in alle opsigte goed uitgevoer en verwerk is. Dis hoe 'n foto moet lyk! Baie moi!
    yesterday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html