All Posts (499)

Sort by

Fotografie Werkswinkel by Skoppan('n Pragtige soutpan 35km buite Bfn)

Datum:  Saterdag 18 APRIL 2015
Ontmoet:  14h30 by Shell Pitstop Garage
Vertrek terug na Bloemfontein: ongeveer  10pm

 

Praktiese "hands-on" leiding en hulp sal voorsien word asook 'n handleiding. 

Koeldranke (2 x 500ml ) en boerewors rolls sal voorsien word(ons gaan so vinnig 'n worsie braai, terwyl ons wag dat dit heeltemal donker word)

Addisionele drankies moet self voorsien word. 

Fokus op: landskap, panorama, HDR, piktoriale, geforseerde perspektief fotografie, Melkweg en "startrail" fotos.

Die workshop is spesifiek gereel op hierdie datum omdat dit donkermaan is en ideaal vir ster fotografie. 

'n Basiese kennis van fotografie is 'n vereiste.
Benodig: SLR kamera, remote of kabel afstand beheer, driepoot(sal 'n paar ekstras beskikbaar hê), eie vervoer en baie entoesiasme:-)

'n Opslaan stoeltjie

Koste: R700

Kontak Lientjie vir inskrywingsvorms:

Sel: 0827193918

Epos: lientjiebeyer@yahoo.com

8349368053?profile=original

Read more…
Comments: 0

Digitale Fotografie met 'n nuwe baadjie!

8349373085?profile=original

Ons bied graag weer ons boek aan Fotoskolers. Dit is beskikbaar as 'n e-boek in jou 'inbox'(R295), CD (R295)(Gratis aflewering) en as gedrukte kopie (R650 plus versendingskoste).

Skryf vir my (Josef) by superfoto7@gmail.com of besoek ons webblad http://bitly.com/17ecITw vir meer inligting. Sluit aan by baie tevrede fotograwe en gee jou fotografie 'n gawe hupstoot!!

Die voorblad is ontwerp om een van Hennie se pragtige makrofoto's maar die inhoud het nie verander nie en is nog steeds van dieselfde uitmuntende gehalte.

Read more…

8349372257?profile=original

The Workshop will start with checking in at around 2pm on Friday 29 May 2015. After settling in, we will have a informal photographic session , just to loosen everybody up...and have a look around the area. 
Dinner will be served around 19H30 and we will have a lecture and some guidelines on photo opportunities for the coming photo sessions. 
We will start Saterday morning early with coffee, and rusks. This will be a early start as arrangements will be made with Moolmanshoek guides to arrange and move the horses to spesific locations at specific times... 
Early Morning light around here are amazing, but might still be chilly as this is just the beginning of the autumn, but with it brings around some pretty amazing landscape opportunities and of course the horses are amazing, as we get to move them around where ever we prefer for the best angles and shots.. 
There will be plenty of time for some great action shots, panning, pictorial as well as portrait, macro or more artistic shots..and of course plenty of beautiful landscapes...
Late morning Brunch will be served around 11am, where after we can download images, take a shower and have a bit of free time..
Saterday afternoon we will have a quick gathering to talk about afternoon opportunities and photoshoot will start around 4 pm. 
Saterday Dinner will be served around 7pm and where after we will enjoy coffee and desert while viewing some audio visual slide shows..
Sunday Morning early coffee and rusks, where after we will have a photoshoot, focusing on landscapes and maybe more close up / artistic shots of the horses...
Brunch will be served around 10 am where after we can shower, pack and check out...
This is truly a amazing location for some incredible photography.. and anybody with a passion for nature and photography.
Please let me know if you have any questions. You are welcome to bring along a partner. Please contact me in regards to cost of partners not participating in the workshop. 
The total cost of the Workshop Is R4000. This includes accomodation (2 per room) with or without ensuite bathrooms (photos included), linen, all meals, cost of arrangements for guides and horses, workshop presentations and practical guidance...
I really tried to limit costs to a minimum and thus I do need to have a minimum of 6 students participating to present this workshop.
Maximum 8 students will be excepted.
Reservations needs to be finalized by 9 May 2015. Please RSVP as soon as possible.
Please email me for entry form - lientjiebeyer@yahoo.com
Please let me know if you have any questions.
Lientjie
Cell 0827193918

Also have a look at our Facebook group page for examples of previous workshops:https://www.facebook.com/groups/Moolmanshoekphotoworkshops/

Read more…
Comments: 0

F o t o s a f a r i e

Kom geniet hierdie pret uitstappie en fotonaweek

 

Waar : Amanzi Private Game Reserve (± 15Km vanaf Brandfort)

Webblaai : http://www.amanzigame.co.za/Home

Datum : Naweek 17-19 April 2015 (laatmiddag Vrydag 17de tot ± etenstyd Sondag die 19de)

 

Voorlopige Program :

  • Wildsfotografie (Wildsritte en laatmiddag by dam)
  • Landskapfotografie
  • Makrofotografie
  • Startrails
  • Kreatiewe beligting sessie met kamera flash
  • Adobe Lightroom - Inleidende sessie

