Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer.
Die Sao Joao kruis is een van Port Edward se landmerke. Die Sao Joao skip het in 1552 hier aan die Port Edward kus gesink. Die skip het van Indië af gekom met die kaptein, Manuel de Sousa, sy vrou, Prinses Leonora de Sousa en hulle 2 seuns, 600 bemanning en slawe aan boord. Die vrag was oa porselein, sy, skulpe, speserye en vele ander goedere. Die kruis is op gerig ter herdenking van die ongeveer 100 (die getal kan nie bevestig word nie) mense wat in die storm see om gekom het. Van die bemanning en slawe wat te voet na Mosambiek vertrek het, het net 21 lewend daar aangekom. Die kaptein en sy vrou is op pad daarheen dood. (Ek kry geen inligting tov die 2 seuns nie)
Canon 7D MK II : Canon 18-200 mm lens |
Brandpuntafstand : 18 mm |
Tyd 1/100 sek |
f/8 |
ISO 100 |
Exp Bias : 0 Stop |
AV Mode |
NIK : Color Efex Pro4 : Darken/Lighten Center |
Comments