All Posts (499)

Sort by

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers!

Ek hoop dat dit by elkeen van julle sommer baie goed gaan. Hoop ook dat daar 'n heerlike Desember vol vreugde en verassings wag.

Ek deel vinnig hierdie e-pos om julle op hoogte te hou van iets wat my bekommer ten opsigte van die toekoms van fotoskool. Ons webwerf is op 'n "ning" webwerf. (Moenie bekommer as jy nie weet wat dit beteken nie, dis bloot die fassiliteit wat ons in staat stel om die webwerf as netwerk met foto's, kommentaar ens te laat werk). Ek het onlangs inligting ontvang dat Ning van hulle netwerk kostes met 'n gek prys verhoog het. Dis egter nie eerstehandse inligting van ning nie. So ek is nie seker wat die situasie is nie. Wat ek wel weet is dat hulle sekere netwerke net eenvoudig kanselleer as hulle nie voldoen aan die vereistes nie. Ek probeer uitvind wat ons situasie is, en ek hou julle op hoogte.

Ons doel sal altyd bly om fotoskool kosteloos te hou, sowel as om te bly voortbestaan as ning webwerf met al die funksies wat ons tans het, so ek beloof om so spoedige moontlik alle inligting te deel.


Groete en lekker week!

Igno

Read more…
Comments: 5

My foto:  Klop-Klop geplaas op 27 Oktober 2015.

8349375858?profile=original

Na aanleiding van Albertyn se nota dat Sofia seker naby die see is vanweë die roes op die deurknop, plaas ek vir julle 'n kaart van Bulgaria.

Sommer net vir interessandheid omdat ek tans heelwat foto's plaas wat ek in Sofia geneem het.

Groete,  Tina 

Read more…
Comments: 2

Nog slegte nuus!

Ek wil maar net van geleentheid gebruik maak om al die Fotoskolers te laat weet dat Elna en Huey Geringer se Swaer vanoggend vroeg oorlede is. Ek en Matt was baie goeie vriende en ek gaan hom mis. Wens hul hele gesin sterkte toe en Vader se nabyheid indie tyd. 

Read more…
Comments: 2

Wat Fotoskool + vir my beteken

WOW………’n maklike vraag maar waar begin ek?Daar is so baie aspekte.

 

Ek hoor van Fotoskool die eerste keer by Josef Steyn in Feb 2014 toe ons by hulle gaste huis gebly het.Ek sluit aan en begin fotos laai.Ek het op hierdie stadium van my lewe feitlik niks van al die tegnieke van fotografie geweet nie.Ek het maar fotos geneem en gehoop ek het sukses iewers.Ek het in 2004 van brug kamera na Canon Eos 1000D gegaan met ‘n 70-300mm lens.Toe koop Huey in 2013 vir my die 60D en ek voel soos  die kat se snor.Groot sukkel was die wagwoord……….ek weet van AV,TV AWB en wat ook al op die kamera is net mooi niks en ek is nie baie goed met “manuals” lees nie.Teen die tyd wat ek vir Josef ontmoet was ek reg om die 60D iewers in ‘n rivier te gooi.Baie geduldig het hy ‘n hele middag met my gesit en al die dinge vir my verduidelik,dankie tog hy het ook Canon kamera

 

Gou het ek agtergekom dat fotos neem,soos ek dit doen en soos die skolers dit doen,nie naastenby dieselfde is nie.Hier is ‘n groep mense wat fotografie op ‘n ander vlak doen as ek en met groot sukses.Die behoefte begin stadig maar seker ontstaan om ook sulke fotos te kan neem.Ek begin maats maak en vra waarvoor die blou F+ is en Susan Myburg vertel vir my die storie oor die kursus.Ek kerm Igno se ore lam om weer ‘n nuwe kursus te doen en toe op ‘n dag……….voila daar verskyn die kennisgewing op die hoofblad

 

Ek was omtrent soos ‘n July resiesperd in die wegspring hokke.Alles kon net nie vining genoeg gebeur nie en toe is ek uiteindelik op die Blackbord en daar is die hele kursus.Ek lees die avonture deur  en dink dat dit relatief maklik gaan wees.Hmmmmm…….ek het vining uitgevind dat Igno ‘n kwaai onnie is wat net die beste by die kursus gangers wil hê.

 

Party van die avonture was redelik maklik maar daar was ook die wat my vermoeë ver gedruk het.Daar was ‘n tyd wat ek in myself begin twyfel het en gewonder het of ek ooit anderkant gaan uitkom.Tou opgee is nie iets wat ek maklik doen en ek hou aan.