 

Praktiese hulp en leiding met sessies

Besprekingssessies

Notas word voorsien

Lightroom program word gratis voorsien vir die wat dit benodig (Trial weergawe)

 

Akkommodasie

‘n Spesiale pakket is beding vir die naweek. Onderstaande pryse sluit 2 nagte verblyf met 5 etes in

  • Luukse kamers : R760 p/p vir die naweek (1 Persoon kamer) beddegoed ingesluit
  • Luukse kamers : R570 p/p vir die naweek (2 Persoon kamer) beddegoed ingesluit
  • Koshuis kamers : R430 p/p vir die naweek beddegoed ingesluit
  • Sunshine Dens : R500 p/p vir die naweek beddegoed ingesluit
  • Eie tent of karavaan : R370 p/p/ vir die naweek eie beddegoed

 

Etes

Soos genoem sluit spesiale pakket 5 etes in. Spyskaart aangeheg

 

Indien persone nie van die bogenoemde spesiale pakket wil gebruik maak nie is daar ook ander selfcatering Chalets beskikbaar. Amanzi beskik ook oor ‘n restaurant vir u gerief

 

Kostes

  • Bywoning van naweek program : R950.00
  • Akkommodasie : soos hierbo uiteengesit
  • Wildsritte : R80 p/p

 

NB – Beperkte plekke is beskikbaar. Laat weet my asseblief so spoedig moontlik indien u belangstel by epos charleswfotografie@gmail.com of sel 083 274 5396

Finale inligting en program asook benodighede sal dan deurgegee word

Charles Whitehead

Read more…
Comments: 0

My eerste Roofvoel

8349371657?profile=originalMy eerste roofvoel en dan nog met sy prooi ook!!!! Jislaaik maar dit was nou werklik n "Avontuur" gewees vol drama, angs en opgewondenheid.....lol...
Ek moet net vertel....
So het het effe laterig opgestaan vanoggend en na die tweede...nee... derde koppie koffie het ek die pad gevat na n nuwerige bestemming, n plek waar ek baie verby gery het, maar net nooit die afdraai paadjie gebruik nie en vanoggend was DIE dag gewees...
So kom ek toe by die perseel wat voorheen n ontgunning area was vir laagklip, maar tans is dit net een masiewe gat met water in waar daar so n paar voels hulle verblyf ingeneem het....plek is effe verlate, maar niks sou my vanoggend ontsenu nie....
Na n paar mislukte pogings om n kolgans of twee in vlug naby genoeg afteneem het ek my aandag verkuif na die twee Kormorante wat besig was om biltong te word op n droe boom wat uit die water uitsteek in die effe harde lig.... dit was ook n mislukking want die ouens was net te ver om genoegsame detail te kry.
Dit is toe ek maar my aandag verskuif na n paar Kiewiete wat al heel oggend vermakerig rond vlieg en ....ja....lawaai!!! Daar was darem n bietjie meer sukses met hulle gewees en het so twee of drie mooi aksie fotos van hulle gekry. Dit was tydens die "Kiewiet-sessie" wat ek n roofvoel oplet wat baie hoog rondsweef maar die was ook net te hoog gewees vir enige ordentlike foto...
Na n tydjie het ek maar besluit om n bietjie verkenning te gaan doen en die tweespoor paadjie aangevat al by die heuwel op. Dit is toe wat ek weer die roofvoel gewaar wat hierdie keer heelwat laer is aan moeder aarde, maar nou is ek aaan die bestuur teen n heuwel op en prober die roofvoel agtervolg...."Padlangs" natuurlik... eers verloor ek die ou uit die oog en toe.....ieweskielik swoop hy neer en "Crashland" in oop stuk veld langs die "Pad" die stop, handbriek optrek afskakel kamera gryp en deur saggies toemaak was een beweging van absolute grasie en swier en toe voeter ek op die grond neer....dik die hel in pluk ek myself weer reop en soek vir roofvoel net om te sien hoe hy vir my staan ek kyk terwyl hy sy ontbyt eet...seker gedink die ou met langswartding in sy hand is van looitjie getik...
In alle haas restorer ek my houding en kyk vinnig rond of daar nie n mens naby is wat my dalkies gewaar het nie...nee...niemand...en met ego herstel begin ek fotos neem en soos ek neem so loop ek nader....julle weet mos jy wil so na as moontlik kom.
In n poging om agter n Port Jackson bos in te duik wat ek as verdere kamoflering kon gebruik kom ek agter dat ek nie enigste een was wat die idee gehad het nie...en reg langs my...net n arm lengte....le n pragtige gladde lang geelslang met skerp oge en gladde tong aaan sy kant en n paar briek merke in my nou "Nie so skoon onderbroeek nie".
Dit was maar toe waar besluit het dat ek maar die aftog sal blaas en stadig en versigtig rittereer...ek kan eintlik nie meer onthou hou vining ek by die kar gekom het nie eks seker eks vir Hussein Bolt goeie "Go" gegee het.
Met my aankoms by die huis het dit my n verdure twee kanne koffies geneem om tot verhaal te kon kom...
Wat is die les wat ek hieruit geleer het?
Net mooi niks....ek sal dit weer doen, want ek het my foto....

