All Posts (499)

Sort by

Hallo Fotoskolers,

Voordat ek 'n baie belangrike saak aanraak, nl die pad vorentoe vir fotoskool, wil ek net noem dat daar 'n addisionele twee weke is waartydens die Light On Leadership boek (of e-boek) vir die voorafbestellingspryse beskikbaar is. Klik gerus hier as jy belangstel. Vanaf 31 Oktober sal dit teen gewone markprys te koop wees. So, as jy dalk nog 'n kersgeskenk in gedagte het. Dan is daar natuurlik ook Josef en Hennie se fotografie handleiding, wat net so besonders is...Klik gerus hier as jy meer wil weet.

Toekoms van Fotoskool:

Ons het verskeie lede wat die versoek gerig het dat ons die standaard van foto's op fotoskool moet verhoog. Die huidige dilemma is dat daar tans briljante sowel as swakker foto's op die webwerf is. Hennie doen sy bes om elke foto op meriete te beoordeel, maar nou het ons beginner-fotograwe wie se foto's met ervare fotograwe vergelyk word. Die probleem is dubbelle standaarde. Sommige mense benodig motivering, ander kritiek. Soms lewer lede kommentaar waar gemiddelde of selfs swak foto's aangeprys word. Dit kan natuurlik dien as motivering vir die fotograaf; maar dit beteken ook dat ons standaarde betwyfel word.

Verskeie lede het al voorstelle gemaak, en ek nooi julle graag vir insette, (hierdie korrespondensie sal as blog geplaas word, en opmerkings kan dan onderaan gemaak word; maar loer ook gerus na ander gesprekke bv Gabriel Parsons se "Bietjie Kritiek" op die Forum (regs op die Fotoskool bladsy).

Wat volg is net voorstelle/idees wat reeds genoem is, maar ons is oop vir enige moontlikhede:Ons wil nie graag twee webwerwe gebruik nie, want dan kry beginners nie kans om van Gevorderde Fotograwe te leer nie. Dit is egter 'n oorweging. Voorts kan ons kyk na 'n betaalmodel; waar mense wat meer ernstige/professionele kritiek op hulle foto's verlang dalk 'n maandfooi/jaarfooi kan betaal en in 'n "betaalde lid" kategorie geplaas word. Ons sal altyd ons bes doen om Fotoskool se gewone funksies kosteloos te hou. 'n Ander idee is om Fotoskool soos 'n kameraklub te benader waar lede wat ledegeld betaal in bepaalde "kategoriee/sterklasse" geplaas word, en appels dus met appels vergelyk kan word. 'n Klein icon sal dan die persoon se sterklas aandui (Frans van Heerden het al 'n paar jaar gelede hierdie voorstel gemaak).

Ons wil graag die gees van fotoskool behou, maar ons wil verseker dat almal baatvind; so kom gooi gerus jou stuiwer in die armbeurs deur op hierdie blog kommentaar te lewer (op die Fotoskool webwerf).

Groete

Igno

Read more…
Comments: 8

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers,

8349375495?profile=original
Jammer, dit het niks met #FeesMustFall te doen gehad nie:

Eerstens, ons is jammer oor die bedieners van ons diensverskaffers wat gemaak het dat sommige fotoskolers nie die afgelope week of so by fotoskool kon inval nie. Ons hande was afgekap; maar die verskaffers, ning, is skynbaar in 'n proses om oorgekoop te word, so ons glo dit gaan beter gaan. (Sjoe, maar die mense is beswaard as fotoskool se hekke sluit :-))


Verf met Lig:

Die van julle wat in Bloemfontein is hierdie naweek, loer gerus in by Lientjie se verf met lig werkswinkel. Klik op die skakel vir meer besonderhede.

Toets/Proef:

Nadat ek die fotoskool winkel gebruik het vir boekverkope, het die idee ontstaan om ons Kiekhier Audio Reeks, wat op CD beskikbaar was (dit was vroeer die fotoskool potgooie), ook digitaal beskikbaar te maak. Die winkel is in 'n toetsfase, so as iemand belangstel en dit wil aankoop, daar is meer as 30 kort lesse, en dit is dan ook in die fotoskool winkel beskikbaar. (Vir die van julle wat graag MP3's in die motor luister). Vir die duur van die toetstydperk sal dit vir R50 verkoop word. (Ons wil graag toets, en ook kompenseer vir moontlike ongerief). As iemand probleme daarmee kry, laat weet gerus, dan vind ons 'n manier om dit met jou te deel.