 

Vandag,20 maande later,voel ek fotografies skatryk.Ek het so baie geleer.Aspekte wat ek nooit van gehoor het nie kan ek toepas.Ek verstaan die fotografie taal soveel beter as 20 mde gelede.Ek weet van tegnieke wat ek van gelees en gehoor het maar nooit toegepas het nie.Ek kyk na ‘n omgewing/onderwerp/voorwerp wat ek wil afneem en ek hoor Hennie se stem…….DLEAB so duidelik.Dit het nou al 2de natuur geword.Ek verstaan meer van verskillende kameras en lense as ooit tevore.My 3-poot,sandsak en swart doek is 24/7 in die voertuig as die wiele begin beweeg.Ek leer die verskillende boustene van fotografie en ek kan dit maklik nou in fotos identifiseer.Die knoppies op my kamera (ek het lankal van AUTO vergeet)en ook die ander stellings het begin sin maak en ek leer hoe om daarmee te speel,foute te maak,reg gehelp te word en weer te probeer

 

Die aspek wat vir my nagte wakker gehou het,was die “aperture tri-angle” Ek kon die begrip van groot gat-klein syfer-baie lig-klein gat-groot syfer-min lig net eenvoudig nie verstaan nie.Veld diepte was ‘n nagmerrie.Toe lees ek van die 22 soldate in een van die avonture en die “penny drop”………….vandag kan ek nie glo ek het so daarmee gesukkel nie.

Kamera se lig meet aksie het niks vir my beteken nie totdat die M op die knoppie my begin kielie het.Ek is nog steeds nie baie met die M doenig nie maar ek is nie meer bang daarvoor nie.Die Aperture-ISO en F-stop maak sin en ek verstaan dit,so die M kan ek doen as dit regtig nodig is

Toe kom avontuur 15 RAW en Jpeg.Hehehehehehe dit boul my vir ‘n 6 en ek wonder of ek die bedryf ooit gaan reg kry.Ek lees al die “links” wat gegee word en besluit,nee wat…..RAW is nie vir my nie.Ek loop  op ‘n dag ‘n  vriendin raak wat ook fotografie doen as ‘n besigheid en sy wys my wat alles met RAW fotos gedoen kan word.Nou is my D60’s(ek het nou 2 van hulle) is albei gestel vir Jpeg en RAW en ek begin my redigering altyd met die RAW foto. Blessings daarvoor.

 

Die histogram spook my flou en ek sukkel met die konsep.Ek kan nie meer onthou presies wat duidelikheid gebring het nie,maar beide my 60D’s is permanent met die histogram aktief.Ek kan nie meer daarsonder nie.My passie is mos maar landskappe en wat daarmee saam gaan en hier werk die histogram heerlik

 

Ek leer hoe om met sagteware te werk,ek leer die mag van swart en wit fotografie.Ek leer van “Exposure Compensation”.Ek leer van die goue uur van sonop en son sak se fotografie en hoe om dit te doen.Waarna moet jy oplet en waarvoor moet jy versigtig wees

 

Ek kan ‘n koerant vol skryf oor wat hierdie kurses vir my en my fotografie beteken het.Ek sal nie huiwer om skolers aan te raai om die volgende een te doen nie.Ek kan nie genoeg dankie sê vir Igno en sy span se baie geduld met my nie.Ek dink ek het hulle meer kere na rooiwyn toe gejaag as wat hulle wou drink.Ek is so dankbaar vir Hennie wat altyd met raad en daad bygestaan het.Nooit het hy te hard geraas nie en sy hulp is so onskatbaar.Ek het die video clips van hom op die kurses baie geniet en ek gaan luister nog gereeld daarna.

 

Die voordele van hierdie kursus is legio.Bo alles het ek geleer om fotografie te geniet en deur my kamera se lens sien ek elke dag God se mooi skepping en ek is dankbaar vir Fotoskool, wat deur Josef, my lewe binne gestap het.

 

 

Read more…
Comments: 2

Digitaledonkerkamer

SO n wyle terug het  Nic Samwell my gevra om te verduidelik hoe ek my "OuKar-Fotos" verwerk en ek dink n paar ander het ook al gevra....sorry dat ek nou eers hieby uitkom, maar eerder laat as nooit. Ek het werklik nou eers tyd gekry om daarby uitkom siende dat ek tans tussen werke is en n bietjie tyd op hande het.

Hummmm.... okay....hier gaan ons.

MBT tot die kamera

Die meeste DSLR kameras vandag beskik oor die "Bracketing Funksie". Dit is waar die jy die kamera stel om een foto op -2 Exposure een foto op o Exposure en een foto +2 Exposure te neem.

Op die wyse neem jy drie fotos van dieselfde voorwerp op drie verskillende Exposures....die doel hiermee is om genoeg detail te verkry in jou Shadows Midtones en Highlights.

