Sonder die perspektieffoto hier onder is hierdie net nog 'n foto van 'n vlinder, maar die perspektieffoto laat 'n mens die klein wonderwerkies van die natuur waardeer. Hierdie outjie is so groot soos my vingernael.
Die outjie het in die bad beland en kon nie weer daar uitkom sonder hulp nie. In ruil vir my hulp moes hy vir n paar fotos poseer. Dit was nogal n uitdaging omdat die lyfie amper so klein soos n vuurhoudjie se kop is
Baie dankie dat julle my help en kommentaar lewer, en na my fotos loer... Hierdie pappegaatjies het my vir hele dag vermaak in die Hwange.... Stellings: 1/200 F/13 ISO 640.
Soms pluk die wind die skieërs sommer hoog uit die water uit en vlieg hulle nogal ver. Ek glo dat daar dan woes toutjies getrek word om te keer dat hulle nie dalk in Mosselbaai land nie!!
Igno van Niekerk Josef, ek hou baie van die derdes - 1) die tou in boonste derde, 2) die akrobaat in die middelste derde, en 3) Stilbaai in die onderste derde. Elke deel vertel iets - soos 'n goeie storie: (tou = konteks, akrobaat = protagonis in aksie, Stilbaai =…
9 hours ago
Hennie Cronjé SJoe!!! Die akrobaat van Stilbaai! Dis uitstekend gefotografeer - baie geluk hiermee! Perfek gedoen.
10 hours ago
Tersia Weitsz Dis 'n pragtige skoot van die aksie en die insluiting van die agtergrond en die blou lug gee perspektief van hoe hoog hulle uit die water gelig word
Die mot op my wasgoed gekry en kamera gegryp. Shooting Mode Aperture-Priority AETv( Shutter Speed ) 1/200Av( Aperture Value ) 6.3Lens TAMRON 18-400mm F/3.5-6.3 Di II VC HLD B028Focal Length 227.0mm
Igno van Niekerk Hallo Tersia, ek val graag by Hennie in, kry daai swart doek, en mik vir selfs 'n skerper foto; maar moenie ophou om jou kamera te "gryp" nie :-). Vir my werk sulke insek en dierefoto's veral as die omgewing minder "mensgemaak" is. Sou dalk kon werk…
9 hours ago
Hennie Cronjé Dis 'n baie besondere en seker skaars mot. Jammer jy het jou kamera "gegryp", want ongelukkig is die fotkus nie skerp nie. Die pers lap agter is ook lastig. Skaf gerus hierdie jaar vir jou 'n swart doek aan .....
10 hours ago
Josef Steyn Wat 'n pragtige mot. Die moeite werd om na die kamera te gryp.
Comments