Read more…
Comments: 2
8349370087?profile=originalDatum:  Saterdag 21 MAART 2015
Ontmoet:  14h30 by Shell Pitstop Garage
Vertrek terug na Bloemfontein: ongeveer  10pm

Praktiese "hands-on" leiding en hulp sal voorsien word asook 'n handleiding. 


'n Basiese kennis van fotografie is 'n vereiste.
Benodig: SLR kamera, remote of kabel afstand beheer, driepoot(sal 'n paar ekstras beskikbaar hê), eie vervoer en baie entoesiasme:-)
<'n Opslaan stoeltjie
Sel: 0827193918
Epos: lientjiebeyer@yahoo.com
Read more…
Comments: 0

Ou Karre, SW en Bracketing

8349369686?profile=originalEk was onlangs by die by die Wijnland Auto Museum te Joostenbergvlakte Kraaifontein.

Dit kom ou n gruime tyd aan wat ons op die N1 by die plek verby snel rigting Paarl, wat ek myself belowe om daar n draai te gaan maak met my kamera. Ek het al in die verlede gehoor van die plek wat oop is vir besigtiging en dat daar al verkeie Photo Shoots was en nie net sommer enige Shoots nie, alhoewel die meeste troufotos is wat daar geneem word was die tydskrif Cosmopolitan ook al n paar keer daar gewees met Internasionale modelle en diesmeer. Ek moet se na n mens sulke stories hoor dan voel n mens nogal ge-intimideerd om daar rond te loop.

Wat my die meeste bygeval het was die geweldige nostalgie wat soos n swaar wolk daar oor n mens hang.

 Die eienaar het n liefde vir motor voertuie en versamel al vir jare die voertuie....van Antiek tot klassiek en selfs tot redelik hedendaags. Daar is heelwat van die oue dames wat nog in n goeie ry toestand is en word dan ook vir spesiale geleenthede soos troues en matriekafskeie uitverhuur. Die oue dames staan natuurlik onder dak.

Ek is oortuig daarvan dat elke voertuig sy eie storie te vertelle het met sy eie herinneringe van eienaars wat hulle vir tye opgepas gewas en gepolish het en ek kan nie help om te dink aan die dae van Brillcream en Rock n Roll nie....lol tot die jongman wat sy 48 Chev blink gepoets het om sy meisie na die DriveInn toe te neem nie (Nie dat daar veel Movie gekyk was nie....lol)

Die foto is deels geneem en deels gemaak (Soos Prof Hennie al verskye kere genoem het).

Die foto self is geneem met n Canon 600D en Sigma 18-250mm F3.6-6.3 DC Macro lens. DIe Bracketing funksie is gebruik om drie verskillende blootstellings (Exposures) te bewerkstellig een foto een stop onderbelig een gelyk op beligting en een een stop oor belig.

Daar word ook na Bracketing verwys as HDR en of Tone Mapping...dit is ook moontlik om die sort verwerking met n enkele foto te doen MAAR dit het net nie dieslefde eindresultaat nie....net nie dieselle nie...lol

Die vername rede hiervoor is om die "Detail" in die Shadows en Midtones en in die Highlights te behou om tydens die verwerkingproses die mees moontlikste "Detail" mee te kan werk. n Mens wil graag "genoeg" detail in regdeur die beligtings spectrum behou en dit is mynsinsiens die betere metode.

Formaat wat ek gebruik het was om die foto in RAW te neem (Ek gebruik glad nie JPEG nie).

IDe foto sels was ge-Import na Lightroom waar die komposisie  bepaal was om die erge besige agtergrond tot n min te beperk.

Daarna was die foto intern oorgeplaas na Photomatix Pro waar die drie Exposures op mekaar geplaas was en toe met Tone Mapping verwerk om die maksimum detail te behoue. Die foto was toe weer intern oorgeplaas na Photoshop CS6 waar die kontras via layers verhoog is.

DIe Dodge en Burn tool het ook nog n rol gespeel Highlights dodge op 8% en Shadows Burn op 7%. Hierna was die foto weer intern terug geplaas na Lightroom waar die finale verwerkings proses plaasgevind het....eers was daar met die Kleur Sliders gespeel soos Rooi Geel en Groen en n bietjie Blou ( Vir die wat dalkies nie weet nie Rooi Geel Groen Blou Magenta Aqua en Pers speel ook n baie belangrike rol in SW....so SW is nie net SW nie dit bestaan uit meer as een kleur...so...my SW fotos tel onder kleur....LOL)..... effe Noise verwydering, toe bietjie Smoothing en laaste maar nie die minste nie .....Sharpening....slegs n tikseltjie....nie te veel nie.

Ek hoop dat dit dalk so n paar vrae sal beantwoord en ek hoop ook dat dit iemand sal help met sy of haar SW verwerkings. Julle is meer as welkom om nog vrae te vra ...moenie skaam wees nie.

