Thread-waisted Wasp grawe gat ( 2 van 2 )

Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Lyk of hy 'n groot gifsak het. Mooi foto Pine.
  • Beter as die vorige een, omdat die rooi nie so sterk uitstaan nie. Baie goed uitgevoer met mooi skerp fokus, goeie beligting en 'n goeie komposisie. Baie mooi!
  • Baie, baie interessant. Baie mooi skerp met goeie kontras en realistiese kleure. Ek hou van die velddiepte wat jy gebruik het.
  • Jys braaf! Mooi skerp foto van die aggresiewe maatjie
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Pine posted a photo
5 hours ago
  • Johan Ayres Nog 'n skitterende makrofoto. Die mot is pragtig skerp en jou verwerking laat hom baie mooi teenoor die agtergrond uitstaan. Die detail op die voelers dra baie by tot die algehele sukses van die foto.
    3 hours ago
Magda van der Merwe posted a photo
Die foto het Freek geneem. Op ons pad terug van Kokstaddie mense het iets gebrand, en die rook het so oor die pas gegaan.Wat sy oog gevang het, was die rook so tussen die bome. Die bakkie voor het ek in geloswant dit vertel die storie:--Rook tonnel
6 hours ago
  • Pine Baie mooi foto van die onheilspellende toneel Magda!
    5 hours ago
  • Josef Steyn Die bakkie is belangrik Magda. Pragtige foto en mooi titel.
    5 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Hierdie foto is weereens in helder sonlig geneem, maar die gebruik van kameraflits, gekombineer met 'n klein lensopening (f/16) het gemaak dat die agtergrond outomaties swart vertoon.  
6 hours ago
  • Pine Superskerp met sterk kontras en ń baie goeie komposisie ook. Jou beproefde wenresep het weereens gesorg vir ń Puik makro foto Johan!!
    4 hours ago
  • Josef Steyn Skitterend skerp Johan. Mooi aansig ook.
    5 hours ago
  • Magda van der Merwe Briljante foto
    6 hours ago
Ingrid Louw posted a photo
10 hours ago
  • Josef Steyn Mooi komposisie Ingrid. Dit lyk asof dit in skerp sonlig geneem is en dit maak dat dele van die blom oorbelig lyk en die skaduwee baie donker is. Ek probeer altyd om blomme in skaduwee af te neem met ligte skaduwee as my voorkeur lig. Ek maak 'n…
    5 hours ago
  • Magda van der Merwe Ingrid dis baie goed gedoen
    6 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig, met goeie komposisie. Mooi skerp ook met voldoende velddiepte. Die kleure is ook pragtig. Swart is egter bietjie te sterk. In RAW kan mens die swart afbring met die Shadow slider. Verder baie mooi!
    7 hours ago
Tersia Weitsz posted a photo
Selfde probleem met son as by rooi lorrie.  Maar die ou se neus was vir my net so mooi, met sy 'grill' wat weer anders    lyk
11 hours ago
  • Pine Baie mooi foto van die ou meneer Tersia,.
    5 hours ago
  • Josef Steyn Die ou snaar het sommer baie karakter Tersia.
    5 hours ago
  • Magda van der Merwe Tersia dis pragtig.
    Stem met Hennie
    6 hours ago
  • Hennie Cronjé Ook baie mooi! Mooi skerp met goeie beligting. Die bietjie agtergrond regs bo is bietjie helder, maar verder baie mooi.
