Die effek van Filters

Ek sal dit waardeer as die Fotoskolers op die volgende kwessie kan reageer

Op een van my kameras het ek Sigma 24-35 f2(Art). Ek het ook n Tiffen UV 82 mm filter wat ek gebruik om die lens te beskerm Dit wil voorkom of die onderwerpe wat ek met hierdie kombinasie fotografeer is, nie so skerp is as, wat ek verwag het dit behoort te wees nie. My eie ervaring is dat wanneer ek laasgenoemde kombinasie van kamera en lens sonder die Tiffen UV filter gebruik, wil dit blyk dat die fotos skerper is.

Ek verneem graag of enige Fotoskoler n opnie hieroor het of n soorgelyke ervaring beleef het.

E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Hallo Frans. Daar is net een verklaring: die filter is nie opgewasse vir die taak van skerpte nie. Met so 'n lens sal ek aanbeveel jy gebruik hom sonder filter. Dis 'n wyehoeklens en jy gaan nie met hom tussen plante rondkruip soos met makro-fotografie nie. Boonop is daar gewoonlik 'n ringvormige skerm op die lens wat keer dat harde objekte nie tot teen die lens kom nie. Haal die filter af en geniet die lens tot sy volle potensiaal! Groete, Hennie

  • Hallo Frans, Sjoe, ek het al lekker debatte oor hierdie ding gehoor. Baie mense glo dat 'n UV filter goedkoop glas is wat jy voor die duur glas (jou lens) plaas. Sal graag wil sien waarheen hierdie debat ons voer... Groete Igno

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html