Stel jou kamera op 1) "Continuous Shooting"

                            2) "Expo.Comp./AEB" en draai die wiel

                            3) "AF" op "One Shot"

                            4) "Metering Mode" op "Spot Metering"

                            5) "Image Quality" op RAW

                            6) "Shooting Mode" op Manuel ( DIE GROOT GEVREESDE GROOT M

MBT tot verwerking

Sagteware wat gebruik word met die verwerking is Lightroom 5 en Photomatix 5.8.

Nadat die fotos geneem is word dit afgelaai en deur Lightroom ge-Import

Selekteer die drie fotos en export die foto na Photomatix in .TIFF formaat

Photomatix sal dan die drie foto intrek en die drie foto opmekaar plaas vir jou. Die nuutste weergawe van Lightroom kan die proses ook nou vir jou behartig.

in Photomatix doen jy die nodige verstellings soos jy voel nodig is, daar is ool n paar presets wat dinge kan verspoedig.

Sodra dit klaar gedoen is word die foto weer na Lightroom gestuur waar die finale verwerking gedoen word.

Dit mag dalk omslagtig wees vir sommige maar dit is die procedure wat ek volg met sukses....net die volgende waarskuwings....1) Die proses moet nie gevolg word na 20H00 in die aande nie.

                                      2) Die proses mag dalk lei tot n verslawing aan Koffie.

                                      3) Verslawing aan koffie gaan lei tot slaaploosheid.

                                      4) Slaaploosheid gaan lei tot "Laatkomvirwerksindroom"

                                      5) "laatkomvirwerksindroom" gaan jou op die rooitapyt bring.

Neem kennis : Fotografie kan nadelig wees vir jou gesondheid.

                        Fotografie kan nadelig wees vir jou volgende "Paycheck".

                        Gebruik fotografie verantwoordelik.

                        Fotografie mag jou ook net dalk in die sop bring by jou eggenoot.

EEN FINALE WENK... Om teleurstelling te voorkom Moet niks glo wat Krimisvader jou vertel

                                   nie HY LIEG!!!

                                   Koop vir jou eggenoot kameratoerusting vir Krismis wat jy seker

                                   is jy gaan gebruik!!!

Met Vriendelike Groete

Pierre Hardinge

Read more…
Comments: 6
8349374454?profile=originalFotografie Werkswinkel by Skoppan('n Pragtige soutpan 35km buite Bfn)
Kontak: Lientjie Beyer
Sel: 0827193918
Epos: lientjiebeyer@yahoo.com
Datum:  Saterdag 7 November  2015
Ontmoet:  14h30 by Shell Pitstop Garage
Vertrek terug na Bloemfontein: ongeveer  10pm
Praktiese "hands-on" leiding en hulp sal voorsien word asook 'n handleiding. 
Fokus op: Melkweg en "startrail", "lightpainting" landskap, piktoriale, geforseerde perspektief fotografie fotos.
'n Basiese kennis van fotografie is 'n vereiste.
Benodig: SLR kamera, remote of kabel afstand beheer, driepoot(sal 'n paar ekstras beskikbaar hê), eie vervoer en baie entoesiasme:-)
'n Opslaan stoeltjie
Koste: R700
Read more…
Comments: 0

EK LEER UIT N FOTOGRAFIE KURSUS

N paar jaar gelede besluit ek om n fotografie kursus by die skilderagtige Kloofzicht aan die Wesrand by te woon. Dit is deur Dr Willem Oets (Willem Oets Photography) aangebied.

Op pad na die oord, ry ek die oggend met die Westelike verby pad verby n plakkerskamp. Dit ontstig my en al my tipiese vooroordele, onverdraagsaamheid en onsensitiwieteit teenoor armoede noop my om met die sterkste afkeur na die plakkerskamp te kyk. Hoe durf mense die omgewing so ontsier deur sulke gehuggies op so n mooi stuk veld op te rig, dink ek by myself.

Die swart en wit foto hieronder, is n goeie voorstelling wat ek gesien het en wat plotseling sinoniem met my belewenis op daardie oomblik geword het.

8349372299?profile=original

Later die dag, nadat ek die kursus met Dr Oets voltooi het, ry ek op presies dieselfde pad en ek ry weer verby dieselfde plakkerskamp waar ek vanoggend n moment van intense konflik en selfs woede beleef het. Al wat verander het, is dat die lug en wolke die aankomende donderstorm aangekondig het.

Ek kyk weer na dieselfde toneel en skielik doem dit by my op: sien die kleure raak, kyk na die detail en sien hoe mooi is die natuurlike komposie saam gestel. Ek bring my motor tot stilstand en klim uit om die foto hieronder te neem. Ek is selfs bereid om die risiko van motorkaping naby n plakkerskamp, te trotseer

8349372687?profile=original

Die enigste verskil tussen my belewenis die oggend en die middag is, was iemand wat my gemotiveer het om met "nuwe lense" na n toneel te kyk en iets anders te sien wat ek met ander kan deel.

