Spookvoël

Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Die Spookvoël het ek in Marlothpark gekry. Editor vertel : “Ek dreig al baie lank om die outjie te verwerk en te plaas. Hulle is nogal skaam en die meeste van die tyd word hulle gehoor maar nie gesien nie. Ek kom egter nie so vêr nie ags die punt van die stert af gesny was. So wys ek eendag vir Magda die foto en sy begin daarmee werk. Amper ‘n uur later, het Spookvoël weer ‘n vol stert. Baie dankie liewe vriendin vir jou geduld en hulp. Om vir Magda dop te hou as sy in PS is, is ‘n belewenis”

Canon 60SX HS Powershot
Brandpuntafstand : 215 mm
Tyd 1/160 sek
f/6.5
ISO 320
Auto Mode

 

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Briljante foto Huey van hierdie mooi voëltjie
  • 'n Pragtige voël en foto! Die stert is perfek. Tog dink ek hier is nog werk nodig. Die voël is effens onderbelig (weens die helderder agtergrond). Verder is die agtergrond te besig en trek te sterk aandag. Omdat die voëltjie skerp randte het, kan mens dit selekteer en copy. Vee dan die voël en die houtstomp uit met die clone stamp tool. Blur die agtergrond goed en maak dit bietjie donkerder. Paste dan die voël terug en posisioneer dit reg met die move tool.
  • 'n Skitterende foto Huey met pragtige en helder kleure. Op hierdie foto kan 'n mens duidelik sien wat ek bedoel het in my kritiek ten opsigte van die harde oorgang tussen die voël en die agtergrond soos ek dit verduidelik het by gister se foto. Die agtergrond is baie goed geblur, maar die redigeringsblur skep iets van 'n kunsmatigheid as jy fyn kyk. Soos ek gister gesê het, dalk is ek verkeerd. (Ek vergelyk hierdie foto met byvoorbeeld Pine se Hoep Hoep foto, waar die oorgang sagter en meer natuurlik is.)
  • Baie gelukkig om hom te sien !!! Goeie foto ook Huey
This reply was deleted.

