Die plantjie ken ek nie maar die ou blommetjies is baie klein. Waarskynlik 'n raps minder as 2 mm in deursnit.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Aktiwiteit
-
Johan Ayres Nog 'n skitterende makrofoto. Die mot is pragtig skerp en jou verwerking laat hom baie mooi teenoor die agtergrond uitstaan. Die detail op die voelers dra baie by tot die algehele sukses van die foto.
Die foto het Freek geneem. Op ons pad terug van Kokstaddie mense het iets gebrand, en die rook het so oor die pas gegaan.Wat sy oog gevang het, was die rook so tussen die bome. Die bakkie voor het ek in geloswant dit vertel die storie:--Rook tonnel
-
Pine Baie mooi foto van die onheilspellende toneel Magda!
-
Josef Steyn Die bakkie is belangrik Magda. Pragtige foto en mooi titel.
Hierdie foto is weereens in helder sonlig geneem, maar die gebruik van kameraflits, gekombineer met 'n klein lensopening (f/16) het gemaak dat die agtergrond outomaties swart vertoon.
-
Pine Superskerp met sterk kontras en ń baie goeie komposisie ook. Jou beproefde wenresep het weereens gesorg vir ń Puik makro foto Johan!!
-
Josef Steyn Skitterend skerp Johan. Mooi aansig ook.
-
Magda van der Merwe Briljante foto
-
Josef Steyn Mooi komposisie Ingrid. Dit lyk asof dit in skerp sonlig geneem is en dit maak dat dele van die blom oorbelig lyk en die skaduwee baie donker is. Ek probeer altyd om blomme in skaduwee af te neem met ligte skaduwee as my voorkeur lig. Ek maak 'n…
-
Magda van der Merwe Ingrid dis baie goed gedoen
-
Hennie Cronjé Dis pragtig, met goeie komposisie. Mooi skerp ook met voldoende velddiepte. Die kleure is ook pragtig. Swart is egter bietjie te sterk. In RAW kan mens die swart afbring met die Shadow slider. Verder baie mooi!
Selfde probleem met son as by rooi lorrie. Maar die ou se neus was vir my net so mooi, met sy 'grill' wat weer anders lyk
-
Pine Baie mooi foto van die ou meneer Tersia,.
-
Josef Steyn Die ou snaar het sommer baie karakter Tersia.
-
Magda van der Merwe Tersia dis pragtig.
Stem met Hennie -
Hennie Cronjé Ook baie mooi! Mooi skerp met goeie beligting. Die bietjie agtergrond regs bo is bietjie helder, maar verder baie mooi.
-
Elna Geringer Nogal mooi weerkaatsings ook hier gekry Tersia. Jy het so bietjie met 'n skewe hoek hier geneem maar as jy reg van voor geneem het kon jy die krop so gedoen het dat net die neus, ligte en "grill" wys. Ek weet in die tipe plekke is daar nie altyd die…
Editor soek hulp..........hierdie foto is in die suide van die Hluhluwe-Imfolozi Wildtuin by 'n drinkplek geneem. Die weerkaatsding is wat my oog trek hier maar ek sukkel met die helder water. Dit was middel van die dag en lig was uiters hard. Hoe…
-
Pine Baie mooi foto Huey! Ek vermoed dat dit heelwat sal help as editor Hennie se raad probeer. Sal weer na huiswerk foto kyk
-
Josef Steyn Met sulke harde lig het 'n mens altyd 'n probleem. As julle dit nog nie gedoen het nie kan jy in Lightroom probeer om met die highlights slider die helder water bietjie te demp maar ek vermoed jy gaan met alles bietjie sukkel. Ek dink deur selfs net…
-
Magda van der Merwe Huey dit is n pragtige foto, Hennie gee goeie raad
-
Johan Ayres Ek kan nie help met die redigering nie, maar hier is my mening. Ek sou die water en die weerkatsing net so los. Dit is pragtig soos dit is, eintlik die ster van die foto. In geheel 'n pragtige foto.
-
Hennie Cronjé Dis 'n pragtige foto met mooi weerkaatsing. Die eenvoudigste wat julle nou kan doen, is om die foto in Levels oop te maak. Gaan na die middelste (grys) slider. Kliek net-net regs van die driehoekie. Die foto sal 'n fraksie donkerder word wat die…
-
Tersia Weitsz Ek kan jou niee raad gee met PS nie, maar hou van jou foto
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Klein Mia se Geduld met die kamera het begin op raak. Ten tye van die foto moes Chantal omtrent soebat vir kalmte en rustigheid, maar die draadjie tusen lus en nie lus wees nie was…
-
Josef Steyn Die crop wat jy gedoen het werk baie goed Elna. Die treguit kyk na die kamera werk baie goed. Jy kan oorweeg om die een ogie klein bietjie op te helder, verder lyk alles reg.
-
Magda van der Merwe Elna dis pragtig, die gesiggie vertel die storie.