Onthou tog dat n foto wat gemaak is moet ook maar van die begin af reg geneem word anders gaan al die moeite redelik verniet wees.

NS... DIe foto wat hier by die skrywe geplaas is is my gunstelling foto van die Dodge Power Wagon.

Read more…
Comments: 2

Ou Karre, SW en Bracketing

8349369686?profile=originalEk was onlangs by die by die Wijnland Auto Museum te Joostenbergvlakte Kraaifontein.

Dit kom ou n gruime tyd aan wat ons op die N1 by die plek verby snel rigting Paarl, wat ek myself belowe om daar n draai te gaan maak met my kamera. Ek het al in die verlede gehoor van die plek wat oop is vir besigtiging en dat daar al verkeie Photo Shoots was en nie net sommer enige Shoots nie, alhoewel die meeste troufotos is wat daar geneem word was die tydskrif Cosmopolitan ook al n paar keer daar gewees met Internasionale modelle en diesmeer. Ek moet se na n mens sulke stories hoor dan voel n mens nogal ge-intimideerd om daar rond te loop.

Wat my die meeste bygeval het was die geweldige nostalgie wat soos n swaar wolk daar oor n mens hang.

 Die eienaar het n liefde vir motor voertuie en versamel al vir jare die voertuie....van Antiek tot klassiek en selfs tot redelik hedendaags. Daar is heelwat van die oue dames wat nog in n goeie ry toestand is en word dan ook vir spesiale geleenthede soos troues en matriekafskeie uitverhuur. Die oue dames staan natuurlik onder dak.

Ek is oortuig daarvan dat elke voertuig sy eie storie te vertelle het met sy eie herinneringe van eienaars wat hulle vir tye opgepas gewas en gepolish het en ek kan nie help om te dink aan die dae van Brillcream en Rock n Roll nie....lol tot die jongman wat sy 48 Chev blink gepoets het om sy meisie na die DriveInn toe te neem nie (Nie dat daar veel Movie gekyk was nie....lol)

Die foto is deels geneem en deels gemaak (Soos Prof Hennie al verskye kere genoem het).

Die foto self is geneem met n Canon 600D en Sigma 18-250mm F3.6-6.3 DC Macro lens. DIe Bracketing funksie is gebruik om drie verskillende blootstellings (Exposures) te bewerkstellig een foto een stop onderbelig een gelyk op beligting en een een stop oor belig.

Daar word ook na Bracketing verwys as HDR en of Tone Mapping...dit is ook moontlik om die sort verwerking met n enkele foto te doen MAAR dit het net nie dieslefde eindresultaat nie....net nie dieselle nie...lol

Die vername rede hiervoor is om die "Detail" in die Shadows en Midtones en in die Highlights te behou om tydens die verwerkingproses die mees moontlikste "Detail" mee te kan werk. n Mens wil graag "genoeg" detail in regdeur die beligtings spectrum behou en dit is mynsinsiens die betere metode.

Formaat wat ek gebruik het was om die foto in RAW te neem (Ek gebruik glad nie JPEG nie).

IDe foto sels was ge-Import na Lightroom waar die komposisie  bepaal was om die erge besige agtergrond tot n min te beperk.

Daarna was die foto intern oorgeplaas na Photomatix Pro waar die drie Exposures op mekaar geplaas was en toe met Tone Mapping verwerk om die maksimum detail te behoue. Die foto was toe weer intern oorgeplaas na Photoshop CS6 waar die kontras via layers verhoog is.

DIe Dodge en Burn tool het ook nog n rol gespeel Highlights dodge op 8% en Shadows Burn op 7%. Hierna was die foto weer intern terug geplaas na Lightroom waar die finale verwerkings proses plaasgevind het....eers was daar met die Kleur Sliders gespeel soos Rooi Geel en Groen en n bietjie Blou ( Vir die wat dalkies nie weet nie Rooi Geel Groen Blou Magenta Aqua en Pers speel ook n baie belangrike rol in SW....so SW is nie net SW nie dit bestaan uit meer as een kleur...so...my SW fotos tel onder kleur....LOL)..... effe Noise verwydering, toe bietjie Smoothing en laaste maar nie die minste nie .....Sharpening....slegs n tikseltjie....nie te veel nie.

Ek hoop dat dit dalk so n paar vrae sal beantwoord en ek hoop ook dat dit iemand sal help met sy of haar SW verwerkings. Julle is meer as welkom om nog vrae te vra ...moenie skaam wees nie.

Onthou tog dat n foto wat gemaak is moet ook maar van die begin af reg geneem word anders gaan al die moeite redelik verniet wees.

NS... DIe foto wat hier by die skrywe geplaas is is my gunstelling foto van die Dodge Power Wagon.