Aktiwiteit

JOHAN DE BEER posted a photo
Kampsbaai van Tafelberg af gesien
13 hours ago
  • HERMAN Baie mooi kleure,mooi foto
    2 hours ago
  • Johan Ayres Die slim komposisie en goed versadigde kleure laat reg geskied aan hierdie pragtige stukkie kusgebied.
    10 hours ago
Carol van Aswegen posted photos
14 hours ago
JJ posted a photo
Ek noem hom sommer covid nav my positiewe uitslag op dieselfde dag as wat ek die foto geneem het.  Foto geneem Maandag oggend, en toe trek die pes my plat. 
17 hours ago
  • Johan Ayres 'n Skitterende superskerp makrofoto met baie goeie detail. Baie jammer om te hoor van jou siekte my makromater. Sterkte met die isolasie, maar as jy nie te olik voel nie sal dit jou darem tyd gee vir jou fotografie.
    10 hours ago
  • Magda van der Merwe Ai JJ ek het dit ook gehad, ek het deur getrek maar my man is dood, lelike ding
    17 hours ago
  • HERMAN Pragtig skerp,sterkte met die siekte
    17 hours ago
Carol van Aswegen posted photos
yesterday
Johan Ayres posted a photo
yesterday
Tina le Grange posted a photo
Tuesday
Johan Ayres posted a photo
Hennie, help my asseblief met die Afrikaanse mediese term vir my opskrif. My gedagte met die komposisie en opskrif van die foto is die monitor wat wys dat daar geen hartklop meer by die pasiënt is nie. Ek neem aan hierdie is die vangs van 'n…
Monday
  • HERMAN Geen hartklop/flatline is asistolie,maar ek weet nie of dit pas nie
    yesterday
Tina le Grange posted a photo
Elna dankie vir jou nota by my lelie - ek stel deesdae meestal op "spot metering" soos jy my geleer het - tremor in my hand vangs my soms sleg. En het nie altyd my driepoot of 'monopot' byderhand nie.  En vat dan 'n kans.....  :-(     Nikon CoolPix…
Monday
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. In die uMkhuze wildtuin se een ablusie blok het ek hierdie foto geneemCanon 7D MK II : Canon 18-200 mm lensBrandpuntafstand : 28 mmTyd 1/15 sekf/7.1ISO 100Exp Bias : 0 StopAV Mode 
Monday
  • Magda van der Merwe Baie interessant Elna
    17 hours ago
  • Tina le Grange Elna jy het raakgesien wat baie van ons by sal verbyloop; besondere kuns-foto met skerp fokus, helder kleure en goeie komposisie
    Monday
Huey Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. ‘n Tyd gelede het ons by die Kearsney Manor gaste plaas gaan kuier. ‘n Plek met ‘n ryk geskiedenis tov die Hulett suiker baron. Orals in die gebou is van die mooi glas vir vensters…
Monday
Sarel posted a photo
Monday
  • Magda van der Merwe Baie goed gedoen
    17 hours ago
  • Johan Ayres Hierdie foto is baie besig en bitter ongewoon, maar op 'n vreemde en onverklaarbare manier werk dit, en daarom is dit 'n suksesvolle foto.
    Monday
  • Tina le Grange Sarel, ek leer saam by Hennie se mening - die voordeel van Fotoskool
    Monday
  • Hennie Cronjé Sarel, dis 'n interessante foto waarby mense 'n oomblik gaan stilstaan. Die rede is die sterk voorgrond met heelwat elemente daarin om te analiseer. Dan sien mens deur die voorgrond die agtergrond en sit mens die twee saam om 'n volledige beeld in…
    Monday
Hennie Cronjé posted a photo
In die Sederberge gedoen. Ek het nie gedink dit gaan werk weens die maan nie, maar dit het darem (danksy verwerking op die rekenaar).Van vandag tot Vrydag gaan ons na Mabalingwe naby Bela-Bela. Ek weet nie wat die internet verbinding daar gaan wees…
Monday
  • Carol van Aswegen stunning
    yesterday
  • Johan Ayres Die foto sou ook gewerk het sonder die maan, maar die maan bring net daardie iets ekstra na die foto toe. Die sterreweg lei jou boontoe na die maan. Ek dink hierdie is 'n skitterende foto waarop jy baie trots kan wees.
    Monday
  • Tina le Grange Wat 'n pragtige "Bethlehem-ster" foto Hennie - geniet julle wegbreek.
    Monday
  • Elna Geringer Dis treffend Hennie en julle Mabalingwe geniet, dit is 'n pragtige oord
    Monday
Johan Ayres posted a photo
Sunday
Hennie Cronjé posted a photo
Hierdie naam is een van verskeie vir hierdie plantjie in die Sederberge. Dis 'n samegestelde blom of plant met verskeie "vingers" waaruit die wit "naeltjie" later projekteer. Hulle is klein, ongeveer4-5cm hoog.
Sunday
  • Tina le Grange Hennie die Katnael is pragtig skerp - dankie vir die besondere toneel
    Monday
  • Elna Geringer WOW!!!!!!!!!!!!
    Monday
  • Johan Ayres Dit lyk soos 'n monnik met 'n kappie op. (Die moderne monnikke dra seker rooi.) Pragtige makro Hennie, met die regte velddiepte wat die foto skerp maak waar dit saak maak.
    Sunday
Hennie Cronjé posted a photo
'n Blommetjie wat op die afdraende pad is....
Nov 27
JJ posted a photo
Hier van nader geneem
Nov 26
  • Johan Ayres Sjoe, dit is ongelooflike detail en skerpte wat jy hier gekry het. Baie geluk met hierdie een JJ. Deur jou makrolens lyk hierdie dingetjie soos 'n kruising tussen 'n rot en 'n mol.
    Sunday
  • Hennie Cronjé Disinteressante detail wat hier na vore kom. Baie mooi en goed gedoen!
    Nov 27
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html