'n Woord van waardering

Ek is nie die amptelike woordvoerder van die Fotoskool lede nie, maar ek is oortuig daarvan dat ek namens almal praat wanneer ek baie dankie sê vir dit wat Fotoskool vir ons beteken. Baie dankie aan Igno en Hennie wat hierdie platform aan ons bied om ons stokperdjie uit te leef en te geniet. Ek weet nie wie almal agter die skerms betrokke is nie, maar baie dankie. Iemand maak hierdie webwerf moontlik en van êrens af moet dit sekerlik befonds word.

Toe die Fotoskool webblad vir die afgelope twee dae van die web af "verdwyn" het, het ek net weer besef hoe groot deel Fotoskool van ons lewens geword het. Ons aanvaar dit as vanselfsprekend dat die blad maar daar moet wees vir ons om foto's te plaas. Wanneer jy die dag as gevolg van tegniese probleme nie 'n foto kan plaas nie, voel 'n mens half "verlore."

Dit het my sommer net laat dink, indien Fotoskool eendag nie meer bestaan nie, waar gaan ons, ons foto's plaas? Waar gaan ons weer 'n kindervriendelike en Afrikaanse webwerf kry waar dit voel asof ons mekaar ken? Baie dankie ook vir al die lede wat die etos van Fotoskool beskerm en respekteer. 

Lank lewe Fotoskool.

Johan Ayres

 

E-mail me when people leave their comments –

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comments

  • Johan, jy voer geldige argumente aan. En ja, die kommersiele kwessie is belangrik maar hou in gedagte dat web werwe kan geld van adverteerders ook bekom - hoe meer besoekers (traffic) hoe meer waardevol is dit vir adverteerders en dus hoe duurder om op die blad te adverteer. Mens moet ook vra hoe realisties is R100 pppj? Gaan dit noodwendig n verskil maak aan die koste van berging/stoor ruimte? 

  • ja Johan, ek was ook baie bly en verlig dat Fotoskool weer beskikbaar was; het sommer groooot geskrik!! - Ek dink Elna se voorstel van R100 (of watter bedrag ook al) is 'n goeie idee!!

  • Ek en Huey styem 100% saam Johan. Sonder FS is my dag sommer net onderste bo. Ek het al lankal gedink dag ons Igno moet nader en voorstel dat FS 'n betaalende platform word. Al dra die aktiewe lede net R100.00 'n jaar by, glo ek dit gaan help en die lede wat genot uit FS put gaan dan gesif word van die wat net aan gesluit het maar nog geen bydrae gelewer het nie

  • Johan, baie dankie, ek stem saam. Fotoskool beteken vir ons baie.

  • Baie waar Johan. Dit beteken dat ons Fotoskool moet koester en veilig hou.

  • Johan, dankie hiervoor. Ek stem 100% saam met jou, en dink jy het baie goed verwoord in watter mate Fotoskool ons almal se lewens verryk.

This reply was deleted.
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html