Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Foto #7 is dan ook die laaste van die reeks. Hierdie foto is sekondes na #6 van gister geneem. Met hoogwater, teen die rotse, kan ‘n mens heelwat SD/CF karate vol skiet. Elke brander het sy eie manier van slaan en vloei oor die rotse. Dankie vir die saam kyk en ek hoop daar sal ‘n paar nuuskieriges wees wat wil kom kyk
Canon 7D MK I : Canon 18-200 mm lens |
Brandpuntafstand : 60 mm |
Tyd 1/800 sek |
f/8 |
ISO 800 |
Exp Bias : 0 Stop |
AV Mode |
Comments
Wat die swart en wit betref: orals waar ek nog gelees het, is gesê dis beter om eers in kleur te ontwikkel en dan oor te gaan na mono. Gevolglik het ek nog nooit swart en wit direk vanuit die kamera geproduseer nie. As jy praat van Styles, neem ek aan jy neem in JPEG en nie in RAW nie. Die Affinity program wat ek tans vir verwerking gebruik, het eintlik 5 programme in een. Elke program het bv sy eie menu. Hulle is RAW, Develop (gewone ontwikkeling), kuns en grafika, Tone mapping en Export. By Tone mapping is 'n swart en wit variasie wat uitstekend is. Ek kry beter foto's daar as deur die gewone Develop.