Druppels maak pragtige foto's. Wanneer mens die lens op sy wydste oopmaak (laagste f-stop), raak druppels verder weg as die fokuspunt sulke mooi skywe, soos in die middel van hierdie foto. Met hulle kan mens baie maak in die ontwerp van 'n foto.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Aktiwiteit
-
Johan Ayres Pragtige eenvoud. Die ongewone komposisie maak hierdie foto baie suksesvol. Iets anders.
Fujifilm X-t100, 16mm f1.4, 3min. Stilbaai 1:00 die oggend
-
Johan Ayres Lourens, baie welkom by Fotoskool vanuit die "makrogeledere." Ek sien sommmer hierdie foto is nie van 'n beginnerfotograaf nie. Skitterend.
Ek het 'n foto van hulle wat effe meer realisties is maar ek het hierdie een gekies omdat dit meer na abstrak neig.
-
Johan Ayres Miskien nog beter as gister se foto - en gister se foto was alreeds skitterend.
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer dit. Gister se foto het Tersia reg geraai………….dis by Riemvasmaak. Daar vandaan het ons na Blouputs gery en die verskynsel op pad daarheen gesien. Ons het geen idee wat dit beteken of…
-
Josef Steyn Pragtig. Lyk soos dwergies in hul huisies!!
Baie dankie aan elkeen wat by my foto’s vertoef, ek waardeer. Vandag se Tobie het ek by die Weskuspark in 2015 geneem Canon 50SX HS PowershotBrandpuntafstand : 183 mmTyd 1/160 sekf/6.5ISO 100Auto Mode
-
Josef Steyn Uitstekende detail op die tobi, Huey.
By 'n plaas slaghuis tussen Heidelberg en Swellendam
-
Josef Steyn Baie oulik.
Dis waar ons was tydens on onlangse besoek aan Cathedral peak. Die Didima kamp is so 3km van die hotel af. Die groot berge agter is toe onder die wolke in hierdie foto. Hierdie is my laaste foto van hierdie besoek.
-
Johan Ayres 'n Skitterende foto met pragtige kleure, diepte en komposisie.
-
Tina le Grange Hennie, as ek reg onthou, is dit vandag, 20 April jou verjaardag. My allerbeste wense vir 'n baie geseënde nuwe lewensjaar gevul met goeie gesondheid en baie vreugde uit ons HEER se HAND. Nogmaals baie dankie dat ek oor en oor by jou kan leer en…
-
Josef Steyn Baie mooi laaste foto. Fotografies was dit vir jou 'n baie vrugbare besoek.
-
Elna Geringer Lieflik Hennie. Die deel van RSA het maar mooi tonele vir ons fotograwe
-
Tersia Weitsz Met die dam in die voorgrond en die skerp van die berge het jou beslis n lieflike foto gegee
Daar is gereeld kunsuitstallings van plaaslike kunstenaars in Stilbaai en met so 'n uitstalling het ek die skilderye 'gezoom'. Dit was uiteraard uit die hand gedoen. Hierdie een is by f18,en ISO 125 gedoen en dit het 'n sluiterspoed van 1 sek.…
-
Tersia Weitsz Jy maak 'n nuwe kunswerk van 'n kunswerk, interessant en mooi
-
Hennie Cronjé Dis pragtig! Hier is 'n goeie fokuspunt waaraan mens se oog kan bind, met die mooi dinamiese strale wat uitstraal. Ook mooi kleure. Baie goed gedoen!
-
HERMAN baie mooi
-
Johan Ayres Skitterend. Ek wil jou gelukwens met die innoverende idees waarmee jy die laaste ruk mee vorendag gekom het. Jou eksperimente het pragtige en soms verrassende resultate gelewer.
-
Tersia Weitsz Ek hou baie hiervan Ingrid
-
Josef Steyn Jou interessante invalshoek trek aandag Ingrid. Die fokus is ook skerp regdeur. Goed gedoen.
-
Hennie Cronjé Die hoek waaruit jy die foto geneem het, maak die foto baie interessant. Dis omdat ons normaalweg nie so na 'n blom kyk nie. Die foto is tegnies baie goed uitgevoer, met 'n goeie agtergrond wat goeie kontras verskaf. Baie mooi!
-
Tersia Weitsz Dis pragtig!
-
Josef Steyn 'n Mooi prentjie Ingrid. Tog voel ek die fokus op die sentrum kon bietjie beter. Dit lyk of die fokuspunt op die een blaar agter geland het. Jy sal sien die agterste een se geelgroen sentrum is ook mooi skerp. Dit is egter baie moeilik om vir so 'n…
-
Hennie Cronjé Pragtig! Die lig val baie mooi op die blomme. Verder is die foto ook baie goed uitgevoer betreffende fokus, beligting en kleure, asook agtergrond. Baie mooi!
As gevolg van die agtergrond het hierdie foto nie die sterk kontras van die vorige foto's nie, maar ek hou van haar parmantige houding. (Vir interessantheid, dit is beslis vroulike bidsprinkaan. En op die foto kan gesien word dat sy hoog swanger is.…
-
Tersia Weitsz Dankie vir inligting en prag foto
-
HERMAN Sy het nogal 'n houding.
Baie mooi -
Josef Steyn Die outjie het jou besig gehou!! Mooi foto.
-
Hennie Cronjé Parmantig is sy beslis! Dit lyk amper asof sy vir jou tong uitsteek. Baie goed gefotografeer. Ek hoop jy sal die bevalling kan fotografeer....
Op Hennie se voorstel om toneel donkerer te maak om meer drama en minder oor belig te wees
-
Tersia Weitsz Baie mooi
-
Josef Steyn Mooi Donald.
-
Hennie Cronjé Dit het gewerk - baie dankie vir jou moeite. Nou is dit 'n pragtige foto met voldoende impak. Baie mooi!
-
Josef Steyn Dit is hartverskeurend. Dankie vir die wys.
-
Hennie Cronjé Sjoe, maar dis erg - drama! Die foto is treffend en baie goed uitgevoer. Baie mooi!
-
Tersia Weitsz Die drama goed vasgevang, dit lyk erg! Goeie foto
Comments