All Posts (499)

Sort by

Bietjie meer oor die FotoFUNatix speletjie.

Hallo Julle,

Net om te laat weet dat FotoFUNatix vir 7-9 Desember op Spesiale Aanbod is vir R120.00 (en dan R30.00 posgeld in Suid-Afrika).  Ons kan 100 speletjies op hierdie aanbod verkoop. Indien jy belangstel, stuur gerus 'n e-pos aan ignophoto@gmail.com.

Loer gerus na die video hierbo om te sien hoe die speletjie werk.

Groete

Igno

Read more…
Comments: 2

Nuutste Korrespondensie - Baba is baie naby

Hallo Fotoskolers

Die van julle wat kinders het sal seker onthou met watter spanning, afwagting, opgewondenheid en vrees die geboorteproses plaasgevind het.

'n Deurmekaarspul van emosies.

Ons Fotoskool-speletjie is oppad en ek ervaar dieselfde emosies ---

Wat as die drukkers al die kaartjies deurmekaar maak?

Wat as die teks op 'n kaartjie afgesny is?

Wat as niemand belangstel nie?

Wat as dit nie betyds klaar is vir die Expo volgende week nie?

Wat as die kaartjies nie in die kassies pas nie?

En dan skop die ander helfte in...

Hoe lekker was dit nie om al die kommentare op fotoskool deur te gaan en te verseker dat dit deel van die Beginselkaarte word nie?

Hoe lekker was dit nie om met vriende en familie die beta-speletjie te toets, en te ervaar hoe hulle deel word van die hele proses nie (Ook Skolers soos Susan & Hugo, Prof Hennie, Hendrik, Fanie het idees gedeel).

Hoe lekker was dit nie om te sien hoeveel pret dit kan wees om meer van fotografie te leer nie!

Vir almal wat die Beta-weergawe bestel het ---

So jammer dat die baba effe later kom; maar ek hoop en vertrou dat julle jare se pret uit die speletjie gaan kry. Na alle kostes in ag geneem is, wil dit voorkom asof die finale koste van die speletjie in die omgewing van R200.00 (in die handel) gaan wees.

Die Foto-kaarte word tans by die drukkers gesny, gedruk, gesorteer. Die houertjies is vannag oppad met die koerier. Die dobbelsteentjies is hier. Die reels is opgestel, geproeflees en afgedruk. (Die speletjie gaan in Engels en Afrikaans gedruk wees).

En ek wag vir die oproep van die ontwerper sodra hulle alles van die drukker ontvang.

Dan hoop ek dat die manier waarop ons van fotografie leer dalk vir altyd sal verander :-)

Ek hou julle op hoogte.

Hou duim vas vir die baba.

Groete

Igno

Read more…
Comments: 2

Nuutste Korrespondensie 27 Julie 2017

Hallo Fotoskolers,

Ek hoop dat die meeste van julle al die ergste winter deurgesien het, en dat die eerste tekens van lente begin wys. Waar ek ookal met fotoskolers gesels, is die behoefte aan reen groot. So, kom ons hoop vir 'n lente van lekker reen!

Leer fotografie met 'n kaartspeletjie en hope pret:

Vir die afgelope jaar al loop ek met 'n gedagte van 'n speletjie (kaartspeletjie) wat 'n mens die beginsels van fotografie leer! Na 'n paar dae se verlof in Julie-vakansie is ek baie opgewonde om julle mee te deel dat die speletjie nou in ontwerpfase is. (By die ontwerper en oppad drukkers toe)! Ons verwag die eerste druk in die begin van Oktober; maar ek deel graag hier die denkwyse agter die eerste verspreiding (Enige voorstelle is welkom!).

Met die eerste druk gaan ons probeer spaar op bykomstighede soos 'n uurglas (timer), ons gaan ook die verpakking probeer goedkoop hou (dus, dit gaan nie so mooi wees soos die finale produk nie), maar ons wil dit teen die billikste moontlike prys vir "beta-gebruikers" beskikbaar stel. Ons sal graag van hierdie gebruikers wil terugvoer kry of die speletjie vir hulle werk, en of ons enige veranderinge moet aanbring voor die finale weergawe gedruk word. 

Maar hoe werk die speletjie...?

Ek brand om alles te vertel - maar weens kopiereg en ander vereistes kan ek net die volgende deel:

3 Of meer spelers kan speel.

Daar is verskillende rondtes waarin jy 'n foto teen ander deelnemers se foto's moet verdedig. Die "beginsels" van verdediging het my gekos om deur al die terugvoer op foto's op fotoskool te werk, en die belangrikste elemente te kies. Jy kry dus "Fotoskool in 'n boks :-). 'n Klompie foto's en 'n klompie kaarte waarvolgens jy jou fotokaarte kan verdedig... en dan begin die pret.

Om te kan speel het jy nie baie fotografie kennis nodig nie, maar met dit wat jy in die speletjie leer gaan jy sommer vinnig vinnig verstaan wat die vereistes vir 'n goeie foto is.

Nou waarom vertel ek nou al...?

