Jangroentjie op vuurpyl

In die koue Vrystaatse winter bring die vuurpyle en aalwyne kleur en lok voëls en bye

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Awesome foto
  • Lieflik gedoen Johan
  • Baie mooi en kleurvol Johan.
  • Baie mooi skerp,die by is 'n bonus
  • Dit bly vir my baie interessant dsat hierdie blomme in die winter blom. Die voëltjies verwelkom dit sekerlik. Hierdie foto is pragtig met sy mooi kleure (mens kan nie glo die winter nie!) en skerp fokus. Baie mooi!
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Hennie Cronjé posted photos
22 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Hennie, wat betref gister se foto - die "horlosie" waarna jy verwys is in werklikheid 'n sonwyser, vandaar die rede waarom hy "omgekeer" is.
yesterday
  • Hennie Cronjé Dankie - nou verstaan ek. Hierdie is 'n mooi klein, kompakte sonwyser. Baie mooi!
    22 hours ago
Claudi Lourens posted a photo
yesterday
  • Hennie Cronjé Dis die eerste keer dat ek 'n aasvoël in swart en wit sien (sover ek kan onthou). Dis egter pragtig en baie suksesvol gedoen. Die kontras wat jy gekry het is perfek - van spierwit tot pikswart. Dis wat mens in so 'n foto wil sien. Ook goeie eenvoud…
    yesterday
Claudi Lourens posted a photo
yesterday
  • Hennie Cronjé Dis selde die ideaal om 'n dier van agter af te neem, maar hier is dit baie suksesvol. Die rede is die prominente tekstuur van die vel. Dit trek aandag en dien as goeie fokuspunt. Die verwerking is ook baie goed gedoen. Jy kan oorweeg om bietjie…
    yesterday
Hennie Cronjé posted a photo
yesterday
  • Johan Ayres 'n Kostelike, maar ook uitsonderlike foto weens die goeie komposisie.
    yesterday
Hennie Cronjé posted a photo
yesterday
  • Johan Ayres 'n Pragtige foto met goeie interaksie. 'n Mens moenie die rol wat die sierlike tak vorm se aandeel in die sukses van die foto onderskat nie.
    yesterday
JOHAN DE BEER posted a photo
Pret in die branders , my kleinkinders se gesiggies bietjie donker 
Wednesday
  • Johan Ayres Heerlike uitbundige kindervreugde wat jy mooi vasgevang het.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Heerlike plesier! Die gesiggies is natuurlik bietjie donker weens die helder agtergrond. Die Shadow slider kan dit verbeter (veral in RAW). Die brander het bietjie van 'n blou tint, maar dit kan maklik reggestel word omdat hier baie plekkies met…
    yesterday
Johan Ayres posted a photo
Sommer 'n tong-in-die-kies foto.
Wednesday
  • Hennie Cronjé Johannesburg en 'n stuk klip gaan saam, maar waarom die horlosie omgekeer is, verstaan ek nie. Nietemin, dis 'n interessante en mooi foto wat oudergewoonte baie goed uitgevoer is.
    yesterday
Tina le Grange posted a photo
Ek het die gryspunt-regstelling hier gebruik.Moet ek die gras bo-regs afsny?
Wednesday
  • Hennie Cronjé Dis pragtig! Ja, ek sou aanbeveel dat jy die gras bo afsny. Jou foto is redelik vierkantig en as jy bietjie bo afsny, sal die foto nie te langwerpig wees nie. Verder is die kleure reg. Jy hoef nie 'n gryspunt regstelling te doen nie. Die eende is…
    Wednesday
Claudi Lourens posted a photo
Wednesday
  • Hennie Cronjé Hierdie is een van die heel besste foto's wat ek nog van ryp gesien het. Jy het uitstekend daarin geslaag om die yskristalle mooi weer te gee. Dis pragtig en baie interessant - mooi!
    Wednesday
  • JOHAN DE BEER sjoe dit lyk koud!!
    Wednesday
Hennie Cronjé posted a photo
Voëlfotografie is vir my baie lekker en bevredigend. Daarvoor is Mankwe dam in Pilanesberg ideaal. Dis doodstil en dit lyk asof daar niks gebeur nie, maar skielik is die drama daar en moet jy spring om jou foto's te kry. Dis fotografies ook 'n…
Wednesday
  • Johan Ayres Pragtig en superskerp met baie mooi aksie. Ek neem aan jy het die stomp aan die onderkant ingelos los as 'n ankerpunt. Net 'n vraag, nie kritiek nie - is dit regtig nodig? Hoe jy ook al oordeel, dit maak geen verandering aan die pragtige foto nie.
    Wednesday
Johan Ayres posted a photo
So kruip ek stadig aan na #100. Aanvanklik wou ek kyk hoeveel foto's ek kon kry van iets anders as insekte by die kwekery. Sommer net "gewone" foto's, daarom noem ek die reeks eenvoudig net "kiekies." Toe stel Hennie voor ek moet probeer vir 100…
Tuesday
  • Hennie Cronjé Jou projek is 'n goeie les vir ons almal. 'n Groot dankie daarvoor! Hierdie foto het 'n klassieke aanslag en is pragtig. Formeel en goed gebalanseerd. Baie mooi!
    Wednesday
Hennie Cronjé posted a photo
Tuesday
  • JOHAN DE BEER Pragfoto in alle opsigte
    Wednesday
  • Johan Ayres Skitterend Hennie, baie geluk. Superskerp met 'n uitstekende agtergrond en wonderlike komplimenterende kleure.
    Tuesday
Tina le Grange posted a photo
Baie dankie vir julle kommentaar by my vorige waterlelie;  julle help my baie - ek waardeer.
Tuesday
  • JOHAN DE BEER Ek hou ook hiervan,mooi foto
    Wednesday
  • Hennie Cronjé Die paadjie vorm 'n sterk geboë lyn wat ook 'n leidende lyn is om jou oog van links onder na regs bo te neem. Dis goeie ontwerp. Die tweede lyn is die borand van die heining wat 'n sekondêre lyn is (saam met die heining self) om die effekte van die…
    Tuesday
JOHAN DE BEER posted a photo
Joing Baardaasvoël  Giants  Castle
Monday
  • Johan Ayres 'n Pragtige, pragtige foto. Superskerp met uitstekende fyn detail.
    Tuesday
  • Tina le Grange Johan, 'n droom waarvan ek nog droom. Uitstekende foto - veels geluk!!
    Tuesday
  • Hennie Cronjé Hierdie is ‘n uitstekende en pragtige foto. Die low key aanslag gee die atmosfeer van daardie voëls wat so geruisloos vlieg, baie goed deur. Mooi skerp ook met ‘n goed geblurde agtergrond. Baie mooi!
    Tuesday
JJ posted a photo
Hierdie blom is amper gereed om die geel meeldraadknoppies uit te stoot.  Die skepping laat mens in verwonderig... Baie dankie weereens vir die positiewe en opbouende kommentaar!  Ek waardeer!!
Monday
  • Tina le Grange Puik JJ; ek leer by Hennie se wenke.
    Tuesday
  • Hennie Cronjé Hierdie is ‘n unieke foto van ‘n speldekussing, omdat jy matig ingezoom het met skerp fokus regdeur om die detail goed te wys. Mooi kleure ook. Baie goed gedoen!
    Tuesday
  • JOHAN DE BEER Puik foto , ja JJ is die skepping nie net volmaak nie!
    Monday
  • Johan Ayres Uitstekende detail en skerpte, asook kontras in kleur teen die donker agtergrond maak alles vir 'n pragtige foto.
    Monday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html