Maandag was daar die Windpomp Sjerrie bergfietsren in Stilbaai. Die naam dui aan hoe ‘n ernstige ren dit was. Deelnemers was ouers en kinders, amateur fietsers, ouer persone en ‘n klompie jong mense.(Afstande, 10, 60, en 100km.) Ek was een van die fotograwe. Heeldag lae lig met ‘n sagte misreëntjie. Baie uitdagende fotografietoestande. Die twee foto’s wat ek plaas is aanduidend.
Comments