    7 hours ago
  • Elna Geringer Nogal mooi weerkaatsings ook hier gekry Tersia. Jy het so bietjie met 'n skewe hoek hier geneem maar as jy reg van voor geneem het kon jy die krop so gedoen het dat net die neus, ligte en "grill" wys. Ek weet in die tipe plekke is daar nie altyd die…
    10 hours ago
Huey Geringer posted a photo
Editor soek hulp..........hierdie foto is in die suide van die Hluhluwe-Imfolozi Wildtuin by 'n drinkplek geneem. Die weerkaatsding is wat my oog trek hier maar ek sukkel met die helder water. Dit was middel van die dag en lig was uiters hard. Hoe…
12 hours ago
  • Pine Baie mooi foto Huey! Ek vermoed dat dit heelwat sal help as editor Hennie se raad probeer. Sal weer na huiswerk foto kyk
    4 hours ago
  • Josef Steyn Met sulke harde lig het 'n mens altyd 'n probleem. As julle dit nog nie gedoen het nie kan jy in Lightroom probeer om met die highlights slider die helder water bietjie te demp maar ek vermoed jy gaan met alles bietjie sukkel. Ek dink deur selfs net…
    5 hours ago
  • Magda van der Merwe Huey dit is n pragtige foto, Hennie gee goeie raad
    6 hours ago
  • Johan Ayres Ek kan nie help met die redigering nie, maar hier is my mening. Ek sou die water en die weerkatsing net so los. Dit is pragtig soos dit is, eintlik die ster van die foto. In geheel 'n pragtige foto.
    6 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis 'n pragtige foto met mooi weerkaatsing. Die eenvoudigste wat julle nou kan doen, is om die foto in Levels oop te maak. Gaan na die middelste (grys) slider. Kliek net-net regs van die driehoekie. Die foto sal 'n fraksie donkerder word wat die…
    7 hours ago
  • Tersia Weitsz Ek kan jou niee raad gee met PS nie, maar hou van jou foto
    11 hours ago
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit.  Klein Mia se Geduld met die kamera het begin op raak. Ten tye van die foto moes Chantal omtrent soebat vir kalmte en rustigheid, maar die draadjie tusen lus en nie lus wees nie was…
12 hours ago
  • Josef Steyn Die crop wat jy gedoen het werk baie goed Elna. Die treguit kyk na die kamera werk baie goed. Jy kan oorweeg om die een ogie klein bietjie op te helder, verder lyk alles reg.
    5 hours ago
  • Magda van der Merwe Elna dis pragtig, die gesiggie vertel die storie.
    6 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig met goeie trefkrag. Die afsny bo en onder tegelyk gee goeie balans. Sy kyk mooi in die kamera in met goeie beligting. Baie mooi!
    8 hours ago
  • Tersia Weitsz Lig mooi gebruik in jou foto Elna
    11 hours ago
Josef Steyn posted a photo
Dankie aan almal vir die kyk na my SS pogings. Hierdie een is by Gouritsmond geneem. Sluiterspoed was 0,5 sek.
14 hours ago
  • Pine Nog ń pragtige stadige sluiterspoed foto Josef!! Die bewegende water vertoon pragtig met hierdie spoed geneem. Baie goed beplan en uitgevoer
    4 hours ago
  • Magda van der Merwe Ongelooflik mooi Josef
    6 hours ago
  • Johan Ayres Perfekte foto, kleur en kontras.
    6 hours ago
  • Hennie Cronjé Uitstekend! Die sterk voorgrond met die ondergeskikte agtergrond is goeie komposisie. Verder het die 1/2 sek goed gewerk. Baie mooi!
    8 hours ago
  • Elna Geringer Puik gedoen Josef, ek hou van die amper pastel kleur wat in die branders is. SS puik gedoen
    10 hours ago
  • Tersia Weitsz Die SS het jou n mooi foto gegee Josef
    11 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
Daar was baie verskillende soorte klein blommetjies in die veld toe ons 'n berg uitgeklim het in Golden Gate. Hier is een van hulle. Vir blou en pers moet mens altyd skaduwee oor die blom gooi omdat die kleure uitgewas raak in direkte sonlig.
16 hours ago
  • Pine Uitstekend gedoen Hennie!!. Pragtige primêr en sekondêr met ń baie mooi agtergrond.
    4 hours ago
  • Magda van der Merwe Pragtig Hennie
    6 hours ago
  • Johan Ayres 'n Pragtige, klassieke en tydlose foto.
