Soos ek aan die begin van hierdie reeks gesê het, hierdie foto's is geensins bedoel om fotografiese wonderwerke te wees nie. Baie van die foto's lyk ook dieselfde omdat ek maar grootliks van dieselfde "resep" gebruik gemaak het. Die reeks is eintlik maar net 'n eksperiment en uitdaging aan myself om te kyk hoeveel klein dingetjies ek met een besoek aan die kwekery kon raaksien wat normaalweg by 'n mens verbygaan. (Ek het aanvanklik gegaan om te soek vir insekte, maar toe ek niks kry nie het ek hierdie uitdaging sommer op die ingewing van die oomblik begin.)
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Aktiwiteit
Die Suid Kus se kosmos blommetjie. Groei oral langs die pad.
-
Hennie Cronjé Pragtig! Baie mooi kleure met sterk kontras teenoor die agtergrond. Ook mooi skerp met goeie eenvoud. Baie mooi!
Waar ons tuisgegaan het was hierdie gesiggie so aan die oostekant van die golfbaan, op een van die berge (as mens dit berge noem)
-
Magda van der Merwe Dit laat my ook glimlag. Baie mooi JJ
-
Hennie Cronjé Ja, dit laat my bietjie smile!
Sommer so in die verbystap geneem. Ek het nie die makrolens saamgedra nie, so dis nie so skerp nie.
-
Magda van der Merwe Dit lyk vir my skerp JJ, pragtige foto
-
Hennie Cronjé Dit lyk vir my na sewejaartjies. Al 'n bietjie verweer, maar hulle vertoon mooi sterk teenoor die donkerder agtergrond. Lg is ook goed geblur. Baie mooi!
"Ongelooflik en pragtig! Perfek gedoen en baie geluk hiermee."
Rooi blom in my tuin
-
JJ Baie kunstig gedoen Magda!
-
Hennie Cronjé Pragtig! Amper 'n skildery! Baie mooi en uitstekend uitgevoer.
Hier is 'n toneel vanuit die Kapel na buite. Daarom het ek verander van kleur na wit en swart. Veel meer besig.Die blomme wys dus nie die kleur nie - daar was die oggend 'n diens gewees.
-
JJ Mooi plek, en foto's Tina!
-
Hennie Cronjé Dis pragtig! Die swart kruis vertoon sterk en oorheers die ietwat besige agtergrond. Jy het hier baie goed gedoen. Mooi!
-
Magda van der Merwe Tina dis n pragtige foto, mooi raak gesien en werk goed in S/W
Comments