Die ene het sommer teen die muur uitgekom.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Aktiwiteit
Hierdie is nog steeds deel van my reeks foto's waar ek doelbewus bietjie probeer het om uit my gemaksone van makrofotografie te kom en sommer net die dag ontspan het met 'n paar algemene foto's.
-
Josef Steyn Jy kan gerus voortgaan om buite jou gemaksone af te neem. Hierdie foto is uitstekend. Besonder skerp en met uitstekende hantering van die wit.
-
JJ Ek lees nou die opskrif, en verstaan hoekom ek nie makro's sien nie.
Ek hou van die foto Johan, en die voël verstoon goed.
Dis altyd lekker om iets ander af te neem as waaraan mens gewoond is. Goed gedoen!!
Wonderlike 3 dae saam met Elna hulle in die Drakensberge.
-
Josef Steyn Pragtige herfskleure en weerkaatsing Magda. Uitstekend gedoen.
dit was koud en nat maar ek moes dit net afneem
-
Josef Steyn Goed gedoen Carol.
-
Magda van der Merwe Carol dis n pragtige foto
soos die vorige foto se beskrywing koud en nat maar ek moes net 'n foto neem
-
Josef Steyn Baie mooi in swart en wit Carol.
-
Josef Steyn Ek hou baie hiervan JJ. Mooi detail op die jassie gekry. Johan, jy is reg: die Afrikaans vir Gooseberry is Appeliefie.
-
Johan Ayres Ek het ook een afgeneem, maar nadat ek hierdie foto van jou gesien het sal ek nie waag om my poging te plaas nie, dit verseker ek jou. Geluk met 'n skitterende makrofoto. Hier het jy my geleer hoe om hierdie Goose Berry (dit is mos Appelliefie dink…
Die hoop beskaam nooit...
-
Johan Ayres Inderdaad. En 'n pragtige foto.
-
Josef Steyn Pragtige foto en nog mooier lewensfilosofie.
Te oordeel aan die baie min hare op sy rug, sou ek dink dit is 'n ou by?Ek weet ook nie regtig hoe lank 'n by leef nie?
-
Johan Ayres Ek raak groen en groener en groener. Jou makrowerk is uitstekend. Baie geluk JJ. Hierdie standaard gaan jy moeilik klop.
-
Magda van der Merwe Puik foto JJ
-
Josef Steyn Uitstekende makro JJ. Heuningbye leef vir so 30 - 60 dae.
Ek moes BAIE foto's skiet teen die vinnigste tempo wat my kamera kon hanteer. Slegs 'n klein persentasie is bruikbaar want die sluiter moet net op die regte tyd oopgaan en dit is nie moontlik om die oomblik te kies nie. Hierdie foto het intense…
-
Johan Ayres Al die redigering en geduld is beslis die moeite werd. Dit is 'n pragtige reeks foto's.
-
Carol van Aswegen WD stunning
Hierdie bruggie is deur die huidige boer se Pa gebou - sonder sement!Ons gaan vandag weer na die Pilanesberg wildtuin vir 'n week en gevolglik sal ek óf afwesig wees óf skaars wees hier op Fotoskool.
-
Johan Ayres Sjoe, wat 'n skitterende foto. Supermooi met hope atmosfeer.
-
Carol van Aswegen WD stunning dit is poskaart mooi
-
Josef Steyn Hope atmosfeer. Uitstekend Hennie.
Ook daardie mistige oggend op Balloch.
-
Carol van Aswegen WD weereens poskaart mooi
-
JOHAN DE BEER Pragfoto
-
Johan Ayres 'n Skitterende foto vol gevoel. Die son wat net-net wil deurbreek verleen daardie ietsie ekstra aan die foto. Die eenvoud tref ook.
-
Josef Steyn Fantastiese foto Hennie. Die detail en atmosfeer is uit die boonster rakke.
Die outjie het gelyk of hy diep dink aan sy happie
-
Johan Ayres Superskerp en kostelik.
-
Josef Steyn Pragtig gedoen Johan. Verstommende skerp detail op die outjie.
-
Hennie Cronjé Hulle bly darem maar oulik en 'n foto werd! Dis pragtig en baie goed uitgevoer. Daardie twee ogies vorm 'n goeie fokuspunt. Baie mooi!
-
Hennie Cronjé Dit lyk na Italië. Dis pragtig met mooi diepte en baie karakter. Tegies is die foto ook goed uitgevoer. Ek hoop ons sien nog hiervan!
-
JOHAN DE BEER Puik foto die trappe lei mens na die deur
-
Carol van Aswegen WD soe ek love die foto stunning
-
Hennie Cronjé Pragtig! Die komposisie is baie goed, die fokus skerp en die kleure pragtig. Baie mooi en goed gedoen!
-
Josef Steyn Wonderlike aksie gevang Johan.
-
Hennie Cronjé Pragtig! Die dinamika en mooi weerkaatsing maak hierdie foto spesiaal. Baie mooi!
-
JOHAN DE BEER Pragtige foto Johan
-
Zenobia Geldenhuys hou baie van die waterbeweging asook die refleksie. goed gesien
Een van die grootste uitdagings was voldoende velddiepte, veral omdat 'n sluiterspoed van 1/2500 en vinniger benodig was. Ek het in skerp direkte sonlig gewerk. Vir hierdie foto het ek f13, 1/2500 en ISO 6400 gebruik. Vooraf handfokus. Aanvanklik…
-
JOHAN DE BEER Puik foto Josef
-
Johan Ayres Dit raak net beter en beter. Baie geluk met 'n absoluut skitterende foto. Dit lyk soos kraters en berge in die buitenste ruimte.
-
Hennie Cronjé Dis pragtig en ook baie interessant. Mens sien gewoonlik nie so drie "opspringers" tegelyk nie. Baie goed gedoen!
Comments