Read more…
Comments: 0

LENS FOR SALE - Sigma 70-200mm f/2.8 APO EX HSM – R7500

The Sigma EX APO HSM lens is ideal for serious photographers, for whom a 70 mm-200 mm f/2.8 lens is often a critical piece of equipment to own. The fast maximum aperture of f/2.8 in this Sigma camera lens for NIKON makes it ideal in low-light environments or when photographers need fast shutter speeds and maximum light transmission. This lens provides optimum color correction and sharpness throughout the entire zoom range. In addition, the Hyper-Sonic Motor (HSM) focusing system brings fast, silent, and accurate autofocus. Other features of this Sigma camera lens for NIKON include easy zooming mechanisms and a quick-release tripod mount collar that can be removed in seconds.

Grade:
Excellent Condition !!
Made In Japan
Serial No.3001848
Condition:
Functional:
It is works properly. Auto focus is working very well!!
Body:
The exterior the body is beautiful.
Please look at the pictures.
Optics:
Clear optics.
The lens is very beautiful condition.
No scrathes, No fungus, No haze.
Including: 
Lens, Hood, Quick-release tripod mount collar, Front cap, Rear cap, Bag8349369270?profile=original8349369101?profile=original8349369872?profile=originalKONTAK BESONDERHEDE:

LIENTJIE BEYER: SEL 0827193918, EPOS: Lientjiebeyer@yahoo.com

Read more…
Comments: 0

Nuwe oorlog onder digitale kameras

Canon verras die kamera gemeenskap met grondverskuiwende nuwe tegnologie. Ons kan verwag om binne n week of wat,  meer van die nuwe Canon 5Ds, te weet.  Volgensdie  webblad “Nikon rumours” is hierdie n kamera met n 50,6 MP sensor en dubbele DIDIC 6 prosesseerder wat digitale geraas(digital noise)  verminder. Die kamera beskik oor n 61 punt auto fokus stelsel.

Teen n foto raampie spoed van selgs 5 per sekonde is dit duidelik dat die kamera nie bedoel is vir sport en aksie fotograwe nie.

Hierdie kamera is ook nie bedoel vir fotgrafie in lae ligtoestande nie, maar veel eerder vir gekontroleerde ligtoestande soos byvoorbeeld n studio. Dit word bevestig deur die beperkte ISO spektrum wat wissel tussen 100-6400!

Die sogenaamde “low pass” filter word in die opvolgende model verwyder ten einde fotos se detail (sharpness) te verhoog.

Die kamera is ook ontwerp om kleure beter vas te vang, aldus Canon.

Dit wil blyk asof Canon met hierdie model probeer om in die marksegment vir medium formaat kameras soos die Hasselblad H5D-200C en selfs Pentax 645Z, in te beweeg.

Alle oe is op Canon wat meer detail soos  die prys, eerdaags sal aankondig. Gegee die kleinhandels prys van beide die Hasselblad (US $ 45 000) en Pentax US $ US $ 8496, kan ons verwag dat die kamera n fotograaf iets  in die omgewing van ongeveer US $ 10 000 uit die sak gaan jaag! Dalk verras Canon die mark en verkoop die kamera vir n soortgelyke prys as die Pentax model

Read more…
Comments: 2

Die Toekoms van ons Speelgoed

Met die snelveranderende tegnologie waarvan ons ongelukkig slawe geword het, wonder ek dikwels wat die toekoms van kameras inhou. Om my nuuskierigheid te bevredig, wou ek nie ʼn ondersoek op die internet begin nie aangesien ek nie oortuig is dat so iets op die ekonomiese benutting van my tyd sou neerkom nie. Gelukkig en per toeval, het ek egter op die internet op ʼn onderhoud afgekom waarvan ek die inhoud graag deel.

Die onderhoud is met mnr Byungdeok in sy hoedanigheid as die vise-president van Samsung (Suid-Korea) se navorsing- en ontwikkelingspan, gevoer.

Die gesprek het  gehandel oor nuwe sagte ware wat Samsung vir die Samsung NX1 kamera ontwikkel het. Samsung het die kamera as ʼn “mirrorless” kamera op die mark gebring. Toonaangewende tydskrifte soos DP Review het die kamera van meet af aan hoog aangeprys.

Samsung het besluit om nie die versadigde mark van enkellensreflekskameras (SLR) te betree nie en het dus gekies om eerder produkte in die spieëllose omgewing te ontwikkel. Dit is belangrik om hierdie feit in gedagte te hou want volgens mnr Byungdeok, is hierdie kenmerk deel van toekomstige kameras. Tewens, hy voel so sterk daaroor dat hy die mening huldig dat die verkope van spieëllose kameras, die verkope van die bekende digitale enkelreflekskameras (DSLR) binne die volgende drie jaar gaan verbysteek!

Vir diegene  wat nie presies weet wat ʼn spieëllose kamera is nie, net ʼn kort verduideliking. Die enkellensreflekskamera wat ons goed ken, het ʼn spieël wat binne in die kamera, reg voor die sensor, ingebou is. Die beeld, wat deur die lens die kamera binnekom, word daardeur gereflekteer  sodat ons, wanneer ons deur die beeldsoeker kyk, kan sien wat gefotografeer word. Wanneer ʼn foto geneem word, lig die spieël op en die lig val dan op die sensor waarna die beeld of foto  tot stand kom. Nadat die foto geneem is, val die spieël terug in posisie voor die sensor en die volgende foto kan dan geneem word. 