Dis n hele paar jaar later en die les bly my steeds bly. Ons is baie bevoorreg om fotografie as n stokperdjie te kan beoefen.

Geen wonder die befaamde fotograaf Dewitt Jones (dewittjones.com) het sy slagspreek gekies om te lees "celebrating what's right with the world". Dis n oproep waarop ons almal kan antwoord.

Read more…
Comments: 2

Anderkant die einde van ons DSLR kameras!

Hier is n verstommende artikel oor die aanwending van kameras soos ons die instrumente ken. Lees gerus hier om te sien waarheen kamera tegnologie op pad is. Ons is so gelukkig om ons stokperdjie te beoefen, en deel te wees van n proses wat die mensdom help om die geheimenisse van die skepping te probeer ontrafel. Die beste  is dat ons as amateur fotograwe iets van die proses begryp omdat ons die werking van ons kameras verstaan. Lees asseblief die artikel

(Met erkenning aan B&H in New York)

TS_35.jpg?width=700

Thanks to a funding approval from the U.S. Department of Energy Office of Science, construction of the world’s largest digital camera will start soon. The camera will be mounted on the National Science Foundation’s Large Synoptic Survey Telescope (LSST) on a mountain peak in Chile, where it will photograph, in exquisite detail, the southern night sky over the span of a decade. The camera will be assembled at the DOE’s SLAC National Accelerator Laboratory, operated by Stanford University. The sensor was designed by the Brookhaven National Laboratory, founded by University of New York Stony Brook and Battelle, a nonprofit applied science organization.

Facility_CU-full.jpg?width=700

In this artist's rendition, the LSST primary mirror is seen through the slit of the dome at sunset. Image courtesy of The Large Synoptic Survey Telescope/ Department of Energy

The telescope’s mirror was built in a 6-story workshop beneath the University of Arizona football stadium. The world’s first dual-surface mirror for a telescope was molded in a 33-foot-wide oven at 2200 degrees F out of 22 tons of molten glass. The mirror measures 27' across.

Let’s run the numbers

3,200,000,000 pixels: Your Canon 5DR has 52MP of resolution? Yawn. This thing has 3.2 gigapixels of eye-watering resolution. That is 3200MP.

5.5 x 9.8': The camera is the size of a small car.

Camera_Layout-full.jpg?width=650

The LSST camera is designed to provide a wide field of view with better than 0.2 arcsecond sampling and spectral sampling in five or more bands from 400nm to 1060nm. The camera includes a filter mechanism and, if necessary, shuttering capability. Image courtesy of The Large Synoptic Survey Telescope/ Department of Energy
 

6,200 pounds: The camera weighs 6,200 pounds. That is more than a small car. With luggage.

201 individual sensors: There are 201 separate custom-built charged-coupled device (CCD) sensors (189 to take photos, 12 for guidance and focusing).

21 submosaics: Each sensor measures 1.5" across, and they are arranged in 3 x 3 grids of 9 sensors separated by creating 21 submosaics. The assembly must be completely flat with no more than a 10-micron tilt in any direction.

250 microns: The distance between each submosaic to minimize light loss between the sensors is 250 microns.

10 microns: The size of each pixel.

0.2 arc-second sampling: This provides optimized pixel sensitivity versus pixel resolution.

25.2 inches: The imaging surface is more than 2' in diameter.

Dome_%26_Telescope_sm.jpg?width=650

A three-dimensional rendering of the baseline design of the dome with a cutaway to show the telescope within. Image courtesy of The Large Synoptic Survey Telescope/ Department of Energy
 

3,000 channels of data: The image from each CCD is divided into 16 segments for parallel processing. The 9-sensor submosaics provide 144 read-out points for over 3000 channels of data.

11,000,000,000,000 bits of data per hour: When it is switched on, the telescope will produce 11 trillion bits of data per hour.

6,000,000 gigabytes: All of those trillions of bits add up to 6 million gigabytes per year—the equivalent of taking 800,000 pictures with an 8MP digital camera every night.

200,000,000,000,000,000 bytes: I never heard of a petabyte until today; this thing is expected to produce up to 200 petabytes of data.

1,500 HD TVs: If you wanted to display one of the LSST images, you would need to arrange 1,500 high-definition televisions in your living room. B&H sells HDTVs.

2,000 square feet: The clean room constructed to build the camera measures 2,000 square feet and is 2 stories tall.

15 seconds: Most astronomical telescopes require several minutes to capture an image in the dark of night. LSST will take 15-second exposures due to the fact that it has custom-designed electronics behind every sensor, and the information is getting split into thousands of discrete bits.

$168,000,000: Amount allocated for the construction of the camera, in US dollars.

