Twee Swart Swane : Ons Groet

Liewe Klasmaats, waar begin ek vandag????

 So swart as wat die 2 swane in die foto is, so swart is my hart. Josef het my in Februarie 2014 aan Fotoskool bekend gestel en ek het sommer dadelik aangesluit. 'n Paar maande later het ek vir die kursus ingeskryf en na baie swoeg en sweet het ek my blou F+ gekry waarop ek baie trots was. Iewers in 2015 het ek ook vir Huey laat aansluit en die res daarvan is geskiedenis. Ek het nie nodig om te vertel van al die probleme wat daar was teen die einde van die ou FS blad nie en ek glo julle weet almal van die grys hare wat Igno by gekry het tov die ontwikkeling van die nuwe blad.  Ek kan onthou dat in 24 uur siklus, op die ou FS, het daar omtrent 4 "bladsy" en soms meer, foto's gekom en daar moes bont gestaan word om krits by almal te gee. Maar hoe lui die spreekwoord? "Those were the days......." Gelydelik het lede begin weg bly. Van die lede wat in 2014 daar was het minder as 10 oorgebly. Ek kan nie eers begin om te vertel hoe baie ek geleer het nie. Ek het heelwat mentors gehad wat altyd bereid was om te help met fotografiese probleme en ek en Huey het kosbare digitale vriende gemaak maar nou gaan ons groet. Glo my as ek sê dat die besluit glad nie maklik was nie. Aan elkeen wat so getrou deur die jare op ons foto's gekrit het, sê ons baie dankie. Elkeen was so waardeer. Hennie, vir jou saluut ons. Niks was ooit te veel moeite vir jou om raad en hulp te verleen nie. So baie dankies daarvoor.

 Ek weet die tyd van die jaar, gaan baie met verlof en die klas loop leeg en daarom is hierdie ook ons Kersfees wense vir elkeen van julle. Mag dit ‘n vreugdevolle tyd wees en mag julle dit voluit geniet. Ons wens julle almal ook ‘n baie geseënde 2022 toe en glo en vertrou dat die nuwe jaar net die mooiste vir julle sal inhou

 

 

Read more…
Votes: 0
E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Huey en Elna, ons is hartseer dat julle besluit het om Fotoskool te verlaat. As dit saam met julle ander verpligtinge te duur geraak het, kan julle gerus vir Igno vra vir vryskelding van die gelde. Julle bydraes op Fs is sô waardevol vir almal, dat ons julle graag hier sal wil behou. Oorweeg dit asb!
This reply was deleted.