Die spieël en die prismas is van die vernaamste redes wat verklaar hoekom die digitale enkellensreflekskamera (sonder die lens) groot en swaar is. Indien ʼn kamera dus nie ʼn spieël bevat nie, is dit ligter en kleiner en dus makliker om te hanteer.

Mik-en-druk kameras is gewoonlik sonder ʼn spieël en verklaar onder andere waarom hulle lig en kompak is.

Alhoewel van die bekende kameravervaardigers, soos Sony en Olympus, reeds spieëllose kameras op die mark het, is die gehalte foto’s nie op dieselfde vlak as wat moontlik is met kameras van medium grootte (Mamiya, Hasselblad, ens) of enkellensreflekskameras nie.

Dit is welbekend dat die gehalte van ʼn foto deur die aantal piksels of ligsensors op die sensorbord in die kamera  bepaal word.  Hoe groter die sensoroppervlakte hoe meer is die sensors en hoe meer die sensors hoe beter is die beeld wat uiteindelik tot stand kom.

 Die huidige spieëllose kameras kan nie met die DSLR kameras ten opsigte van piksels en derhalwe goeie foto’s, meeding nie. Samsung se toekomsvisie ten opsigte van kameras verskil van hierdie siening, aldus mnr Byungdeok.

Samsung is reeds drie jaar besig met die ontwikkeling van die NX1-spieëllose kamera.  Hulle het ʼn doelbewuste  besluit geneem om ʼn kamera en lense te ontwikkel wat beter sal wees as die  digitale enkellensreflekskameras wat tans teen ongeveer US$ 5000 verkoop – dit sluit in modelle soos die Canon EOS 5D Mark 3 of die Nikon D4s.

Die NX1-model van Samsung is tans ʼn kamera met 28 miljoen piksels, terwyl Nikon se D800 sowat 36 miljoen  piksels het. Canon se EOS 5D Mark 3 het 22 miljoen teenoor Sony se A7R se sensors wat 36,4 miljoen piksels bevat. Bloot op pikselkonsentrasie, is die NX1 kort op die hakke van Nikon se vlagskip en het dit reeds Canon se top kamera verbygesteek. Dit is ook al baie na aan Sony se 36,4 miljoen.

Fotogehalte word egter nie net deur die konsentrasie piksels bepaal nie. Samsung beweer dat hulle NX1  ʼn ISO-sensitiwiteit van 51 600 behaal met min digitale geraas op die foto.  Verder neem die kamera  ook foto’s teen ʼn tempo van 15  foto’s per sekonde wat beter is as Nikon se D4 wat slegs  11 foto’s per sekonde neem.

Enige kamera sonder ʼn lens is nutteloos. Samsung verstaan dit baie goed en hulle ontwikkel tans ʼn reeks lense vir die NX1-kameras. Die feit dat hulle reeds meer as 100 werknemers het wat voltyds aan die lense werk om dit te ontwikkel, dui aan dat hulle ernstig oor die kameras en gepaardgaande lense is.

As Suid-Korea se elektroniese reus, is Samsung ʼn organisasie wat ʼn mens nie ligtelik moet opneem nie. Tydens ʼn onlangse persoonlike besoek aan Samsung in Korea, het ek onder andere op die plek gestaan waar die Samsung ʼn paar jaar gelede sowat US$ 30 miljoen se selfone verbrand het bloot  omdat dit nie aan hul streng gehaltevereistes voldoen het nie.

Samsung is verseker besig om vir hulself  ʼn nismark onder ʼn bepaalde segment van fotograwe te ontwikkel. Wanneer ʼn mens pryse tussen Sony se A7R en die NX1 van Samsung vergelyk, is die Samsung ongeveer US$ 500 goedkoper as die as die Sony-model wat nog ‘n belangrike verskil tussen die twee kameras is.

Fotograwe koop spieëllose kameras hoofsaaklik omdat hulle lig en kompak is. Sony se produk is minder as 100 gram ligter as die Samsung-produk en ietwat  kleiner. Die verskil in gewig en afmetings is onbeduidend en dit kan slegs ʼn beperkte bydrae speel in die keuse tussen die twee kameras.

Wanneer ʼn mens na die twee kameras se videovermoë kyk, wil  dit tog lyk of Samsung hulle produk ʼn bietjie verder verfyn het. Die NX1 se videoformaat is hoër as die Sony-produk s’n. Dit het ook ʼn aansienlik hoër foto (raam) per sekonde telling as dié van Sony. Samsung neem 15 foto’s per sekonde en Sony slegs 4.

Hierdie artikel het nie ten doel om enige fabrikaat te bevorder nie. Ook nie om ʼn uitspraak ten gunste van of teen die spiëellose generasie kameras te maak nie. Dit is bloot ʼn poging om lesers en foto-entoesiaste te laat nadink oor wat in die toekoms van kameras verwag kan word.

