Port St Francis
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Aktiwiteit
Die Suid Kus se kosmos blommetjie. Groei oral langs die pad.
-
Hennie Cronjé Pragtig! Baie mooi kleure met sterk kontras teenoor die agtergrond. Ook mooi skerp met goeie eenvoud. Baie mooi!
Waar ons tuisgegaan het was hierdie gesiggie so aan die oostekant van die golfbaan, op een van die berge (as mens dit berge noem)
-
Magda van der Merwe Dit laat my ook glimlag. Baie mooi JJ
-
Hennie Cronjé Ja, dit laat my bietjie smile!
Sommer so in die verbystap geneem. Ek het nie die makrolens saamgedra nie, so dis nie so skerp nie.
-
Magda van der Merwe Dit lyk vir my skerp JJ, pragtige foto
-
Hennie Cronjé Dit lyk vir my na sewejaartjies. Al 'n bietjie verweer, maar hulle vertoon mooi sterk teenoor die donkerder agtergrond. Lg is ook goed geblur. Baie mooi!
"Ongelooflik en pragtig! Perfek gedoen en baie geluk hiermee."
Rooi blom in my tuin
-
JJ Baie kunstig gedoen Magda!
-
Hennie Cronjé Pragtig! Amper 'n skildery! Baie mooi en uitstekend uitgevoer.
Hier is 'n toneel vanuit die Kapel na buite. Daarom het ek verander van kleur na wit en swart. Veel meer besig.Die blomme wys dus nie die kleur nie - daar was die oggend 'n diens gewees.
-
JJ Mooi plek, en foto's Tina!
-
Hennie Cronjé Dis pragtig! Die swart kruis vertoon sterk en oorheers die ietwat besige agtergrond. Jy het hier baie goed gedoen. Mooi!
-
Magda van der Merwe Tina dis n pragtige foto, mooi raak gesien en werk goed in S/W
Comments
Baie dankie Tina - waardeer! Was ook bekommerd oor FS maar Igno het tot ons redding gekom!
Hoop jy het 'n heerlike verjaardag gehad - seënwense vir jou nuwe lewensjaar.
Pragtige, vrolike foto met die helder kleure en mooi skerp.
Baie dankie Gerrie! Ek was bevoorreg om weens my werk toendertyd, baie in ons land te reis en ook met 'n studiebeurs Engeland, Skotland, Duitsland, Brussels en Vlaandere te besoek. Ongelukkig het baie van my foto's daar geneem, verlore geraak. Bly tans in Astonbaai en gesels met die Melkhoutbome wat die hele erf volstaan ("Talk to the trees but they won't listen to me"). Maar ek is in hart en siel 'n Laevelder (Sabie/Nelspruit).
Mooi toneel en foto. Skies ek het gister versuim om jou geluk te wens. Mag daar nog mooi jare en baie foto's vir ons wees. Woon jy in die buiteland of is jy goeie toeris?
Pragtige en baie kunstige verwerking, Rassie!
Die boot is spesiaal mooi Rassie. Boonop 'n baie mooi foto van die hawe omgewing. Ek is veral beïndruk met die skerpte regdeur.
Die helder kleure maak indruk - dis pragtig! Ook 'n goeie komposisie. Goed gedoen!