Vakansie Leesstof:

Vir die van julle wat nog nie Hennie en Josef se boek aangeskaf het nie, maak gerus 'n punt daarvan om dit as vakansie-leesstof aan te skaf. Dis een van die mees praktiese en leersame boeke oor fotografie wat jy kan lees!

Groete

Igno

Read more…
Comments: 0

Die E-boek is hier...

Hallo Fotoskolers!

Dit is met groot vreugde dat ek kan deel dat die e-boek weergawe van Light On Leadership beskikbaar is...

8349375478?profile=original

Die gedrukte boek is op koers om volgende week te verskyn! Vir die van julle wat vooraf bestel het, die boek sal DV Vrydag in die pos of aflewerbaar (in Bloemfontein) wees.

Vir die van julle wat nie kan onthou nie, heg ek meer inligting aangaande die boek teen die einde van die e-pos aan.

Die e-boek kan nou op hierdie skakel aangekoop word. Vir die volgende week sal dit nog teen die voor-bestelling prys van R150.00 eerder as R180 beskikbaar wees. Die rede is dat ek dalk 'n paar probleme met die tegniese gedeeltes kan ervaar, en ek wil diegene wat saam met my deur die toets-pyne gaan stoei graag tegemoetkom. Mens kan dit mos nie toets voordat dit "lewendig" is nie.

Indien enige van julle die boek aankoop en stoei met die aflaai, laat weet my gerus by ignophoto@gmail.com.

Die boek is groter as 20MB, so indien jy dit aflaai, wees maar bietjie geduldig as dit stadig voel...

Groete en heerlike naweek.

Igno

Meer inligting oor die boek:

Light on Leadership! Finding, Framing and Focusing your story.
 
Nee, die boek is nie 'n fotografie handleiding nie!
Nee, dis nie 'n suiwer besigheidsboek nie!
Nee, dis nie 'n geskiedenisboek nie!
 
Ja, dit is 'n storie, en ja fotografie en geskiedenis speel 'n belangrike rol, en ja, daar is hope inspirasie vir individue, entrepreneurs en besigheidsmense!
 
So, vir fotoskolers wat graag wil deel in die storie van hoe 'n fotograaf iemand anders kan laat kyk na die lewe...
 
HIER IS DIE GELEENTHEID...
  
Die meeste van julle sal weet dat ek nie 'n groot bemarker of verkoopspersoon is nie; maar ek voel so gemaklik om hierdie boek aan julle bekend te stel.  Hier is die reaksie van die eerste lesers (voordat dit na die finale ontwerpfase is):
 
"Light on Leadership is a gorgeous and compelling read, easily digestible, both amusing and sad. It combines powerful allegorical, historical, anecdotal and biographical storytelling elements, a grand feat, and I recommend it to all who envisage a better world.”
 
In Light on Leadership I received the gift of transformation of the hearts and minds of leaders who are transported by the power of our human storying and meaning-making capacity.

“WhiIe reading Light on Leadership, I giggled, I jumped in the air - and I cried. I was moved.”

Read more…
Comments: 0

Eerste idee van hoe die boek gaan lyk...

Hallo Fotoskolers,8349374682?profile=original

Ek wil sover baie, baie dankies deel met almal wat reeds my boek vooraf-bestel het. Ek waardeer dit ongelooflik baie. As ek doodeerlik moet wees, maak dit my selfs effe bang wanneer mense voorafbestellings plaas, want mens wil mos niemand teleurstel nie. 

Dis amper soos 'n bruid wat vooraf betaal vir troufoto's...

Hierdie voorafbestellings help baie met die befondsing van die druk van die boek.

Danksy die ontwerper het ons nou al 'n prentjie van hoe die boek gaan lyk. Deel gerus julle opinies oor die voorblad. (Positief of negatief).

Dit wil voorkom asof die ontwerp teen die einde van hierdie week sal klaar wees.

Dan is dit die laaste rondte proeflees... en dan drukkers toe!

