Drie van ons kleinkinders by een van die riviere om Nature's Valley. Onder is die rivier self (Soutrivier).
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Aktiwiteit
Sonder die perspektieffoto hier onder is hierdie net nog 'n foto van 'n vlinder, maar die perspektieffoto laat 'n mens die klein wonderwerkies van die natuur waardeer. Hierdie outjie is so groot soos my vingernael.
-
Pine Briljant geneem Johan !!!
Die outjie het in die bad beland en kon nie weer daar uitkom sonder hulp nie. In ruil vir my hulp moes hy vir n paar fotos poseer. Dit was nogal n uitdaging omdat die lyfie amper so klein soos n vuurhoudjie se kop is
-
Johan Ayres Dit was 'n goeie ruiltransaksie wat aan jou 'n baie mooi foto besorg het. Dit is baie duidelik waar sy naam vandaan kom.
Baie dankie dat julle my help en kommentaar lewer, en na my fotos loer... Hierdie pappegaatjies het my vir hele dag vermaak in die Hwange.... Stellings: 1/200 F/13 ISO 640.
"Jan - sal lekker wees as jy vir ander lede dalk meer kan vertel oor hoe jy hierdie foto's neem? Inderdaad uitstekend gedoen!"
"Dis beter en ook pragtig! Hy lyk skerp en die kleure is ook beter. Baie mooi!"
Soms pluk die wind die skieërs sommer hoog uit die water uit en vlieg hulle nogal ver. Ek glo dat daar dan woes toutjies getrek word om te keer dat hulle nie dalk in Mosselbaai land nie!!
-
Pine Aksie PUIK vasgevang Josef !!!
-
Johan Ayres 'n Uitstekende aksiefoto.
-
Gerrie Lambrechts Netjies geplaas en mooi
skerp foto geneem. -
Igno van Niekerk Josef, ek hou baie van die derdes - 1) die tou in boonste derde, 2) die akrobaat in die middelste derde, en 3) Stilbaai in die onderste derde. Elke deel vertel iets - soos 'n goeie storie: (tou = konteks, akrobaat = protagonis in aksie, Stilbaai =…
-
Hennie Cronjé SJoe!!! Die akrobaat van Stilbaai! Dis uitstekend gefotografeer - baie geluk hiermee! Perfek gedoen.
-
Tersia Weitsz Dis 'n pragtige skoot van die aksie en die insluiting van die agtergrond en die blou lug gee perspektief van hoe hoog hulle uit die water gelig word
"Jan hierdie een se fokus is puik, goeie kleurversadiging, eenvoud en komposisie."
Die mot op my wasgoed gekry en kamera gegryp. Shooting Mode Aperture-Priority AETv( Shutter Speed ) 1/200Av( Aperture Value ) 6.3Lens TAMRON 18-400mm F/3.5-6.3 Di II VC HLD B028Focal Length 227.0mm
-
Igno van Niekerk Hallo Tersia, ek val graag by Hennie in, kry daai swart doek, en mik vir selfs 'n skerper foto; maar moenie ophou om jou kamera te "gryp" nie :-). Vir my werk sulke insek en dierefoto's veral as die omgewing minder "mensgemaak" is. Sou dalk kon werk…
-
Hennie Cronjé Dis 'n baie besondere en seker skaars mot. Jammer jy het jou kamera "gegryp", want ongelukkig is die fotkus nie skerp nie. Die pers lap agter is ook lastig. Skaf gerus hierdie jaar vir jou 'n swart doek aan .....
-
Josef Steyn Wat 'n pragtige mot. Die moeite werd om na die kamera te gryp.
Comments