Josef Steyn Die beligting is die sterk punt van die foto met die plantjie 'n sterk fokuspunt. Wat my borrelfoto aan betref, die volgende. Om die swart gedeelte aan die binnekant van die borrel uit te skakel is my uiteindelike mikpunt. Met 'n volgende poging kon…
Hier het ek 'n biejie weerkaatsing van onder af bygebring. Hierdie is sekerlik die mees onverklaarbare beeld. Let op na die geboë, ronde stroke wat die boonste en onderste dele verbind. Hoe dit ontstaan het kan ek glad nie verklaar nie.
JJ Dis baie interressant Josef, en baie mooi!. Die kleure bly seker ook 'beweeg'?
Jan 8
Hennie Cronjé Baie interessant! Ook pragtig, maar die swart deel in die middel is effe steurend. Jy is besig om 'n nuwe veld te ontgin en ek sien uit na wat kom!
JJ Die fyn druppels is 'n pragtige bonus! Agtergrond ook 1ste klas. Ek dink tog ons is so gewoond aan die "skerp kant" van goggas, dat ek wonder hoe lyk sy van die ander kant af? Natuurlik nie altyd moontlik om die skerpkant te neem nie.
Maar as…
Jan 8
Josef Steyn Innovertende titel en pragtige foto. Die titel gee 'n ekstra dimensie aan die foto.
Jan 8
Hennie Cronjé Dis pragtig, met 'n uitstekende agtergrond. Mooi skerp met goeie beligting. Die velddiepte is ook voldoende. Al hang spinnekoppe omtrent altyd onderstebo, wonder ek hoe hierdie foto sal vertoon as jy dit omdraai sodat die spinnekop bo is? Mens moet…
Josef Steyn Treffend omdat dit 'n ongewone invalshoek het.
Jan 8
Hennie Cronjé Baie goeie makro-fotografie met skerp fokus en goeie beligting. Die komposisie is ook goed met die helder deel in die middel die fokuspunt. Goed gedoen!
Jan 8
Johan Ayres Pragtige detail, met die goggie 'n bonus.
Hallo Fotoskolers!
Ek probeer al 4 dae lank om al die foto's van die nuwe webwerf af te vee. Sonder sukses.
Net so bietjie geduld, as jy graag foto's wil laai vandag, gaan loer gerus in by die ou webwerf.
Groete
Igno
Die voorkoms van die borrels wat ek reeds geplaas het kon ek verklaar op grond van die aard van die beligting. Hierdie een en ook more s'n kan ek nie verklaar nie. Die rand van die rooi gedeelte is die rand van die borrel maar waarom dit grotendeels…
Soos hierdie loerie, vertrek ek ook nou op 'n nuwe reis in Fotoskool3! Rondom Nature's Valley is baie loeries, maar hulle raak nou ook al meer in die dorp soos die bome groei. Hierdie een het ek in ligte reën op die stoep van 'n buurman afgeneem.
Hennie Cronjé Dis pragtiog, met mooi kleure en goeie beligting van bo tot onder. Die pad lei mens se oog in die foto in en dan kom dit terug na die rotse links bo. Dis goed gedoen. Mooi!
Hennie Cronjé Baie dankie vir die perspektief foto - dit doen baie vir jou foto. Dis pragtig! Die detail in die blommetjie is verstommend. 'n Wonder van die skepping! Ook baie mooi kleure met 'n goeie agtergrond. Baie mooi!
Hennie Cronjé Net nog iets: jy kon die lug geselekteer het, die seleksie sag gemaak het (feather) en dan die lug effens donkerder gemaak het.
Jan 6
Hennie Cronjé Dis 'n pragtige foto met baie goeie komposisie. Die blommetjies is die primêr en fokuspunt, met die plaas die sekondêr. Hulle is mooi diagonaal teenoor mekaar geplaas. Hier is ook baie mooi diepte en die foto is goed uitgevoer. Baie mooi!
Die opstelling met my twee kleinkinders wat hul foto neem. Vir hulle het ek twee LED liggies gebruik terwyl vir Borrels 2 ek twee blitse met dieselfde opstelling gebruik het.
Comments
Nico - my lens was bietjie lank en ek kon nie die Harvards nog nader neem nie. Hier sou 'n wyehoek perfek gewerk het met die Harvards reg bo my