Soms loop ‘n mens ‘n pragtige tekening soos hierdie op die vreemdste plek raak. Hierdie tekening is in ‘n agtertangse stegie. Wat vir my vreemd is, is die plek waar die kunstenaar gekies het om dit te verf, sommer so tussen die venster en die uitlaat van die lugversorger.
(Ja, Neville, jy is reg, ek beoog om by #100 uit te kom. Tegnies is ek al daar verby, want net voor hierdie reeks het ek 'n reeks van 31 foto's geplaas wat ek "Newtown graffiti" genoem het. Wat jou navraag oor die metode betref, kyk 'n bietjie na my eerste foto van hierdie reeks, daar het ek die kunstenaar afgeneem terwyl hy aan die werk was.)
Comments