Fotoskool 2021 veranderinge

Hallo Fotoskolers,

Ek hoop dit gaan sommer voor die wind aan julle kant! 

Hierdie e-pos gaan dalk bietjie langer as die gewone neem om te lees; maar daar is baie belangrike informasie wat ek moet deurgee.

Eerstens: Fotoskool het geskuif na nuwe bedieners wat vinniger is, ander funksionaliteit bied. In sekere gevalle is dit beter as die ou webwerf in ander gevalle nog nie. Dit kan dalk 'n tydjie vat om gewoond te raak aan die webwerf; maar ons moes van die ou tegnologie af wegbeweeg. As julle die nuwe webwerf wil besoek gaan gerus na: https://fotoskool3.ning.com/ Die gewone fotoskool skakel gaan ook binnekort daarheen wys.

Tweedens: Vir die afgelope 11 jaar kon ek Fotoskool se onkostes dra; maar weens verskeie faktore (wisselkoers, prysveranderinge in terme van bedieners ens) is ons nou genoop om fotoskool op 'n betaal-grondslag te bedryf. Ons het baie lank debatteer, sowel as lede se insette gekry, en wil Fotoskool so bekostigbaar moontlik hou, en steeds waarde toevoeg.

  • Die eerste wat ons begin doen het, is om materiaal uit die FotoskoolPlus-program op die gewone fotoskool blad te deel. Hierdie maand is die Fotografie van Blomme een van die opsies waarna julle kan gaan loer.  Ons gaan ook die Photoshop DVD reeks oordra na die gewone webwerf, sowel as ander lesse/zoom-gesprekke wat maandeliks bygevoeg gaan word. 

Daarna het ons na kostes gekyk. Ons opsie is om vir 2021 te werk op 'n koste van R50.00 per maand, (Net so bietjie meer as melk en brood :-))of R500 vir die jaar. Hierdie model sal vanaf 1 Februarie geldig wees. Dus, as betalings nou of voor 1 Februarie gemaak word sal die R50.00 geldig wees vir Februarie (Januarie sal steeds kosteloos wees).

  • Indien jy nie 'n betalende lid wil wees nie, sal jy steeds 'n lid bly; maar net nie foto's kan oplaai vir kommentaar nie. Jy sal wel na kommentare kan kyk.
  • Indien jy graag 'n lid wil bly, maar jy het nie die finansies nie, sal ons jou akkommodeer as lid, stuur net gerus vir my 'n e-pos by ignophoto@gmail.com en laat weet dat jy nie tans lidmaatskap kan bekostig nie. Ons wil graag almal akkommodeer, en sal verstaan as jou ekonomiese omstandighede jou nie toelaat om R50.00 per maand te bekostig nie.
  • Ons is heeltemal bewus dat daar dalk probleme met die oorgangsproses kan wees, so ons doen ons bes om te verseker dat dit so maklik moontlik gaan werk.
  • Indien jy jou ledegeld vir die jaar of maand wil betaal, kan jy dit tans inbetaal by die fotoskool rekening met die volgende besonderhede -
  • (gebruik asb jou naam as verwysing en stuur 'n bewys van betaling aan ignophoto@gmail.com)

 

Rekeningnaam: Fotoskool

Bank: Standard Bank

Tipe: Tjek

Takkode: 055534

Rekeningnommer: 422 193 658

 

  • Ons hoop om gedurende die week ook 'n Paypal opsie beskikbaar te maak vir betaling, ek is net tans besig om met FNB te stoei :-).
  • As julle enige vrae of kommentaar het, laat weet gerus - voorstelle is ook welkom.

 

Fotoskool Groete

Igno

E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html