Aktiwiteit

Johan Ayres posted a photo
9 hours ago
Zenobia Geldenhuys posted a photo
10 hours ago
  • Tina le Grange Zenobia hierdie is een van Sossusvlei se gewildste tonele; pragtig die groen grassies, droëbome en warm-kleur duine. Pragtig!
    10 hours ago
Zenobia Geldenhuys posted a photo
10 hours ago
  • Tina le Grange Zenobia, werklik 'n pragtige wintertoneel en ek hou van die panorama-effek.
    10 hours ago
Tina le Grange posted a photo
Goeie dag liewe fotoskool-vriende;  allerbeste wense vir 'n gesonde en baie voorspoedige, virusvrye 2022  
12 hours ago
  • Hennie Cronjé Welkom terug! Dis lekker om jou weer tussen ons te hê. Hierdie abstrakte beeld is pragtig! Mooi gesien en baie goed gefotografeer!
    12 hours ago
Liz posted a photo
Die Swart op die ys is afkomstig van vuurspuwende berge se laws lank gelede. Die gletsers is besig om te smelt en Sal met tyd minder word en verdwyn. Die oorsaak global warming. 
17 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis 'n taamlike dramatiese toneel, wat jy goed gefotografeer het. Mens kan nie glo so 'n gletser is 'n soort lewende entiteit met beweging, skraping van die grond, ens. Jammer hulle smelt so weg.
    12 hours ago
Liz posted a photo
Ons het n twee ure hike oor die gletser gedoen. Baie glad en mens moet met gripons in die ys inskop al die pad. Die hike is gevaarlik maar ook opwindend en tiresome. Dankie vir die aangename besoeke! 
17 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis pragtig! 'n Goeie komposisie, skerp fokus, goeie beligting en mooi kleure. Dit moet 'n besondere ervaring wees om op 'n gletser te stap. Baie dankie hiervoor. Dit gee ons 'n kykien in 'n onbekende wêreld.
    12 hours ago
Elna Geringer posted a photo
Baie dankie Herman, Pine, Hennie en Liz dat julle moeite gedoen het om by my foto te vertoef, ek waardeer dit. Hier is nog ‘n “Twirl” waar ek net een Smeerwortel blom gebruik het. 
19 hours ago
  • Hennie Cronjé Skitterend! Dis regtig uitstekend gedoen en pragtig! 'n Besondere kunswerk. Baie geluk hiermee!
    18 hours ago
  • Liz N wenner Elna. Baie goed uitgevoer 😊
    18 hours ago
Huey Geringer posted a photo
Baie dankie Johan, Pine en Hennie wat by my foto vertoef het, ek waardeer dit.  Dunkeld Estate is naby Dullstroom en ons eerste sonopkoms daar het so gelyk………Canon 60SX HS PowershotBrandpuntafstand : 18.81 mmTyd 1/60 sekf/5.0ISO 640Auto ModePin Light
19 hours ago
  • Johan Ayres 'n Pragtige foto, vol gevoel en atmosfeer.
    9 hours ago
  • Hennie Cronjé Dis 'n pragtige silhoeët! Alles is net reg gedoen - fokus, beligting en komposisie. Maar waarmee ek jou moet gelukwens is dat jy op hierdie oggend, toe daar "niks" in die lug was nie, 'n baie mooi en suksesvolle foto gemaak het. Baie mooi!
    18 hours ago
HERMAN posted a photo
Hierdie al 'n paar keer probeer,sover my beste poging
22 hours ago
  • Johan Ayres Puik, skitterend, ek het nie meer komplimente nie.
    9 hours ago
  • Liz Ever so creative. Uitstekend.
    17 hours ago
  • Hennie Cronjé Pragtig! Dis 'n besondere kunswerk wat baie mooi vertoon. Baier mooi!
    18 hours ago
  • Elna Geringer Dit is ook 'n tegniek wat ek glo 'n fotograaf lekker kan besig hou. Ek hou hiervan Herman
    19 hours ago
Hennie Cronjé posted a photo
Hierdie foto het ek met skuiffokus geneem. Drie foto's is geneem en telkens is daar 'n fraksie verder gefokus met 'n vlak velddiepte. Die drie foto's is met "stacking" op die rekenaar in Affinity Photo saamgevoeg. Die rede vir skuiffokus is om die…
23 hours ago
  • Johan Ayres Natuurlik is jou foto by die kwaliteit foto's ingesluit. Jy maak ons net so trots om jou as mentor te hê. Baie geluk met 'n skitterende foto. Die foto is vol atmosfeer en baie kunstig. Die kwaliteit van lig speel soos altyd 'n belangrike rol in jou…
    9 hours ago
  • Tina le Grange Hennie, skitterend met die skerp fokus op die paddastoel; dankie vir jou verduideliking en jou kommentaar by my skadu-foto.
    10 hours ago