Ten einde 'n bestelling te bevestig, kan die geld deponeer word in die Fotoskool rekening. Gebruik asb jou naam as verwysing. En stuur dan 'n epos aan my by ignophoto@gmail.com - met adresbesonderhede indien nodig. Hier is die rekeningbesonderhede:
Rekeningnaam: Fotoskool
Bank: Standard Bank
Tipe: Tjek
Takkode: 055534
Rekeningnommer: 422 193 658

Read more…
Comments: 3

Igno se nuwe Baba

8349374864?profile=original

Hallo Fotoskolers,

My baba is oppad!

Na lang jare van swoeg en sweet, is ek so opgewonde om die nuus te deel!
Een van my groot drome was nog altyd om my passie vir fotografie, vir geskiedenis, en vir stories iewers byeen te bring.
En nou gebeur dit!


Teen einde September verskyn my boek: Light on Leadership! Finding, Framing and Focusing your story.
 
Nee, die boek is nie 'n fotografie handleiding nie!
Nee, dis nie 'n suiwer besigheidsboek nie!
Nee, dis nie 'n geskiedenisboek nie!
 
Ja, dit is 'n storie, en ja fotografie en geskiedenis speel 'n belangrike rol, en ja, daar is hope inspirasie vir individue, entrepreneurs en besigheidsmense!
 
So, vir fotoskolers wat graag wil deel in die storie van hoe 'n fotograaf iemand anders kan laat kyk na die lewe...
 
HIER IS DIE GELEENTHEID...
 
Indien enige persoon die boek vooraf wil bestel, (die mooi Afrikaans is "pre-order"), wil ek graag die geleentheid gee om dit teen die beste moontlike prys te bekom.
Waarom vooraf bestel?
Om die boek teen die mees billike prys te ontvang, sowel as om te verseker dat jou kopie gereserveer word.
 
Die meeste van julle sal weet dat ek nie 'n groot bemarker of verkoopspersoon is nie; maar ek voel so gemaklik om hierdie boek aan julle bekend te stel.  Hier is die reaksie van die eerste lesers (voordat dit na die finale ontwerpfase is):
 
"Light on Leadership is a gorgeous and compelling read, easily digestible, both amusing and sad. It combines powerful allegorical, historical, anecdotal and biographical storytelling elements, a grand feat, and I recommend it to all who envisage a better world.”
 
In Light on Leadership I received the gift of transformation of the hearts and minds of leaders who are transported by the power of our human storying and meaning-making capacity.

“WhiIe reading Light on Leadership, I giggled, I jumped in the air - and I cried. I was moved.”
 
Die boek word in vol kleur gedruk, met die verhaal, sowel as ondersteunende foto's.

Die gedrukte koste sal R295 per boek beloop.
Die e-boek se koste sal R180.00 per boek beloop, en ek kan belowe dit gaan pragtig ontwerp wees! Een van die land se beste ontwerpers help met die uitleg!
MAAR,
As jy dit egter voor 15 September bestel en betaal, sal die volgende pryse geld:
 
Gedrukte boek: R255 wat posgeld uitsluit
E-boek: R150.
 
Dus 'n korting van R40.00 op die gedrukte boek, of R30.00 op die e-boek.
 
Die boek is in die finalae ontwerpfase, ek kan net belowe dit gaan nie alleen 'n lekker storie wees nie; maar ook 'n pragtige boek; met ondersteunende grafika - en foto-verassings!

8349374492?profile=original
 
Nee, daar is ongelukkig nog nie 'n Afrikaanse weergawe nie - maar ek hou sooo duimvas dat dit suksesvol genoeg sal wees om 'n Afrikaanse weergawe te regverdig! Maar dit kan nog 'n jaar of vyf neem.
 
Ten einde 'n bestelling te bevestig, kan die geld deponeer word in die Fotoskool rekening. Gebruik asb jou naam as verwysing. En stuur dan 'n epos aan my by ignophoto@gmail.com - met adresbesonderhede indien nodig. Hier is die rekeningbesonderhede:

Rekeningnaam: Fotoskool

Bank: Standard Bank

Tipe: Tjek

Takkode: 055534

Rekeningnommer: 422 193 658


Light On Leadership Facebook Page


Ek plaas op die fotoskool blog 'n voorbeeld van sommige bladsye. Ek heg ook aan hierdie dokumentasie...Net om julle die idee te gee!light_on_sample_1.jpg

 

Read more…
Comments: 2

Skryf Effektiewe Blogs - Bloemfontein

Hallo Almal

Skryf effektiewe blogs!