Hoe goed, lig, klein en kompak ook al, is en bly ek ʼn slaaf van die enkellensreflekskameras en hierdie instrumente sal my eerste keuse bly. My eie kameraparadigma het beperkte ruimte vir ʼn spieëllose kamera. Ek gee nie om vir die moeite en ergernis om ʼn goeie enkellensreflekskamera met ʼn goeie lens as my intieme reisgenoot  saam te vat nie. Vir solank as wat ek nog ʼn kamera, met enige van die lense in die sogenaamde "heilige drie-eenheid" van Nikon op die kamera, kan oplig en stil vashou voor ek die sluiter druk, sal dit my persoonlike keuse bly.

 

Read more…

Vroeg Saterdag oggend besluit ons in so “spur of the moment” om bietjie wildtuin toe te gaan.Ons het geweet dit gaan warm wees maar as ons nie so een maal n maand in die veld kom nie, raak ek mos effe “bossies”. Woerts - warts is die koffie en kook water reg, ‘n paar koeldranke in die yskas en daar gaan ons.......
Die Masinga skuiling in die Mkhuze wildtuin is ‘n baie gewilde plek vir fotograwe en ook sommer vir die mense wat wild kyk en nie noodwendig fotos neem nie. By hierdie skuiling is ‘n waterpyp wat sorg vir water in die tye wat daar nie veel reën val nie,en die park droog is. Maar dit gebeur dikwels dat die watervlak van die gat nie altyd dop gehou word nie en dan kan dit sommer vinnig in ‘n modder massa getrap word.
Op kersdag was hier luiperd en leeus by die gat en mense sak nou behoorlik hier toe.......asof luiperd en leeu nou so lank op een plek bly,maar nou ja,so is die mens nou maar........

Op pad na die skuiling toe (mens loop nogal ‘n hele ent soontoe) kan ons hoor daar is aksie. Blouwildebeeste,zebra Impale ens. Ek voel sommer aan my bas hier gaan lekker fotos geneem word vandag. Groot was ons teleurstelling toe ons sien dat dit nou weer een daardie dae is waar hier net modder is,en sommer diep modder ook. Heel duidelik is water nie gepomp nie en die massa diere wat al reeds hier kom drink,of prober drink het wat beskikbaar is, het alles tot modder getrap. Nietemin is daar aksie en ‘n gemaal van baie en beweeg van diere wat heel tyd kom en gaan.

Die Blouwildebeeste het in die vorige week gekalf want hier is by elke koei ‘n kalfie en die naelstringe sit nog duidelik. Sommige van hulle kon nie ouer as 24 uur gewees het nie. So ook die Vlakvarke,elke sog kom daar aan met 3 of 4 klein varkies. Hierdie outjies kan nogal vir groot pret en plesier sorg.

Een Blou Wildebees koei besluit toe om die modder aan te durf op soek na ‘n water kol wat dalk nog nie tot modder getrap is nie. Die modder is so sag en diep dat sy tot by haar pens daarin weg sak. Ongelooflik hoe sy dit regkry om te beweeg want die modder het amper n vas suig aksie. Natuurlik het sy ‘n kalf en dié spring toe agter haar aan..........dit was chaos in die skuiling. Toe die dingetjie in die modder beland het dit net een aaklige bulk geluid geggee en in die modder weg gesak. Ons kon net die ruggie sien uitsteek.

Almal in die skuiling hou asem op.....wat gaan hier gebeur? Die koei het die kalf gehoor maar kan niks doen om te help nie.Die sekondes wat verby tik voel soos ure. Hierdie tipe goed sien ‘n mens mos net op tv en hier gebeur dit nou voor ons oë. Na wat soos ‘n ewigheid gevoel het,spartel die kalfie met die koppie na bo, vol modder. Daar kan nie gesien word waar is snoet,ore of niks nie. Jy hoor net die aaklike gekerm van die kalfie. Daar is vir n hele ruk geen beweging van die kalf nie maar die koei het met baie gesukkel weer uit die modder te lande gekom en staan hopeloos en kyk na die kalf.

Die kalf se kop sak weer onder die modder,dit was net te swak en die modder te swaar om kop bokant te hou. Ons almal dink dis nou maar so......hier versmoor n klein klafie voor ons oë en ons kan niks doen nie.Die gevoel van magteloosheid wou my omtrent oorweldig.Maar..........hier kom kalf se koppie weer boontoe met aaklike gekerm en dit probeer aan worstel kant toe.Ek glo nogal instink het hom laat besef sy ma is nie meer by hom nie. Ek weet nie hoe lank dit geneem het nie maar die outjie het die stryd gewen en uit gekom.Ons slaak almal n sug van verligting

Nie 20 minute later nie,is daar aan die voorkant van die skuiling weer n gedoente.Die keer is dit n vark sog met 2 kleintjies. Weer agter ma aan die modder in en daar sit hulle vas.....Agge nee.............baie dieslefde storie as met die kalfie gebeur maar ma vark en een van die kleintjies kom vinnig en veilig uit en vat die pad. Hulle gaanstaan so n ent weg en draao gat se kant toe.Sy het geweet een is nie daar nie.
Die outjie in die modder het gespook en gespartel maar stadig tog kant toe beweeg.In die skuiling het van die mense begin om n “aansporing” te doen......asof dit so help????? HIer was net n ander gevaar,daar was 2 bere op die kant en die kleintjies het nie aan een van hulle se “pa” gene in nie. Beide probeer toe om die kleintjie in die modder te trap en ook met die tande by te kom.Ai togggggiiie dit was noe mooi om te sien nie.Aanhou wen en na ‘n moeilike tog, is die outjie op die wal maar het geen idée waar ma is nie.Hy het ‘n hele ruk rond getol en dan die kant toe dan daai kant toevoor dit uiteindlik haar in oog gekry het.