Ons wil graag 100 beta-toetsers vir die speletjie kry. In ruil vir die feit dat jy nie die mooiste verpakking, 'n uurglas en "tokens" kry nie, kry jy die speletjie teen 'n verlaagde koste, jy kry die geleentheid om insette te lewer, en ons kry uit die eerste betalings voldoende fondse om die aanvanklike kostes te dek.

En natuurlik sal fotoskool se vernaamste reel geld oor enige iets wat ons te koop aanbied. Indien die produk jou teleurstel sal ons jou gelde terugbetaal.

Nou ja, hoe gemaak as jy 'n Beta-Toetser wil wees?

Vir Beta Toetsers gaan ons die speletjie teen R120.00 beskikbaar stel. Dit sluit basies 'n pakkie-fotokaarte en fotografie-beginselkaarte in. Dit behoort op die laaste teen einde September beskikbaar te wees.

As jy graag aan die beta-toets pret wil deelneem, kan jy tot 15 Augustus 'n inbetaling van R120.00 maak met jou naam en "beta" in bankverwysing. Vir persone buite Bloemfontein (maar steeds in Suid-Afrika), sal daar 'n addisionele R20.00 posgeld gehef word. (Dus R140.00). Jy kan dan net 'n bewys van betaling stuur aan my by ignophoto@gmail.com. Ons rekeningbesonderhede is onderaan.

As daar enige vrae of voorstelle is, laat weet my gerus. Tans sien ek ongelooflik uit na die koms van hierdie speletjie-baba met al sy/haar fotoskool gene.

Groete

Igno

Ps Onthou gerus dat die beta-weergawe nie so duursaam gaan lyk soos die finale weergawe nie; maar die pret sal nie minder wees nie!

Ons rekeningbesonderhede is die volgende:

Rekeningnaam: Fotoskool

Bank: Standard Bank

Tipe: Tjek

Takkode: 055534

Rekeningnommer: 422 193 658

Read more…
Comments: 2

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers,

En so is ons bykans by die kortste dag (en die langste nag) van die jaar. Dis nou vir Fotoskolers in ons eie Suidelike halfrond – van julle in ander dele van die wêreld stuur dalk af op die langste dag van die jaar. So, maak seker nie saak wat ons verkies nie, die lekkerste van fotografie bly die feit dat elke dag nuwe veranderinge bring, die veranderinge bring nuwe seisoene, en die seisoene bring nuwe geleenthede.

By Fotoskool is daar ook ‘n paar veranderinge op pad...
Ek sal binne die volgende week of twee meer inligting deurgee; maar ek hoop en glo dat alles positief sal wees!

Eerste verandering: Fotoskool + Kursus is oop vir 'n volgende inname en skuif na ‘n nuwe platform:
Die eerste groot verandering is dat ons FOTOSKOOL+ kursus, wat uit ongeveer 35 lesse en ‘n klompie werksopdragte bestaan, na ‘n nuwe platform beweeg. Ons gaan dit ook effens anders probeer benader, sodat klasgroepe saam deur die kursus werk. Die Winter-inname (Registrasie vanaf nou tot 30 Julie, nie meer as 12 persone nie) gaan ‘n bonus kry – omdat die platform nog nie getoets is nie, en daar dalk effense frustrasies kan wees, wil ons die kursus nog een keer teen die verlaagde prys van R2200 aanbied. Indien jy belangstel om deel van hierdie groepie te wees, laat weet my gerus by ignophoto@gmail.com. Loer ook gerus by hierdie skakel vir meer inligting oor die kursus. Hierdie kursus sal op 1 Julie begin, en die laaste opdragte moet teen Julie 2018 voltooi wees.

Druk van Foto’s:
Vir die van julle wat foto’s laat druk, daar is is uitstekende aanbieding by Exporama in Bloemfontein tot die einde van Junie. Hulle lewer landswyd af. Loer gerus na die aangehegte dokument (onder) vir meer inligting.

Ek deel binnekort meer oor die komende veranderinge.

Groete, en mag die seisoen se draai vir elkeen van julle puik lig in jou lens en lewe beteken!
Igno

Read more…
Comments: 2

GOEIE NUUS!!!!

Wil jy Photoshop koop maar dis te duur? Wel, ek het goeie nuus vir jou. Daar is nou 'n program op die mark wat sterk aan te bevele is: AFFINITY PHOTO version 1.5. Dit kos ongeveer R800 in SA. Dit het in 'n oorsig in Digital Photo 5/5 sterre gekry. Ek haal aan: "Affinity may be very much its own software, but we can't help thinking that this is what Photoshop would look like if Adobe listened to every piece of feedback it received". Alles wat mens nodig het, is daar (behalwe miskien Layers & Masks - ek is nie seker nie). Sover ek kan sien, lyk dit beter as Elements en baie soos Lightroom. Ek het op die internet ook gaan kyk en dit lyk werklik indrukwekkend. So. dit lyk my hier is die arm man se Photoshop!

Hennie Cronjé

Read more…
Comments: 5
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html