As fotograwe is dit dikwels maklik om met een foto meer te sê as wat ‘n duisend woorde kan doen.

Maar wat daarvan as ek foto’s en woorde kan kombineer?

Van die wêreld se topfotograwe het bekend geword danksy hulle blogs. Nie alleen was daar foto’s nie – daar was aangrypende stories...

Dorian Haarhoff is nie alleen ‘n meesterlike storieverteller nie, (sy boek “The Writer’s Voice,” is een van die toonaangewende boeke oor die skryfkuns), hy is ook ‘n afrigter van skryfkuns. Hy is op 16 Augustus in Bloemfontein. Ek het versoek dat hy vir fotograwe wat blogs wil skryf (jy wil mos so min as moontlik skryf; maar soveel as moontlik sê) ‘n kursus aanbied oor: “Short blog – Tall Story.” Hoe om met die minimum woorde kragtige blogs te skryf wat jou fotografie-besigheid kan versterk, jou kliënte kan verras, en sal verseker dat mense wil lees wat jy sê.

Dorian kan so 15-20 mense akkommodeer; dit sal vanaf 14:00 tot 17:00 op Dinsdag, 16 Augustus in Bloemfontein aangebied word.  Die “venue” sal bevestig word.

Kostes beloop R400 per person.

Ek sal die plek nog bevestig. Laat weet gerus as daar van julle is wat belangstel deur ‘n e-pos te stuur aan ignophoto@gmail.com. Ek sal ongelukkig op ‘n “first come, first serve” basis moet werk.

Groete

Igno

Read more…
Comments: 0

Baie Baie dankie, Fotoskool

Hallo Fotoskolers!

Sjoe, baie dankie vir elkeen wat aan die wynloting deelgeneem het. Ons het R3200 bymekaargemaak wat dan hierdie naweek oorbetaal sal word.

Dine is die wenner van die bottel wyn, en Riaan sal vandag met haar kontak maak.

Dankie, Riaan vir die inisiatief, en die skenking van 'n besonderse bottel wyn. Ek glo jou inisiatief gaan 'n groot verskil maak waar dit aangewend word.

Baie dankie vir elke fotoskoler wat bereid was om geld te skenk om 'n verskil in iemand anders se lewe te maak.

Groete en heerlike naweek!
Igno

Read more…
Comments: 3

Ons groet...

Die fotoskool familie is vandag n bietjie armer. Een van die Fotoskolers is verlede nag, na n lang siekbed oorlede. Johan van Zyl was, vroeg in my lidmaatskap van Fotoskool, reeds aktief. Hy het sinvolle kommentare geskryf en het my persoonlik  gehelp om die stokperdjie meer te geniet.

Sy siektetoestand het gemaak dat hy minder aktief betrokke was. Francien, sy vrou het hom in die laaste tyd opgepas. Sy het die groot verantwoordelikheid, met onderskeiding na gekom. Francien is ook lid van ons Fotoskool

Aan die Francien en die familie, ons opregte simpatie. Ons weet jy het n eggenoot, vriend en opregte sielsvennoot verloor. Mag julle as familie troos vind in jul mooi herinneringe aan hom.

Read more…
Comments: 2

8349371682?profile=originalHierdie twee kameras is in die sogenaamde, jaarlikse"Color Run" in die VSA gebruik. Alhoewel die fotograaf die kameras met "camera rain coats" wou beskerm, was dit onvoldoende, aangesien die kleurstof baie fyn is en dit die kameras deur die die "rain coat" bereik het.

Die fotograaf het bevestig dat die kameras steeds ten volle gefunksioneer het nadat die "rain coats" verwyder is. Die ergste kleurstof is mbv n watte stokkie en n "blower" verwyder waarna die fotograaf sy fotografie voortgesit het.

Die kameras het steeds perfek gefunksioneer.

Die handelaar wat die kameras verkoop het, het bevestig dat daar geen werk aan die kameras nodig was nie. Hulle het bloot aanbeveel dat die kameras na Nikon se tegnici gestuur word om die laaste bietjie kleurstof, wat in moeilike plekke vas gesit het, te verwyder.