-
Hennie Cronjé Dis pragtig met goeie trefkrag. Die afsny bo en onder tegelyk gee goeie balans. Sy kyk mooi in die kamera in met goeie beligting. Baie mooi!
-
Tersia Weitsz Lig mooi gebruik in jou foto Elna
Dankie aan almal vir die kyk na my SS pogings. Hierdie een is by Gouritsmond geneem. Sluiterspoed was 0,5 sek.
-
Pine Nog ń pragtige stadige sluiterspoed foto Josef!! Die bewegende water vertoon pragtig met hierdie spoed geneem. Baie goed beplan en uitgevoer
-
Magda van der Merwe Ongelooflik mooi Josef
-
Johan Ayres Perfekte foto, kleur en kontras.
-
Hennie Cronjé Uitstekend! Die sterk voorgrond met die ondergeskikte agtergrond is goeie komposisie. Verder het die 1/2 sek goed gewerk. Baie mooi!
-
Elna Geringer Puik gedoen Josef, ek hou van die amper pastel kleur wat in die branders is. SS puik gedoen
-
Tersia Weitsz Die SS het jou n mooi foto gegee Josef
Daar was baie verskillende soorte klein blommetjies in die veld toe ons 'n berg uitgeklim het in Golden Gate. Hier is een van hulle. Vir blou en pers moet mens altyd skaduwee oor die blom gooi omdat die kleure uitgewas raak in direkte sonlig.
-
Pine Uitstekend gedoen Hennie!!. Pragtige primêr en sekondêr met ń baie mooi agtergrond.
-
Magda van der Merwe Pragtig Hennie
-
Johan Ayres 'n Pragtige, klassieke en tydlose foto.
-
Tersia Weitsz Dis pragtig gedoen Hennie
-
Elna Geringer Baie goeie plasing Hennie. Puik gedoen
-
Josef Steyn Mooi Hennie met uitstekende gebruik van 'n sekondêre objek.
Hierdie is nog ‘n poging met natuurlike lig. Met die makrolens en sonder die kameraflits was dit nodig om die ISO na 1000 op te stoot. Die sluiterspoed van 1/1600 sek het vir my ‘n ‘n lensopening van f/5 gegee. Daarom is die velddiepte baie vlak, in…
-
Tersia Weitsz Dit het jou n mooi foto gegee
-
Elna Geringer Die f/5 het gesorg dat die fokus 'n spesifieke plek in die foto skerp maak, die by se kop en bo lyf. Ek hou hiervan Johan
-
Josef Steyn Die sagte agtergrond en natuurlike lig maak hierdie foto uitsonderlik Johan. Pragtig.
-
Hennie Cronjé Skitterend! Die mooi kleure is opvallend en die vlak velddiepte gee baie mooi effekte. Die foto het ‘n mooi sagte aanslag weens die f5. Ook mooi skerp. Baie mooi en goed gedoen!
-
Pine Nog steeds ń baie mooi foto, al is die velddiepte baie vlak. Die fokus is skerp en die kleure pragtig. Puik gedoen Johan!! Dankie vir die foto en verduideliking. Hierdie foto wys net weereens die waarde van ń kameraflits
Hy is baie klein en net so tussen 4.5 en 6.6mm lank
-
Tersia Weitsz Baie mooi skerp met mooi kleure
-
Elna Geringer Ek ditto met die manne Pine
-
Josef Steyn Baie mooi Pine. Skerp en pragtige lewensgetroue kleur.
-
Hennie Cronjé Pragtig! Dis uitstekend uitgevoer met mooi skerp fokus en goeie beligting. Baie mooi!
-
Johan Ayres Sjoe. Superskerp met pragtige kleure en skitterende kontras. Jou makrofoto's is van 'n baie hoë standaard.
-
Tersia Weitsz Pragtig Vida
-
Elna Geringer Die lae plasing van die horison en die pragtige wolke maak die foto treffend. BGG Vida
-
Josef Steyn Mooi Vida
-
Hennie Cronjé Dis ‘n baie mooi landskapsfoto. Die beligting op die lug is perfek. Op die land is dit onderbelig, maar die refleksie op die water kompenseer daarvoor met goeie kontras. Mooi skerp regdeur. Die horison is ook goed geplaas. Baie mooi!
Die lyne en eenvoud van die Langtoondam met 2 driehoeke as komposisie was vir my mooi
-
Tersia Weitsz Dit trek beslis aandag, mooi!
-
Elna Geringer Lieflik Johan. Hierdie dam maak voorsiening vir baie mooi foto's BGG
-
Hennie Cronjé Dis ‘n baie goeie foto met uitstekende komposisie. Pragtig!
-
Johan Ayres Wat 'n skitterende foto. Ek het aanvanklik gedink dit is 'n makrofoto, maar toe ek die foto oopmaak sien ek dit is 'n damwal. Pragtig.
Comments