LSST_filter_switch_loop.gif?width=700

The LSST’s camera will include a filter-changing mechanism and shutter. This animation shows that mechanism at work, which allows the camera to view different wavelengths; the camera is capable of viewing light from near-ultraviolet to near-infrared (0.3-1 μm) wavelengths. (SLAC National Accelerator Laboratory) 
 

800 panoramic images: The telescope will combine those exposures into 800 panoramic shots every night to track galaxies at the edge of the universe, as well as nearby asteroids roaming the night sky.

5,000,000,000 galaxies: The LSST’s camera will ultimately image 5 billion galaxies in unprecedented details.

8,858 feet: The telescope will be mounted on the Cerro Pachon mountain peak at an altitude of 8858' (2700 m) above sea level.

3.5 degrees: The 3.5° field of view allows the LSST to produce a complete survey of the entire night sky every 3 days.

LSST_sensor_grid_with_moon_blue.jpg?width=650

In one shot, the Large Synoptic Survey Telescope's 3.2-gigapixel camera will capture an area of the sky 40 times the size of the full moon, or almost 10 square degrees of sky. (SLAC National Accelerator Laboratory)
 

40 moons: The total field of view coverage of the camera could contain 40 full moons.

25 percent: A quarter of the universe is made up of dark matter. To observe its effect on space, the LSST will witness how gravitational lensing bends the light from distant stars.

70 percent: Scientists know the universe is accelerating as it expands. Dark energy, a force that might account for 70 percent of the universe, might be the cause. LSST will be able to measure the expansion and acceleration.

dimensions: LSST data, in conjunction with Google Earth, will create a 3D map of the universe and allow anyone with an Internet-connected computer to virtually fly through space.

lsst_cutaway_final_01%20%281%29.jpg?width=650

A baseline design rendering of the LSST Camera with a cut away to show the inner workings. Image courtesy of The Large Synoptic Survey Telescope/ Department of Energy
 

10 years: The LSST’s survey of the cosmos will take 10 years, starting in 2022.

2 Fotografie stokperdjie entoesiaste wat nederig  oor hierdie tegnologie staan en die blog op Fotoskool deel

1 writer: The person writing this article cannot wait to see the photos!

Information provided by the SLAC National Laboratory, Brookhaven National Laboratory, and the LSST website (www.lsst.org).

Please note: This article is for informational purposes only, because we are impressed with the technology. At no time will B&H be selling this camera.

Blog post provided by - http://www.bhphotovideo.com/explora/photography/features/worlds-largest-digital-camera

Read more…
Comments: 2

8349372070?profile=original

Hierdie omvattende gids oor digitale fotografie bevat 'n groot hoeveelheid inligting oor hoe om die beste uit jou kamera en die omgewing rondom jou te haal. Dit bevat meer as 400 foto's ter illustrasie en by heelwat van hulle word presies vertel hoe die foto geneem is.

   Die Afrikaanse weergawe van die boek is nou ook deur Kwarts Uitgewers gepubliseer in 'n formaat wat geskik is vir i-pads ens. Dit is by die uitgewers self, asook op Kalahari.com, Exclusive Books en nog 'n paar ander plekke beskikbaar.

    Jy kan die volgende weergawes bekom:

a) Afrikaanse E-boek geskik vir I-pads: 

Digitale Fotografie: 'n Omvattende Gids   http://www.kwarts.co.za/E-Books/tabid/95/ProductID/10119

b) Gedrukte weergawe (Afrikaans + Engels) E-pos my (Josef) superfoto7@gmail.com

c) E-boek (Engels) geskik vir i-Pads: E-pos soos bo:

d) E-boek geskik vir rekenaar gebruik (Afrikaans + Engels) E-pos soos bo

e) CD's Afrikaans + Engels. E-pos soos bo.

Koste: Alle e-weergawes R295  Gedrukte weergawe: R650 plus versendingskoste

Vir meer inligting: (of om aan te skaf) http://bitly.com/17ecITw

8349372070?profile=original

Read more…
Comments: 6

Diefstal van ons foto kuns

8349371872?profile=original

Ek het onderneem om my ervaring van n foto diefstal insident, wat ek onlangs beleef het, te deel. Ek het aanvanklik gedink om n artikel te skryf en te publiseer.Met die hulp van vriend Renier van Zyl, het ons n video vervaardig. Sonder professionele hulp of stem kunstenaar bied ons die eerste gedeelte van n kort reeks hiermee aan. Die eerste gedeelte(hieirdie video greep) help met die identifisering van n gesteelde foto op die internet. Ons dink dit kan sinvol gebruik word om ook oneerlike fotografie kunstenaar op oa Fotoskool, te ontbloot.

Vra gerus as ons kan help

Read more…
Comments: 1

Hande was en virusse...........