Read more…
Comments: 0

Jimmy Thorne

Beste Fotoskool-vriende

Ek het via Rita Swanepoel se Facebook 'n nota gekry dat 'n Fotoskool-vriend van ons, Jimmy Thorne, baie verswak het as gevolg van kanker en dat hy môre oorgeplaas word na die siekeboeg by George en Annie Starke Homes in Bellville.  Hy is op morfien en slaap meestal.

Hy is reeds vir 'n geruime tyd by hierdie aftree-oord.

Kyk gerus na Rita se Facebook vir meer inligting.

Ek en Gerrie praat dikwels daaroor dat ons so baie by Jimmy oor fotografie geleer het.

Groete, Tina le Grange

Read more…
Comments: 2

Hartseer nuus

Dit is met baie hartseer dat ons die naweek verneem het dat een van ons lede, Piet Roos, op 30 April in 'n motorongeluk oorlede is.

Piet was 'n aktiewe lid, wat 'n groot bydrae tot fotoskool gelewer het.

Ons gedagtes en gebede gaan uit na Piet se familie.

Read more…
Comments: 8

teenage-girl-woman-taking-selfie.jpg?resize=660%2C330

Nikon & Canon Join Hands to Bring A Selfie Only DSLR.

In an unprecedented development, Canon and Nikon have joined hands together to bring a Selfie only DSLR. Sony, Leica and Pentax have also pledged their support for this grand project. The DSLR will primarily target the huge market of selfie lovers who buy phone & camera only to take selfies and are obsessed with megapixels. Sony will be providing the sensors while Leica will manufacture the lenses for the Selfie DSLR. It is also speculated that the camera will come with a lot of inbuilt apps like ‘Beauty Triple Plus’, ‘Retrica 24×7’ and ‘Selfie 365’. The camera settings will adjust to the face automatically and apply optimal settings like ISO, Shutter Speed and aperture.

The technical specifications will satisfy any ‘Specification Hungry Soul’. According to leaked internal reports from the R&D team of Sony, it will have a massive 39 megapixels CMOS sensor so that the photos that come out will have sufficient data to manipulate during the post processing (if required). The camera will have direct connectivity to Facebook and Instagram for those who would like to upload it straight to social media. Snapchat is also willing to contribute some filters to this grand project.

It will be water resistant upto 50m depth and will feature state of the art anti dust mechanism. The camera will not have any physical button except for the shutter button. There is no need to press the shutter button halfway down to focus as it will be touch sensitive. It will quickly focus, lock and capture image as soon as you touch it courtesy of the latest and greatest EXPEED5 processor found on the Nikon D5.

There will be one lens available as of now in the kit. It is developed by the legendary German company Leica and is an ultra wide-angle lens. At 6mm focal length, it will be the widest lens available in market for consumer use. There is another version coming out sometime later this year which will combine telephoto-macro option with the ultra-wide angle one. This will enable the camera user to zoom in on their face and highlight the colors of their eyes and teeth if required. A true macro experience indeed. The camera will be available in Ferrari Red, Hot Pink, Rose Gold and Royal Blue color. You will have to pay additional $49 for the Black model.dslr-selfie-nikon-and-canon.jpg?w=340&width=340

Reportedly Apple and Samsung are furious over these developments and are planning to launch their own models and launch it soon. According to Apple CEO Tim Cook, Nikon&Canon are planning to eat their market share by launching this Selfiematic DSLR. However both Nikon CEO Makoto Kimura and Canon CEO Fujio Mitarai denied it in one voice and said its just competitive evolution. Samsung CEO refused to comment on the developments.

The recent developments may also start a patent war among the industry giants.

The price will be announced soon but you can leave a ‘guess’ in comments below. The camera is set to launch on the first of April. Also do share this post with your friends and family so that they would be able to pre-order as soon as it becomes available.

http://pixelpluck.com/nikon-canon-join-hands-bring-selfie-dslr/

Read more…
Comments: 3

Hoe nou gemaak?

8349375875?profile=original

Verskoon asseblief by voorbaat die gebruik van Engelse terme - ek het nie die korrekte Afrikaanse woord(e) nie.

Ek was opsoek na n ander geleentheid om my fotografie te beoefen en het besluit om my hand op die sg. "high speed photography" te waag.


