Hierdie twee bulletjies wou mekaar net vat, maar toe kom daar 'n ou bul en maak hulle uitmekaar.Ons is nou op Nature's Valley, danksy SafAir. Wat 'n voorreg!
Josef Steyn So is dit maar met ouerlike oorsig. Soms moet konflik maar opgebreek word. Pragtige foto Hennie. Bly dat julle kon vlieg. Dit is 'n lang afstand per motor!!
Hennie Cronjé Die sleutel tot hierdie foto is die mooi herhaling van bome in die voorgrond, al is die sneeu iets wat ons aandag altyd trek. Herhaling het sterk visuele krag. Ongelukkig is die voorgrond bietjie te donker om die herhaling se effek uit te bring. As…
5 hours ago
Johan Ayres Jy het Clarens se fotogeleenthede omtrent benut! Hier is 'n baie slim komposisie met horisontale en vertikale lyne. Dit is vir my 'n natuurfoto met 'n "formele" en skoon komposisie. Pragtige foto.
Ons vertrek môre per vliegtuig na Nature's Valley (via George). Ons kinders gaan die Otterpad stap en ek en my vrou moet kleinkinders daar oppas. Ons het darem internet daar en ek sal gou weer terug wees op Fotoskool.
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. FilterForge is ‘n heerlike program om vervelige foto’s so bietjie op te kicker. Hier het ek die Ertiga se wiel met selfoon af geneem en in FilterForge gaan speelApple…
Hennie Cronjé Baie interessant! Dis buite my ervaringsveld, maar ek geniet dit en dis lekker om na te kyk. Duidelik is dit baie goed uitgevoer en afgerond. Baie mooi!
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Weltevrede is ‘n leeuplaas net buite Heilbron. Hulle is nogal trots op hulle wit leeus en dis redelik maklik om foto’s van hulle te neem ags die kampe se drade genoeg spasie gee dat die…
Josef Steyn Pragtig. Hy het omtrent lekker gegaap.
yesterday
Johan Ayres 'n Pragtige en sterk foto. Op my skerm is die kleurbalans 'n klein bietjie uit, 'n raps te veel na die groenerige kant.
yesterday
Hennie Cronjé Dis pragtig met die gebrullery. Alles is baie goed gedoen, behalwe die witbalans. Daar is 'n effense blou-groen tint, wat meer na rooi moet gaan. Dit sal maklik reggestel kan word. Verder, baie mooi!
Josef Steyn Ek hou baie van die foto, al is daar dalk 'n effense blou tint. Baie skerp met 'n heel aanvaarbare agtergrond.
yesterday
Johan Ayres Ek dink jy het goeie raad by Hennie gekry, maar ek wil darem hier vir jou in die bresse tree. Op my skerm het ek nie regtig 'n groot probleem met die kleurbalans van die zebra nie. Wat die agtergrond betref is dit nie vir my steurend nie. Trouens…
yesterday
Flip Ferreira Dankie vir terugvoer Hennie, ek is ongelukkig BC (Before Computer) sukkel maar nog -:)
yesterday
Elna Geringer Hulle is te dierbaar en ek leer saam met jou by Hennie
yesterday
Hennie Cronjé Ook baie mooi, maar ek wil twee opmerkings maak. Oor die zebra is daar 'n effense blou tint, wat beteken die witbalans was te veel na die rooi kant op die kamera. Die wb was bv op Kelvin 6300 ipv 7150. Die tweede het met die agtergrond te doen.…
Vandasg se foto’s vra vir opinies.Inligting.Die foto is geneem toe dit alreeds redelik donker was. F16, ISO 200 en sluiter 20 sek.Die mikpunt was die kleur in die lug en beligting is gekies om te sorg dat die lug nie oorbelig is nie.Dit het tot…
Johan Ayres Ek het oor en oor na al drie foto's gekyk. Ek is nie van nature 'n kritiese mens nie, veral nie wanneer dit by mense se kuns kom nie. Daarom wil ek graag as volg antwoord: Ek kan nie en wil ook nie graag tussen die foto's kies nie. Die rede daarvoor…
yesterday
Elna Geringer Josef, die middelste foto is beslis my wenner. Daar is net iets wat my weer en weer laat kyk. Die 1st en 3de foto is ook baie mooi maar 2de een steel my hart. BGG met al drie
yesterday
Hennie Cronjé Die swart is hier ietwat groot en effe oorweldigend. Daarom bly ek by my kommentaar van die middelste foto.
Hennie Cronjé Ook pragtig. Die kleure is hier meer versadig, maar die voorgrond is donkerder. Ek hou meer van die ander een se voorgrond, maar vir die res van die foto verkies ek hierdie een.
Comments