    6 hours ago
  • Tersia Weitsz Dis pragtig gedoen Hennie
    10 hours ago
  • Elna Geringer Baie goeie plasing Hennie. Puik gedoen
    10 hours ago
  • Josef Steyn Mooi Hennie met uitstekende gebruik van 'n sekondêre objek.
    14 hours ago
Johan Ayres posted a photo
Hierdie is nog ‘n poging met natuurlike lig. Met die makrolens en sonder die kameraflits was dit nodig om die ISO na 1000 op te stoot. Die sluiterspoed van 1/1600 sek het vir my ‘n ‘n lensopening van f/5 gegee. Daarom is die velddiepte baie vlak, in…
yesterday
  • Tersia Weitsz Dit het jou n mooi foto gegee
    10 hours ago
  • Elna Geringer Die f/5 het gesorg dat die fokus 'n spesifieke plek in die foto skerp maak, die by se kop en bo lyf. Ek hou hiervan Johan
    10 hours ago
  • Josef Steyn Die sagte agtergrond en natuurlike lig maak hierdie foto uitsonderlik Johan. Pragtig.
    14 hours ago
  • Hennie Cronjé Skitterend! Die mooi kleure is opvallend en die vlak velddiepte gee baie mooi effekte. Die foto het ‘n mooi sagte aanslag weens die f5. Ook mooi skerp. Baie mooi en goed gedoen!
    18 hours ago
  • Pine Nog steeds ń baie mooi foto, al is die velddiepte baie vlak. Die fokus is skerp en die kleure pragtig. Puik gedoen Johan!! Dankie vir die foto en verduideliking. Hierdie foto wys net weereens die waarde van ń kameraflits
    yesterday
Pine posted a photo
Hy is baie klein en net so tussen 4.5 en 6.6mm lank
yesterday
  • Tersia Weitsz Baie mooi skerp met mooi kleure
    10 hours ago
  • Elna Geringer Ek ditto met die manne Pine
    10 hours ago
  • Josef Steyn Baie mooi Pine. Skerp en pragtige lewensgetroue kleur.
    14 hours ago
  • Hennie Cronjé Pragtig! Dis uitstekend uitgevoer met mooi skerp fokus en goeie beligting. Baie mooi!
    18 hours ago
  • Johan Ayres Sjoe. Superskerp met pragtige kleure en skitterende kontras. Jou makrofoto's is van 'n baie hoë standaard.
    yesterday
Vida van Schalkwyk posted a photo
yesterday
  • Tersia Weitsz Pragtig Vida
    10 hours ago
  • Elna Geringer Die lae plasing van die horison en die pragtige wolke maak die foto treffend. BGG Vida
    10 hours ago
  • Josef Steyn Mooi Vida
    14 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis ‘n baie mooi landskapsfoto. Die beligting op die lug is perfek. Op die land is dit onderbelig, maar die refleksie op die water kompenseer daarvoor met goeie kontras. Mooi skerp regdeur. Die horison is ook goed geplaas. Baie mooi!
    18 hours ago
JOHAN DE BEER posted a photo
Die lyne en eenvoud van die Langtoondam met 2 driehoeke as komposisie was vir my mooi
yesterday
  • Tersia Weitsz Dit trek beslis aandag, mooi!
    10 hours ago
  • Elna Geringer Lieflik Johan. Hierdie dam maak voorsiening vir baie mooi foto's BGG
    10 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis ‘n baie goeie foto met uitstekende komposisie. Pragtig!
    18 hours ago
  • Johan Ayres Wat 'n skitterende foto. Ek het aanvanklik gedink dit is 'n makrofoto, maar toe ek die foto oopmaak sien ek dit is 'n damwal. Pragtig.
    yesterday
Tersia Weitsz commented on Pine's photo
"wow"
yesterday
Tersia Weitsz commented on Josef Steyn's photo
"Ek hou van die kleure"
yesterday
Tersia Weitsz commented on Jan Jordaan's photo
"Puil Jan"
yesterday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html