Ek het begin deur n tropiese visbak te bekom en seker gemaak dat die wande vd bak skoon is. Nadat ek dit 90% met water gevul het, het ek dit laatstaan in n vertrek met baie natuurlike lig. Ek het drie kamera flitse (Flashes) ( 1xSB 900, 2xSB 700) op lig staanders gemonteer. Ek het elk van hulle aan  n "Pocket Wizard" gekoppel.

Die kamera, Nikon D750, is teen n hoek van ongeveer 40 grade teenoor die boonste water oppervlakte, op n driepoot gemonteer. Ek het my vergewis dat die Pocket Wizards gereed is en getoets om seker te maak dat as ek die sluiter aktiveer, die flitse lig sou verskaf.


Ek het n gewone klou hamer in die visbak laat sak - die hamer is swaar en kan staties staan. Ek het die hamer gebruik as fokus punt. Nadat ek die kamera op "manual" verstel het, het ek mbv die verstelling(manual) die korrekte focus punt gekry. 


Dmv die  "live view" opsie, kon ek seker maak die focus punt is skerp en vervolgens kon ek  die hammer uit die visbak verwyder. Ek het ook, mbv geel isolasie band, twee "merkies" op die kant vd visbak se rande gemaak. Dit het aangedui waar ek die objek in die water moes laat val, sodat die fokus op die objek(yellow pepper), skerp sal wees.


Vir die agtergrond het ek n flits in n "reverse diffuser" gemonteer en beide van hulle(diffuser en flits) op n verleng staaf gemonteer. Ek het ook van n donker blou "gel" vir die flits gebruik gemaak. Dit het veroorsaak dat n blou agtergrond geskep is wanneer die flits ge-aktiveer is.
Elk vd ander twee flitse het ek onderskeidelik aan die kant vd visbak gemonteer. Hulle het dus die "yellow pepper" se kant beligting veroorsaak.


Ek was gereed om te begin skiet.


Met n "remote cable release" in die een hand en die "yellow pepper" in die ander hand, het ek die objek in die water laat val, en skoot na skoot geneem. Elke keer nadat die objek in die water geval het en die sluiter ge aktiveer is, het ek gaan kyk of ek daarin kon slaag om die oomblik waar die objek in die water val, kon vries.


Na ongeveer twee uur het ek die geheue kaart uitgehaal en op die groot skerm gaan kyk. Siedaar, ek het twee of 3 fotos gehad wat ek kon gebruik. (dankie tog vir digitale fotografie)
Die helder "wit" vd water was die gevolg vd flitse aan die kant vd visbak se helder "burst of light". Die kant beligting en die posisie vd flits langs die bak het vir die skaduwee op die objek gesorg.


Ek het met Photoshop aan die kleur versadiging en kontras verstel .

My slotsom? N uitdagende genre en iets wat meer as die gewone dosis geduld verg. Meervoudige flitse, staanders en "pocket wizards" is noodsaaklike toerusting. Die kamera verstellings is op die EXIF data vd foto beskikbaar


Vra gerus as ek verder moet verduidelik.

Read more…
Comments: 2

Geseende Kersfees (nuutste korrespondensie)

Hallo Fotoskolers,

Ek hoop dat elkeen van julle 'n jaar van wonderlike foto-oomblikke gehad het, en dat julle kan uitsien na 'n vreugdevolle Kerstyd en rustyd.

Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om elkeen van julle te bedank vir die bydrae tot fotoskool wat julle lewer. Dit is ongelooflik om te sien watter pragtige foto's daar daagliks verskyn, en dan nog om die kommentare te lees, en te sien hoe konstruktiewe kommentaar met 'n positiewe gesindheid gelewer word.

Dan is daar natuurlik een persoon waarsonder fotoskool werklik nie kan klaarkom nie, en dit is Hennie Cronje. Ek dink elke persoon op fotoskool kan 'n digitale applous gee vir Hennie se getroue kommentare, sy afrigting, sy hulpvaardigheid en sy besonderse manier van mense se potensiaal ontsluit. En dan is daar sy besonderse foto's waarmee hy telkemale mens se asem wegslaan.