Ek het nog lank na ons daar weg is, en op pad huis toe was, die tonele voor my gesien en weet julle wat? Ek sien in my geestesoog hierdie modder massa as die sonde van die wêreld waarin ons so dikwels vasgevang word.Net soos die kalfie sak ons ook kop eerste soms weg in die probleme en beproewinge van die lewe om ons. Af en toe kom ons op, maar ons is so swaar van modder(sonde) dat ons nie kan kop bo hou nie en sak dan maar weer weg. So hou dit aan vir wie weet hoe lank......

Die varkie moes nie net die modder(sonde) oorwin nie, maar ook uit die pad van die tande van die bere(satan) probeer bly.Hulle wou hom binne die modder hou waar hy verseker van moegheid sou weg sak en versmoor het.Gelukkig hoef ons nie in die modder te bly nie........ons kan ‘n keuse uit oefen om te oorleef.Sodra ons die besluit neem,is die Here daar om ons van die modder(sonde) te bevry.As satan ons met sy tande en bose planne wil vernietig, kan ons wegdraai en op ‘n ander plek uit die modder kom.Weereens moet ons die keuse uitoefen om die hand van Christus vas te vat
Moenie dat die mode van die lewe julle onder kry nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Read more…
Comments: 3

Nuutste Korrespondensie

Hallo Fotoskolers!

Hoop dat julle almal 'n heerlike ruskans gehad het! En natuurlik sommer heelwat foto's geneem het.

Vanaf Fotoskool wens ons vir elkeen van julle 'n besonderse 2015, vol pragtige prentjies, heerlike ervarings, en 'n groot waardering vir die wonder van die lewe wat ons elke dag geskenk word.

Onthou gerus om jou foto's te kom deel, of net te kom inloer na die kommentaar op andere se foto's,of dalk selfs kommentaar te lewer.

Hierdie is ook die jaar waarin Josef en Hennie se e-boek verskyn - ek het die wonderlike voorreg gehad om daarna te kyk, en dit gaan inderdaad die moeite werd wees. Hou fotoskool gerus dop vir meer inligting. Onthou ook gerus om in te loer op ons facebook bladsy en sommer deur al die potgooie te loer wat weekliks daar geplaas is.

Groete en heerlike week!

Igno

Read more…
Comments: 3

Die jaar 2014.......

Dierbare Fotoskool Vriende en Vriendinne

Nou ja ons het aan die einde van die jaar gekom en wow………………..hoe vinnig het dit nie gebeur nie?

Aan die begin van 2014 het ek nie een van julle geken nie en nie eers van die Fotoskool Web geweet nie. Dankie tog dat Josef my en Huey se pad gekruis het in Januarie 2014 en dat hy net sommer so terloops vir my gevra het of ek weet van Fotoskool………….die res is geskiedenis

Daar is min mense soos julle en ek kan nie die geleentheid  laat verby gaan sonder om vir julle dankie te sê vir n jaar waarin julle my maatjies geword het  nie.Ek weet dat die Here elkeen van julle uniek en besonders gemaak het en dat elkeen van julle met n doel oor my pad gestap het

Ek vra dan ook vandag van Hom dat vreugde klokke in elkeen van julle se lewe sal lui en mooi tye en voorspoed sal aankondig,en wanneer julle rustig is gedurende die feesgety,in die bad,of op die bank,voor die stoof,by die wasgoed,agter julle kameras…………….waar ookal dat julle Sy liefde sal ervaar en sal onthou dat kersfees nie oor  rooi kersvaders en blink bome gaan nie maar oor n Christus kind wat vir ons sonde aarde toe gekom het.

Ek vra dat die God wat elkeen van ons geskape het en Sy Seun vir ons gestuur het,in elkeen van julle se harte groot vreugde en vrede bring en dat Hy tasbaar sal wees in 2015.Ek vra dat die Here julle sal verdrink in die Heilige Gees se teenwoordigheid en dat alles wat julle aanraak tot God se eer en heerlikheid sal wees.

Ek vra dat die engele julle sal beskerm en boodskappe sal bring van vrede en liefde en dat julle in Christus sal groei en ook vir ander van hierdie liefde en vrede sal gee

Groete en dankie dat julle my Fotoskool maats is

 

 

Read more…
Comments: 2
google-site-verification: google66c860d217920dd7.html