Hierdie storie het nou niks met fotografie te doen nie,maar daar is dalk van julle wat dit tog sal geniet

Ek loop nou al 'n paar dae met die storie in my kop maar ek gaan dit tog vir julle vertel.Saterdag, 22/08/2015, kom ons terug van Stutterheim af nadat ons gaan blomme kyk het.Ons val maar vroeg in die pad want groot dele van die Oos-Kaap is mos nou maar 60-80km per uur en as jy gelukkig is,100km.Huey sit die radio aan en ons sit en luister die Saterdagoggend program op RSG…….Breakfast met Derick.Die van julle wat gereeld daarna luister sal weet dat daar nogal oulike besprekingspunte is en dan is daar die lekker musiek.


Die Apteker se praatjie kom aan die beurt en dit gaan oor virusse en allerhande siektes wat in die wintermaande die Suid Afrikaners teister. Iewers in die bespreking kom "hande was" ook toe nou in. Hmmmmmm dit was nou 'n ding want die apteker voel dat ons glad nie genoeg hande was nie en dit soms die oorsaak is dat allerhande siektes ons tref.Hy noem dat veral waar 'n mens na winkelsentrums en ander derglike publieke plekke toe gaan moet hande sommer baie gewas word.Hy praat vir my so bang vir 'n winkelsentrum dat ek by myself sit en wonder of ek in Mtunzini met internet aankope sal weg kom.Ek wil glad nie meer na enige publieke plek toe gaan agv al die bakterie en siektes wat 'n mens kan optel nie.

Die programaanbieder vra toe vir Apteker nou maar hoe weet 'n mens dat jy genoeg hande was,en ook lank genoeg op 'n slag.Nou kan julle maar lag,maar luister hierna.......hy se dat 'n mens die liedjie "Veels geluk liewe maatjie" 2 keer moet deur sing terwyl jy jou hande was en dis dan nou lank genoeg vir elke keer se was.Ai jinne julle............ek het vloeibare seep by die wasbak en nou gaan dit met my so iets: pomp-pomp die seep en dan.....Veels ge-luk(was was) lie-we maat-jie(was was)om-dat jy ver-jaar(was was) en hier kom water by.Mag die He-re(was was) jou se-en en nog(was was)ba-ie ja-re spaar.Spoel al die seep mooi af.


Nou kyk, om die ou liedjie een keer deur te sing,gaan nog aan maar ek gaan glad nie twee keer sing nie!!!!Ek is al siek vir "Veels geluk liewe maatjie" en begin al sing nog voor ek 'n druppel seep aan my hande het........na ‘n verjaardag partyjie wil ek nou ook nie gou gaan nie want ek gaan ‘n wasbak,seep en water soek as daar gesing word.

Read more…
Comments: 3

I am......Nikon Coolpix P900

8349371278?profile=originalHierdie "bridge" kamera is iets waarsonder enige fotograaf nie kan wees nie. Die bulletjie het n optiese zoom van 2000mm - Let wel dis n optiese - en nie n digitale zoom funksie.

Digitale zoom is in wese niks anders as n "crop" funksie nie. Dit is as'tware niks meer as n lens- foefie nie.

Dit bevat het n elektroniese beel beelsoeker(view finder) en n verstelbare skerm wat in die plek van die elektroniese beeldsoeker gebruik kan word.

Dit is n 16 mega pixel kamera wat besonderse hoe kleur gehalte fotos neem. Ongelukkig neem dit nie in RAW format nie

Daar is n hele klompie ander tegniese eienskappe van die kamera wat ek nie in hierdie blog wil noem nie aangesien dit wyd op die internet gepubliseer is.

Asof die besonderse zoom vermoe nie genoeg is om die kamera te wil begeer nie, is die prys baie aantreklik. Die kamera sal klaarblyklik in Suid Afrika teen plus minus R10 000 beskikbaar wees.

Ek het prober om my model tydens n onlangse besoek aan die VSA te koop maar dit was op daardie stadium nog nie  in die Noord Amerikaanse mark nie. Ek het ook in Engeland navraag gedoen en dit was selfs nie daar beskikbaar nie. Groot was my verbasing toe ek n model hier in Kuwait kon opspoor.

Ek het verneem dat die kamera so gewild is dat daar n wêrelwye te kort is en dat die produksie proses nie met die aanvraag kan  byhou nie.

Die kamera is absoluut ideaal vir fotograwe op reis aangesien dit n baie kompakte kamera is. Battery lewe is besonders goed en dit kan via USB van n rekenaar herlaai word.

Gaan loer hier indien jy meer van die kamera wil weet: Nikon USA en ook Photography Blog

Ek heg n foto van n Neushoring voel wat ek onlangs in die wildtuin met die kamera geneem het, aan

8349371299?profile=original

Read more…

Om te besluit tussen die Tamron of die Sigma 150-600, is geen maklike keuse nie. Soos die gebruik is, gaan vra ons maar al te graag vir Dr Google. Ek wil graag een vd lense aankoop vir my vrou se gebruik.