Saam met Hennie is daar die getroue en hulpvaardige Josef Steyn en Lientjie. Vir my is een van die wonderlikste dinge van fotoskool dat ek Josef persoonlik kon ontmoet en (al sommer 'n paar keer) by sy pragtige gastehuis in Hogsback kon tuisgaan. Elke liewe keer 'n fantastiese ervaring. Julle sal ook saamstem dat Lientjie altyd bereid is om in te staan as Hennie op een van sy wereldreise gaan - en dat dit ook altyd 'n voorreg is om van haar te leer - hetsy op een van haar werkswinkels of wanneer sy kommentaar lewer. (So tussen hakies, moenie vergeet dat Lientjie volgende jaar op Hogsback 'n kursus aanbied nie! - loer gerus by die blogs op fotoskool)

Dan is daar die gereelde klomp kuierkouse wat soggens vroeg en saans met hoenderkraai-tyd lekker klets terwyl hulle hul foto's laai, sowel as die getroue lede wat hulleself al as ondersteuningspan vir nuwe lede begin uitleef het. Vir elkeen van julle wil ek baie, baie dankie se - fotoskool het 'n unieke gees wat die gevolg is van almal se bydraes, van die swygende introverte wat stil-stil loer en aarselend foto's laai, tot die kletskouse wat nie kan wag om 'n bydrae te maak nie.

Vir die van julle wat nog 'n laaste kersgeskenk vir jouself of ander fotograwe soek, moenie vergeet van Hennie en Josef se fantastiese gids tot fotografie nie - dis 'n wonderlike, leersame en uitstekende werk oor fotografie. Die skakel is http://www.hogsbackinfo.co.za/superphoto/

Wel, van my kant af - ek hoop julle rus lekker. Vir die wat nog werk - hou julle kameras byderhand, mens hoef nie op vakansie te wees om wonderlike foto's te neem nie!

Groete

Igno

Read more…
Comments: 4

8349375294?profile=original

As jy n fotograaf is, moenie hierdie fliek misloop nie!

Ek het onlangs n fliek met die titel, The Secret Life of Walter Mitty ( Ben Stiller) gesien. My belanstelling om dit te sien, spruit uit die storie wat met fotografie te make het.

In kort gaan dit oor n persoon en dromer, Walter Mitty, wat as die bewaarder van film negatiewe, by die “Life” tydskrif werk. Op n dag ontvang hy  n filmrol met negatiewe van n eksentieke, befaamde en hoogs private, vryskut fotograaaf, Sean O’Connell  (Sean Penn).  Die tydskrif is in die proses om af te sien van die papier weergawe en maak gereed om voortaan as n digitale publikasie te verskyn.

O Connel se fotos het gereeld op die voorblad van Life verskyn en het n beduidende bydrae tot die sirkulasie syfers gemaak. So beveel hy aan dat een bepaalde foto van hom, op die laaste gedrukte kopie van "Life" se voorblad moet verskyn. Die eienaars is gretig om O Connel te gehoorsaam en vra vir Mitty om die negatief te laat afdruk. Tot sy onsteltenis vind Mitty uit dat hy die bepaalde neagtief verloor het.

Hy loods n uitgebreide soektog na O Connel in n poging om vas te stel wat op die bepaalde foto is. Sy soektog lei hom na plekke soos Ysland, Groenland en Afghanistan om O Connel op te spoor. Na baie spanningvolle ervarings, ontmoet hy O Connel waar hy, in die afgelee berge van Afghanistan, sit en wag en probeer om om n foto vd ontwykende en baie skaars “Snow leopard” te neem. Vir O Connel sou dit n persoonlike hoogtepunt wees.

Die gesprek wat op hierdie punt tussen Mitty en O Connel plaasvind, het vir elkeen van ons as amateur of beroeps fotograwe, n baie beduidende betekenis. Dit laat n mens dink oor daardie oomblik wat jy as kunstenaar besig is om iets van jou belewenis en werklikheid  mbv n kamera, te probeer vasvang, om dit te deel  of te geniet. Die gesprek verander Mitty se uitkyk op die lewe en ook sy werk as archievaris.

Ek kan die fliek ten sterkste aanbeveel. Dis is n geleentheid om n mens weer oor hierdie fasinerende stokperdjie wat ons beoefen, te laat dink. Dit gaan nie oor tegniese fotografie kwessies nie, maar oor dit wat ons doen, hoe ons dit  doen en wat dit aan ons doen!

Read more…
Comments: 1
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html