  • Elna Geringer Briljant gedoen Hennie. Skuiffokus is beslis iets om te gebruik as fokus regdeur die raam skerp moet wees
    19 hours ago
Jan Jordaan posted a photo
yesterday
  • Johan Ayres 'n Skitterende foto.
    9 hours ago
  • Elna Geringer Puik gedoen Jan
    19 hours ago
  • HERMAN Baie mooi met die beweging op die vlerke
    22 hours ago
  • Hennie Cronjé Ook 'n uitstekende foto! Die kameraspoed was net reg om die by self skerp te kry, maar om beweging van die vlerke toe te laat. Dis baie goed gedoen. ASeker bietjie "panning" ook. Albei jou foto's is uitstekend, maar die ander een is die uitstaande…
    23 hours ago
Jan Jordaan posted a photo
yesterday
  • Johan Ayres Pragtig in vlug met baie goeie beligting.
    9 hours ago
  • HERMAN Baie mooi skerp,die lig op die by en die kleure is pragtig
    22 hours ago
  • Hennie Cronjé Sjoe, dit is ongelooflik mooi en goed uitgevoer. Mens kan net kyk en kyk en so jou bewonder aan die wonderlike skepping waarin ons woon. Baie geluk met 'n skitterende foto!
    23 hours ago
Lourens posted a photo
Dis my eerste keer wat ek hierdie tipe fotografie doen. Terwyl ek die foto neem stap daar 'n tannie verby en vra, "Speel jy lekker" en ek was bitjie ontkant gevang, maar ek dink toe na die tyd dat, ja ek het lekker gespeel. Fotografie is lekker, van…
yesterday
  • Elna Geringer Ek moes lag kry Lourens, ek kan nogal die tannie se gesig voor my sien...............Puik gedoen en jy het voorwaar lekker gespeel. Hou aan daarmee
    19 hours ago
  • HERMAN Die "speel" het 'n baie mooi foto tot gevolg
    22 hours ago
  • Hennie Cronjé Uitstekend gedoen! Dis pragtig en in alle opsigte baie goed uitgevoer. Baie geluk hiermee!
    23 hours ago
  • Johan Ayres Skitterend, hierdie is iets heeltemal anders. Dit is baie waar wat jy skryf, daar is so baie genres in fotografie. Dit maak ons stokperdjie so interessant, altyd iets nuut wat 'n mens kan probeer.
    yesterday
Lourens posted a photo
yesterday
  • JOHAN DE BEER Baie mooi foto
    18 hours ago
  • Elna Geringer 'n Baie unieke en goed beplande foto van 'n pragtige dier
    19 hours ago
  • HERMAN Baie mooi foto,staan mooi uit met die donker agtergrond
    22 hours ago
  • Pine Pragtig Lourens!
    yesterday
  • Johan Ayres 'n Skitterende foto met die kwagga wat baie mooi teenoor die agtergrond uitstaan.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Sjoe, hierdie zebra kom baie sterk oor en maak indruk! Dis pragtig en baie goed uitgevoer. Mooi!
    yesterday
Lourens posted a photo
yesterday
  • JOHAN DE BEER Goed gedoen!
    18 hours ago
  • Elna Geringer Sjoe............ek laaik wat ek ier sien Lourens. Stunning gedoen
    19 hours ago
  • HERMAN Baie mooi
    22 hours ago
  • Pine Weereens pragtig Lourens.
    yesterday
  • Johan Ayres Dieselfde resep as die kwagga foto met dieselfde uitstekende resultaat.
    yesterday
  • Hennie Cronjé Die lig op hierdie volstruis gee 'n pragtige effek. Dit laat die kop en nek baie mooi uitstaan. Die goed op 'n derde geplaas. Ook mooi skerp met goeie beligting. Pers mag 'n fraksie te stek wees. Met die onderste slider in die White balance aksie…
    yesterday
JOHAN DE BEER posted a photo
 Die blomme en landskap van Kirstenbosch
yesterday
  • Liz Wow dis amper n skildery!! Well done.
    17 hours ago
  • Elna Geringer Stunning Johan. Die voorgrond en die lug gee goeie balans. BGG
    19 hours ago
  • HERMAN Mooi natuurfoto
    22 hours ago
  • Hennie Cronjé Ai, dis net te pragtig! Die komposisie is baie goed, met 'n mooi sterk voorgrond, 'n middelgrond en agtergrond. Daar is 'n mooi oorgang in lig van voor tot agter, met helder lig voor en 'n effens donkerte agter, met die middelgrond (bome) iets…
    23 hours ago
  • Johan Ayres 'n Pragtige natuurfoto. Daar is baie lae en diepte in die foto. Die geel horisontale blommelyn is vir my die sleutel tot die sukses van die foto.
    yesterday
  • Pine Die landskap en foto is baie baie mooi Johan.
    yesterday
More…
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html