In my soektog het ek op hierdie web ruimte afgekom wat my regtig beindruk en wat ek ten sterkste kan aanbevveel. Die blad is (www.kruger-2-kalahari.com). Dit word deur Mario Fazekas aangebied en bestuur.

Die blad bevat baie goeie, geloofwaardige en nuttige inligting. So byvoorbeeld, noem die blad watter rondawels in die Olifantskamp van die Kruger Wildtuin, die mees geskikte is om vanuit jou rondawel, wild maklike raak te sien.

Mario en sy vrou se foto's het my nuuskierig gelaat om die Madikwe reservaat te gaan besoek.

Ek was ook beindruk met die vergelyking wat hulle gedoen het die twee lense wat ek hierbo genoem het. Ek het by die lees vd toets resultate gedink dat die resultate word vir enige nie-tegniese persoon op n maklike lees en verstaan wyse aangebied.

Die web blad vervat ook nuttige inligting in verband met n verskeidenheid fotografie se bykomstighede.

Sou jy die blad besoek, kan jy ook op hulle nuusbald inteken.

Gaan loer gerus en besluit self.

Read more…
Comments: 0

Jubeljaar Fotokompetisie

Kreatiewe Foto’s

 

Die NG Kerk Familie in die Vrystaat bied ‘n Jubeljaar Fotokompetisie aan met die tema “Klippe en Stene Jubel dit uit!” ‘n Goeie foto vereis kreatiewe aanvoeling. Die verwagting is dat fotograwe se kreatiwiteit op twee maniere ingespan word.

 

  1. Om die waardigheid van ‘n imposante kerkgebou te respekteer en visueel weer te gee, vra onder andere ‘n oog vir die estetiese en verbeelding. Die teoloog John de Gruchy skryf: “The most obvious form of visual art that relates to the church is architecture, for it is through its embodiment in brick and mortar, concrete, steel and glass, amidst the other structures of village, town and city, that the church gives visible evidence of its presence. The church building is a mediating structure between the liturgy and the public square.”

 

  1. Die verwagting is dat fotograwe ook kreatief omgaan met die rykdom van lewe in en om kerkgeboue. In die kategorie “Kerk in Omgewing \ Gemeenskap” verwag ons foto’s van skone natuur rondom kerkgeboue, maar ook dalk die skepping wat swaarkry. Die gemeenskap kan mense binne die kerk en rondom die kerkgebou insluit …. soos straattonele, kuiers en karwagte. In die kategorie “Argitektuur en Simboliek” kan ‘n verskeidenheid simbole oorweeg word soos ‘n kruis, preekstoel, musiekinstrumente, kerktoring, gebrandskilderde glas, muur van herinnering, huweliksregister, doopvond en Nagmaalstafel ….. ook hier kan mense wat aan die simbole meedoen, gefotografeer word.

 

 

Opskud! Ons hoop vir ‘n hele aantal baie kreatiewe foto’s teen die sluitingsdatum van 31 Julie 2015.

 

Inligting by facebook.com/events/1531858117036761

Inskrywings by www.ngkvrystaat.co.za

Read more…
Comments: 0

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers,

So uit 'n lekker koue Bloemfontein wil ek net graag die volgende met julle deel:


Kerk Fotokompetisie:

Julle sal op die fotoskool webwerf sien dat die Vrystaatse NG kerk (dis nou die NG kerk, die Verenigde NG kerk en die NG kerk in Afrika) 'n kompetisie geloods het om die 150e van die sinode in die Vrystaat te gedenk.

(Inligting by facebook.com/events/1531858117036761

Inskrywings by www.ngkvrystaat.co.za).

Enige persoon van enige kerkdenominasie, of uit enige provinsie kan deelneem, maar hulle soek graag foto's van (of by) NG verwante kerke in die Vrystaat. Dit kan ouer foto's ook wees. Die foto's kan ook meer as net die geboue uitbeeld, dinge soos 'n sopkombuisbywoning, 'n motorwag voor die kerk, nagmaalgebeure, simbole ens is ook welkom. Daar is baie NG verwante kerke in townships om klein dorpies ens. Die kompetisie sluit op 31 Julie.

Die foto's hoef nie nuut te wees nie, en kan uit jou foto-argiewe kom --- so - as jy enigsins kan, skryf gerus in deur die skakels te besoek.

Namibie Toer:

Prof Hennie neem volgende jaar 'n paar fotograwe Namibie toe! Kom loer in by fotoskool as jy belangstel. Ek dink dit kan 'n ongelooflike toer wees!

Wel, vir eers is dit al van my kant af!

Heerlike week verder!

Groete

Igno

Read more…
Comments: 0

Namib-toer 4-10 April 2016

8349370077?profile=original

Ek reël 'n toer deur die Namib van Aus in die suidooste tot Walvisbaai in die noordeweste van 4-10 April 2016. Dit is met die hulp van Johan Jooste van Windhoek. Die basiese wat nodig is, is 'n 4X4 trek voertuig met lae trek, R10 000 per persoon en 'n inskrywing op die webbladsy Johan Jooste Photography. Aangesien die toer ook op die oop mark geadverteer word, moet belangstellendes gou inskryf. Verdere besonderhede volg daarna. Indien iemand inskryf, laat my asb weet by hscronje@gmail.com.

Read more…
Comments: 0

Ligte Kamera vir reis

Beste Fotoskool-vriende

Help asseblief!

Ek beoog om 'n ligter kamera ook aan te skaf - vir oorsese reise.

Ek gebruik tans 'n Nikon D5200 met die Sigma-reislens van 18 - 250mm.

Hennie en ek het gesels oor die Nikon P7800 waarna ek sal gaan kyk.

Ek het nou ook 'n aanbeveling gekry van die Canon SX60 HS

Wie van julle het kennis van hierdie Canon asseblief?

Ek moet redelik vinnig 'n besluit neem.

Dankie baie.  Groete Tina le Grange

Read more…
Comments: 4

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers!

Hoop dat dit by elkeen van julle nog goed gaan! Ek glo ook dat hierdie herfstyd vir elkeen van julle vol verassings, kleur en sagte lig is!

Voorstelle:

Fotoskool is lekker besig, daar is heerlike gesprekke en pragtige foto's, en selfs dan en wan 'n heerlike meningsverskil. Ons wil egter tred hou met die dinge wat julle geniet, so, indien daar enige voorstelle van julle kant is vir nog dinge wat ons kan doen/bied, dan hoor ons graag van julle. Stuur gerus 'n e-pos aan ignophoto@gmail.com met jou voorstelle/wenke/idees.

E-boek:

Dit is heerlik om te sien hoeveel interaksie daar op fotoskool is, en dis net so lekker om met fotoskolers te gesels. Ek was weer eens ongelooflik bevoorreg om tyd saam met Josef Steyn op Hogsback te spandeer, en as enige van julle nog nie Josef en Hennie se e-boek aangeskaf het nie, kan ek dit weer eens aanbeveel!

Ek het die harde-kopie aangeskaf, en dit is seker die mees waardevolle Afrikaanse gids tot fotografie. Met pragtige foto's deur Josef en Hennie daarmee saam. As julle meer wil weet, gaan loer gerus in by fotoskool en volg die skakel na Josef en Hennie se e-boek. Dis ideale leesstof vir winteraande by die kaggel!

Wel, ek wens elkeen van julle 'n seisoen van sagte lig, uitstaande onderwerpe en ideale komposisies!

Groete

Igno

Read more…
Comments: 4

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers,

Ek hoop dat dit met elkeen van julle sommer besonder goed gaan! Dis mos herfstyd (of lente as jy aan die anderkant van die wereld is), so dit is tyd vir mooi lig! Ek hoop elkeen van julle het wonderlike lig in julle lewens en julle lense!

Verjaardag Prof Hennie.

Ek laat weet sommer net dat Prof Hennie vandag verjaar! Prof Hennie is ons eie "Mr Chips" by fotoskool! Ek dink hy is seker een van die waardevolste en meelewendste instrukteurs wat mens kan kry, en ek glo dat elke fotoskoler al baie by hom geleer het! Prof Hennie, baie dankie vir jou uitsonderlike bydrae tot ons fotografie ontwikkeling

Die Boek.

As daar nog fotoskolers is wat nie weet van Prof Hennie en Josef Steyn se ongelooflike e-boek nie, maak gerus seker dat julle op fotoskool kom inloer, op die skakel klik, en meer te wete kom oor hierdie e-boek wat met puik foto's en pakke informasie vir jou 'n wereld van fotografie in Afrikaans oopmaak!

Fotoskool+

Daar is nog 'n paar mense wat die fotoskool+ kursus nie voltooi het nie, en ons het ook 'n paar nuwelinge. Ons gee grasie vir die ouens wat bietjie agter geraak het om in te haal. Die databasis het egter toegemaak (net om ons almal weer op hoogte te bring), en as jy wil klaarmaak en jou toegang verval het, kan jy net 'n epos stuur aan nicobaird@gmail.com, en Nico sal dit weer vir jou oopmaak.

Van Fotoskool+ gepraat. As jy belangstel kan jy nog voor einde Mei aansluit vir vanjaar se groep teen die verlaagde tarief van R2200. Jy kan die inligting op die Fotoskool+ blad aan die bokant van die gewone fotoskool kry.

Wel - hoop elkeen van julle het 'n uitsonderlike week - vol pragtige lig, verligting, beligting en ligte oomblikke!

Read more…
Comments: 0
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html